Hulp vir jou huwelik

2025-09-04
Prediker 9:9 ABA

Die volgende definisie van liefde en die huwelik is ‘n beproefde formule wat moeilik sal wees om op te verbeter: ‘Liefde is vriendskap wat vlam gevat het. Dit is stille begrip, wedersydse vertroue en vergifnis. Dis lojaliteit deur goeie en slegte tye. Dit is tevrede met minder as volmaaktheid en maak voorsiening vir menslike swakheid. Liefde is tevrede met die hede, hoop vir die toekoms en weier om oor die verlede te tob. Dit is dag na dag se irritasies, probleme, kompromieë, klein teleurstellings, groot oorwinnings en saamwerk na gemeenskaplike doelwitte. As jy liefde in jou lewe het, kan dit vergoed vir baie dinge wat jy kort.’

Die Bybel sê: ‘Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet… Dit is God wat vir jou elke dag gee… want dít is wat jy kry terwyl jy lewe en hard werk in hierdie wêreld.’ As jy jou huwelik wil laat werk, moet jy hierdie vyf reëls volg:

1) Moet nooit albei op een slag kwaad wees nie en moet nooit skree nie – tensy die huis aan die brand is.
2) Gee teenoor mekaar toe. As jy moet kies om jouself of jou maat goed te laat lyk – kies altyd jou maat.
3) Verwaarloos eerder die hele wêreld as mekaar en moet nooit ‘n dag eindig sonder om ten minste een kompliment vir die een vir wie jy lief is, te gee nie.
4) Verwelkom mekaar altyd met liefde en moet nooit kwaad bed toe gaan nie.

5) Wanneer jy ‘n fout maak, erken dit en vra om vergifnis.

Aangesien God met die idee van die huwelik vorendag gekom het, bid en vra Hom vir hulp met joune. Hy sal dit doen!

Sielskos: Eseg 34-36; Matt 23:23-39; Ps 78:1-8; Spr 20:7-10

Help for your marriage


Ecclesiastes 9:9-10 MSG

The following definition of love and marriage is a time-tested formula that would be hard to improve on: “Love is friendship that has caught fire. It’s quiet understanding, mutual confidence, sharing, and forgiving. It’s loyalty through good times and bad. It settles for less than perfection and makes allowances for human weakness. Love is content with the present, hopes for the future, and refuses to brood over the past. It’s the day in and day out chronicle of irritations, problems, compromises, small disappointments, big victories, and working together toward common goals. If you have love in your life, it can make up for a great many things you lack. If you don’t, no matter what else there is, it’s not enough.”

The Bible says, “Relish [enjoy, Savour, delight, and take pleasure in] life with the spouse you love… every day… Make the most of each one!” And if you want to make your marriage work, observe these five rules:

(1) Never both be angry at once, and never yell – unless the house is on fire.
(2) Yield to each other. If you have to choose between making yourself or your mate look good – always choose your mate.
(3) Neglect the whole world rather than each other, and never let a day end without saying at least one complimentary thing to the one you love.
(4) Never meet without an affectionate welcome, and never go to bed angry.
(5) When you make a mistake, talk it out and ask for forgiveness.

Now, since God came up with the idea of marriage, pray and ask Him for help with yours. He will do it!

Soul food: Eze 34-36; Matt 23:23-39; Ps 78:1-8; Pro 20:7-10

The Word at work

2025-09-03
Jeremiah 1:12 NKJV

Talking about the power behind the Reformation, Martin Luther said, “I simply taught, preached, wrote God’s Word; otherwise I did nothing. And then, while I slept… the Word so greatly weakened [the erroneous system] that never a prince or emperor did such damage to it. I did nothing. The Word did it all.” Later, when Luther was asked about his preaching philosophy, he added, “I just threw the Bible into the congregation and the Word did the work!”

As human beings, we accomplish a lot with our words. For example, when we order something by phone, our words set a chain of events in motion, and in due course, what we want is delivered to our mailbox. Words perform, and that’s particularly true when it comes to God’s words. He said, “I am ready to perform My word.” God works through His words. Check these words out: “Who says to Jerusalem, ‘You shall be inhabited,’ to the cities of Judah, ‘You shall be built’… who says to the deep, ‘Be dry!’… and to the temple, ‘Your foundation shall be laid'” (Isaiah 44:26-28 NKJV).

