Vertraagde emosionele ontwikkeling (2)
2020-06-05Job 11:16 NLV
Kom ons gesels oor vertraagde emosionele ontwikkeling. Wanneer jy nie hulp vir emosionele seer in die verlede kry nie, kan jy jouself bevind waar jy ander mense behandel soos jy behandel is en jou verlede in die hede herhaal. Jy mag dalk die belangrikste mense in jou lewe seermaak en dalk selfs die verhoudings vernietig, sonder dat jy weet hoekom jy so optree. Jy sal die mislukking van die verhouding op jou maat se gewoontes, voorkoms, houding en manier van dinge doen, blameer. Wanneer jy dit doen, sal jy emosioneel vasgevang bly, ‘n gevangene van die seer oorsake van jou wanfunksie. Jy het met ’emosionele gemors’ te doen: verwyte oor foute in die verlede, wrokke oor verkeerde dinge wat aan jou gedoen is en al die ander seerkry wat jy onder ‘n wolk van woede, sinisme en teruggetrokkenheid wegsteek. Jy sal nooit weet wat jy het, of wat jy waarlik nodig het, totdat jy van jou emosionele gemors ontslae raak nie. Hoe doen jy dit? Die antwoord kan in God se Woord en God se teenwoordigheid gevind word: ‘As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs. Jy sal jou swaarkry vergeet. Dit sal weg wees soos water onderdeur ‘n brug. Jou lewe sal helder wees soos in die middel van die dag, alle donkerte so helder soos die oggendlig. Jy sal vol moed wees omdat jy hoop sal hĂȘ. Jy sal beskerm wees en rus in veiligheid. Jy sal sonder vrees gaan slaap, en baie sal na jou kyk vir hulp’ (verse 13-19 NLV).
Sielskos: 1 Kon 21-22; Mark 14:27-42; Ps 129; Spr 12:27-28