Geniet elke dag van hierdie Nuwe Jaar (1)
2023-01-01Psalm 118:24 NLV
Elke dag is ‘n gawe van God. Naas jou verlossing, is vandag die kosbaarste geskenk wat jy ooit sal ontvang. Wat doen jy wanneer jy ‘n geskenk ontvang? Jy bedank die gewer, maak dit oop en geniet dit.
Een Bybelonderwyser skryf: ‘Ek doen moeite om op elke oomblik van my lewe te fokus en dit te geniet, maar dit was ‘n lang en moeilike reis om by hierdie punt uit te kom. Ek is ‘n beplanner en as ek nie versigtig is nie, begin ek al die volgende ding beplan terwyl ek nog met die huidige een besig is. Ek raak maklik so gefokus op my werk dat ek nie die wonder van die oomblik geniet nie. Ek het byvoorbeeld gewoonlik gewerk terwyl my kinders klein was en het dit moeilik gevind om selfs ‘n oomblik te neem om die oulike dingetjies wat hulle gesĂȘ of gedoen het te geniet. Ek het baie van daardie oomblikke misgeloop en sal dit nooit terugkry nie. Ons moet die lewe en die mense wat God op ons pad geplaas het, vier. Die lewe is daar om geniet te word, nie om gevrees te word of oor spyt te wees nie.
Salomo het geskryf: ‘Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het besef dit is ‘n gawe wat uit God se hand kom’ (Prediker 2:24 NLV). Let die volgende twee frases op: 1) ‘uit God se hand.’ Dit beteken dat dit God se wil vir jou is om elke dag te geniet. 2) ‘die goeie kan geniet.’ Dit beteken dat jy elke dag op die uitkyk moet wees vir dinge om te vier. Begin dit vandag doen!
Sielskos: Rom 13:12-14:19; Joh 1:1-14