Hou altyd jou gewete skoon
2021-04-30Handelinge 23:1 NLV
By die Mark Twain gedenkteken in Hartford, Connecticut, sal jy die volgende woorde vind: ‘Always do right. It will gratify some people and astonish the rest. Truly yours, Mark Twain, New York, February 16, 1901.’
Wanneer jou gewete deur God se Woord geprogrammeer en geregeer word, sal dit jou lei om elke keer die regte ding te doen. Dit word deur die eerste lesse wat jy oor reg en verkeerd leer geskep; dus is dit hoekom jy as ouer die belangrikste werk in die wêreld het.
As jy nooit daardie lesse leer nie, ontwikkel jy nooit ‘n gewete nie. As jy die lesse nie goed genoeg nie of onvolledig leer, sal jou gewete nie volledig ontwikkel nie. As jy jou gewete oorheers en weier om sy innerlike stem te gehoorsaam, sal jy ‘n geharde gewete ontwikkel en met tyd sal jy begin om jou lewe te leef asof jy nie ‘n gewete het nie. Jy sal kompromieë aangaan, wegsteek en hoeke sny om te kry wat jy wil hê.
Jy kan nie ‘n gewete sien of een ontleed nie, maar jy kan dit in jou gedagtes hoor fluister en jou hartsnare voel roer. Jy moet aan hierdie fluisteringe en roeringe gehoor gee om in God se seën te kan wandel.
Paulus het twee belangrike dinge oor sy gewete gesê: 1) ‘Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ‘n skoon gewete voor God en die mense te hê’ (Handelinge 24:16 NLV). 2) ‘…met ‘n absoluut goeie gewete het ek my lewe tot vandag toe in diens van God gelei!’ Moet bo alles nie jou gewete afskeep nie – dit is óf gesond, óf besig om ongesond te word. As dit ongesond word, sal jou karakter, jou reputasie en jou lewenskwaliteit ook afneem.
Sielskos: Num 11-13; Mark 5:31-43; Ps 2; Spr 10:30-32