Jesus is die pad

2024-10-26
Johannes 14:6 NLV

‘n Dominee skryf: ‘Tussen die mensdom en God is daar ‘n versperring, genaamd sonde. As ons met ‘n perfekte God versoen wil word, moet daardie versperring uit die weg geruim word. Ons kan nie rondom dit of oor dit gaan nie. Sonde vereis ‘n betaling. Jesus het spesifiek gekom om daardie betaling te maak. Hy het ‘n perfekte lewe geleef en ‘n opofferende dood gesterf om vir alles wat ons al ooit in die verlede, hede en toekoms gedoen het, te betaal. As jou huis aan die brand is, moet jy ‘n brandweerman roep, nie ‘n polisieman nie. As jy jou been breek, moet jy ‘n dokter roep, nie ‘n brandweerman nie. As daar by jou huis ingebreek word, moet jy ‘n polisieman roep, nie ‘n dokter nie. As jy besig is om te verdrink, moet jy ‘n lewensredder roep, nie ‘n loodgieter nie. As jy as sondige mens by ‘n regverdige God wil uitkom, beter jy met die Verlosser in aanraking kom, want Hy is die enigste een wat kan help.’

Jesus het nie gesĂȘ: ‘Kom na My toe, Ek sal vir jou die pad wys nie.’ Hy het gesĂȘ: ‘Ek is die pad.’ Hy is die pad na vergifnis toe. Hy is die pad na vrede en vreugde toe. Hy is die pad na lewensvervulling toe. Hy is vandag so naby aan jou soos ‘n gebed aan jou is. Bid die volgende: ‘Here Jesus, ek glo dat U vir my aan die kruis gesterf het en vir my sondes betaal het. Ek glo dat deur geloof in U word ek regverdig gemaak en met God versoen. Ek aanvaar U vandag as my Here en Redder en ontvang U gawe van ewige lewe. Amen.’

Sielskos: Jes 12-16; Joh 6:25-34; Ps 85; Spr 27:20-22