Jy sal deur dit kom
2023-02-17Prediker 3:1-4 NLV
Smart kom in baie vorms na ons toe. Jy kan jou werk, jou huis of jou gesondheid verloor. Niks maak egter seerder as wanneer jy iemand vir wie jy baie lief is, verloor nie. Golwe van rou sal oor jou spoel soos die oseaan sy golwe op die strand neergooi. Wat jy ook al doen, moenie verdrink nie. Moenie daar stilstaan en toelaat dat die gety jou intrek nie. Laat jouself toe om die smart te voel sonder om dit om jou nek te bind. Laat die gewig daarvan toe om jou te help om deur jou gedagtes, jou vrese en indien nodig, jou trane te werk. Om te rou verlig die siel, soos die uitasem van koolstofdioksied jou liggaam verlig.
Daar kom egter ‘n tyd wat jy moet opstaan en aangaan. Die vlakke van rou waardeur jy beweeg is skok, ontkenning, bedinging, dan smart en uiteindelik aanvaarding. Dawid het gesĂȘ: ‘Wanneer ek loop in ‘n donker vallei, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my’ (Psalm 23:4 NLV). Wanneer jy aan die ander kant van hierdie vallei uitkom, sal jy in staat wees om met meer dankbaarheid en minder smart, daarop terug te kyk.
In plaas daarvan om op dit wat jy verloor het te fokus, sal jy dankbaar wees vir dit wat jy oor het. Moet ook nie bang wees om daardie seldsame oomblikke van lag wat selfs in die aangesig van hartseer voorkom, te geniet nie. Lag laaf die siel en verlig die spanning van daardie tye; dit verg van ons om buite ons huidige pyn te tree en pas ons fokus aan. Dit op sigself is ‘n helende balsem. “‘n Vrolike mens is soos goeie medisyne…” (Spreuke 17:22 NLV).
Sielskos: Rom 1:1-3:20; Luk 10:1-12; Ps 5; Spr 5:1-2