Things happen when God speaks, and things happen when people speak what God has already spoken. And what’s more, amazing things happen in those who receive what God speaks, namely “the word of God, which… effectively works in you who believe” (1 Thessalonians 2:13 NKJV).

The fact is that God’s Word refreshes us, heals us, gives us wisdom and discernment, brings us joy and enduring hope by making us spiritually healthy, prevents foolishness and warns us of impending danger, and promises both earthly and eternal rewards when we obey its principles.

Soul food: Eze 31-33; Matt 23:13-22; Ps 27; Pro 20:5-6

Die Woord aan die werk


Jeremia 1:12 NLV

Martin Luther het oor die krag agter die Hervorming gesê: ‘Ek het eenvoudig onderrig, gepreek en God se Woord geskryf; ek het niks anders gedoen nie. Die Woord het dit alles gedoen.’ Later, toe Luther oor sy predikingsfilosofie uitgevra is, het hy bygevoeg: ‘Ek het net die Bybel in die gemeente in gegooi en die Woord het die werk gedoen!’

Ons kan baie met ons woorde bereik. Wanneer ons byvoorbeeld iets per telefoon bestel, word ‘n ketting van gebeure aan die gang gesit en mettertyd word dit wat ons bestel het, afgelewer. Woorde veroorsaak aksie. Dit is veral waar wanneer dit by God se woorde kom. Hy het gesê: ‘…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur.’ God werk deur sy woorde. Kyk na die volgende woorde: “Maar Ek bevestig die woorde van my profete… wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’… Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’… Vir die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word'” (Jesaja 44:26-28 NLV).

Dinge gebeur wanneer God praat en dinge gebeur wanneer mense die woorde wat God reeds gesê het, praat. Wonderbaarlike dinge gebeur in diegene wat ontvang wat God sê, naamlik: ‘…Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo’ (1 Tessalonisense 2:13 NLV).

God se Woord verfris ons, genees ons, gee ons wysheid en onderskeidingsvermoë, bring vir ons vreugde en blywende hoop deur ons geestelik gesond te maak, verhoed dwaasheid en waarsku ons van naderende gevaar en beloof beide aardse en hemelse belonings, wanneer ons sy beginsels gehoorsaam.

Sielskos: Eseg 31-33; Matt 23:13-22; Ps 27; Spr 20:5-6

Jy het te ver gekom om nou op te gee!

2025-09-02
Hebreërs 11:27 NLV

V. Raymond Edman het gesê: ‘Om deur eksterne kragte verskeur te word en steeds ‘n mens se innerlike integriteit te bewaar, is om dissipline te handhaaf wat blywend is.’ Wanneer jy dus teenstand ondervind, gooi jy outomaties die handdoek in, of hou jy, soos Moses, vol?

Chuck Swindoll karakteriseer Moses as ‘n man: ‘wat geweier het om in te gee of op te gee, wat besluit het dat niks hom sou oortuig om oor te gee nie. Hy het die veragting van farao, die hardkoppigheid van die Hebreërs wat gemor, verwyt, gekla en in opstand gekom het en die kritiek van Mirjam en Aäron, sy eie suster en broer, verduur. Toe tien van die twaalf spioene terugkom en sê dat hulle nie die Beloofde Land moet binnegaan nie, het Moses vasgestaan. Toe Korag en Datan en Abiram ‘n sameswering teen hom gevoer het, het Moses vasbeslote gebly. ‘…na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan’ (Efesiërs 6:13 NLV).

Wanneer dit lyk of die goddeloses besig is om te wen, in tye van krisis, wanneer niemand sal weet dat jy verkeerd optree nie, wanneer volwassenes minagtend is en kleinlik optree – staan vas, hou vol, verduur! Moenie wankelrig raak of na jou kritici begin luister nie. Moenie in klein areas begin toegee omdat jy moeg is nie. Moses het volgehou – tot die einde van sy lewe. Hoe het hy dit gedoen? Deur op God te fokus. Hy het sy hart en siel op die Een wat regverdig oordeel, gevestig. Hy het homself voortdurend daaraan herinner dat sy enigste doel was om Hom te behaag, te gehoorsaam en te verheerlik en om ten alle koste sy goedkeuring te verkry.’

Wat jy ook al in die gesig staar, staan sterk en moenie moed opgee nie!

Sielskos: Eseg 27:25-30:26; Matt 23:1-12; Ps 112; Spr 20:1-4