Sewe sekondes (2)
2018-02-18Jakobus 3:13 DB
In die eerste sewe sekondes besluit mense gereeld of hulle wil luister na wat jy te sê het, of nie. Dit mag dalk nie regverdig wees nie, maar dis ‘n feit. In How to Talk So People Listen, sê die kommunikasiekundige, Sonya Hamlin, dat wanneer dit kom by hoor en sien, sien die belangrikste en kragtigste sintuig van die twee is. Sy skryf: ‘Ons onthou 85 tot 90 persent van wat ons sien, maar minder as 15 persent van dit wat ons hoor. Ontelbare mense het verkoopsgeleenthede verloor, werksonderhoude geruïneer of is afsprake geweier omdat hulle voorkoms nie aan iemand anders se verwagtinge voldoen het nie. As jy wys is, sal jy jou vriende en familie vra of jy geneig is om nie-verbale leidrade uit te beeld wat hulle aandag trek en die fokus van dit wat jy probeer kommunikeer, aflei. ‘n Pastoor sê: ‘Ek het nooit besef hoeveel nie-verbale foute ek maak tot ek myself op video gesien het nie. Nou is dit ‘n gereelde gewoonte van my om terug te gaan en na myself te kyk om nie net wat ek gesê het te bepaal nie, maar ook hoe ek dit gesê het. Die beeldmateriaal lieg nie.’ Goeie akteurs kan ‘n storie vertel sonder om ‘n woord te sê, deur net hulle gesigsuitdrukkings te gebruik. Of jy nou daarvan bewus is of nie, jy straal ook ‘n boodskap met die uitdrukking op jou gesig uit. Selfs mense wat trots daarop is dat hulle nie veel emosie of gedagtes in hulle gesigte wys nie, straal tog ‘n ongesproke boodskap van afsydigheid uit. Dit maak betekenisvolle kommunikasie met ander mense amper onmoontlik. As jou gesig namens jou gaan praat – en dit gaan – maak seker dat dit die regte boodskap kommunikeer.
Sielskos: Eks 20:14; Spr 6:23-35; Matt 5:27-30; 1 Kor 6:9-20