Deur God gekies en aangestel (5)
2018-04-09Hebreërs 1:3 NLV
Is jy so gefokus op jou moeilikhede dat jy vergeet dat God se Woord sê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe…’ (Psalm 23:6 NLV)? Ons weet van Job se teëspoed, maar ons vergeet dikwels dat dit net vir ‘n kort seisoen in ‘n andersins baie geseënde lewe was. Die tyd wat Josef in die tronk spandeer het is deur die jare van invloed en voorreg wat hy as die regterhand van die farao geniet het, oorskadu. Sukkel jy om jou seëninge te geniet omdat jy bang is dat dit nie gaan hou nie? Miskien het jy so gewoond aan teenspoed geraak dat jy jouself heeltyd daarvoor staal. Dit is tyd dat jy jouself ophou bekommer en begin om in God se beloftes aan jou te glo! Hy het jou nie sover gebring om jou net te verlaat nie. Nee, Hy het jou ‘…uitgekies om jou in staat te stel om te gaan vrugte dra…’ Dis God se plan dat jy blywende vreugde en sukses sal geniet! Die Bybel sê, ‘…Deur sy magtige bevel, hou [die Seun] die ganse heelal in stand…’ God spreek nie iets oor jou lewe uit en laat dit dan uitmekaar val nie. Hy sê, ‘…die woord wat uit my mond kom… [sal] die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het’ (Jesaja 55:11 NLV). In Genesis 1:14 sê God, ‘…Laat daar ligte wees in die hemelruim sodat dag en nag onderskei kan word…’ Raai wat? Dieselfde son skyn vandag omdat die Woord dit so beveel het – en dit sal môre ook skyn. As God dit vir ‘n lewelose objek soos die son sal doen, dink jy nie dat Hy ook vir jou sal sorg nie? Jy moet glo dat jy deur God geroep en gekies is!
Sielskos: Jer 33:1-36:26; Mark 1:35-39; Ps 32; Spr 9:10-16