Die God-faktor in jou werk
2019-03-051 Korintiërs 3:9 AFR53
Die grootste positiewe faktor wat jy in jou werk kan hê, is die God-faktor. Paulus skryf: ‘Ons is medewerkers van God…’ Ons werk saam met God. ‘n Chirurg in ‘n groot stadshospitaal het die gewoonte gehad om op ‘n paar minute alleen aan te dring voordat hy ‘n operasie uitgevoer het. Hy het ‘n uitstekende reputasie gehad en een van die jong dokters wat saam met hom gewerk het, het gewonder of daar dalk ‘n verband tussen sy gewoonte om alleen tyd te spandeer en sy sukses kon wees. Hy het die chirurg daaroor uitgevra en hy het geantwoord: ‘Ja. Voor elke operasie vra ek die Groot Geneesheer om my hande in hulle werk te rig. Daar was al tye wat ek nie geweet het wat om volgende in ‘n operasie te doen nie en dan het die krag skielik aan gekom – krag wat ek weet van God af gekom het. Ek sou nooit poog om ‘n operasie sonder Sy hulp aan te pak nie.’ Die chirurg se woorde het vinnig deur die hospitaal en toe deur die land versprei. Een dag het ‘n pa sy dogter na die hospitaal gebring en daarop aangedring dat die enigste dokter wat aan haar kon raak, ‘die een wat saam met God werk,’ moes wees. Die Bybel sê: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV). Let wel op dat dit nie sê dat jy nie jou eie insigte moet gebruik nie – dit sê net dat jy nie daarop moet staatmaak nie. Maak eerder op God staat. Dit is die formule om sukses in jou werk te bereik.
Sielskos: Eks 28-29; Luk 14:1-14; Ps 106:1-23; Spr 7:1-2