Skep moed en doen wat jy moet doen
2021-04-29Esra 10:4 NLV
Jy het heel waarskynlik nog nie van Harlow Curtice gehoor nie, omdat hy nie ‘n Harvard-gegradueerde was nie, maar ‘n plaasjapie met net ‘n hoĆ«rskooldiploma. Hy het egter groot drome gehad. Hy het as boekhouer by General Motors begin en die suksesleer geklim om teen die ouderdom van vyf-en-dertig die president van ‘n maatskappy te word. Teen die tyd wat hy veertig was, was hy die bestuurder van General Motors se hooggeagte Buick afdeling. Hy het sy pad na die bokant van sy professie deur ‘n talent vir nuwe idees en aksie, oopgewerk. Hy het ook persoonlik dwarsdeur Amerika gereis om motorhandelaars te inspireer en in hulle ‘n nuwe entoesiasme vir hulle Buick produkte aan te wakker.
Raai wanneer het hy dit gedoen? In die middel van die Groot Depressie! Onder sy leierskap het die verkope van Buick motors vervierdubbel; sy afdeling het die tweede meeste geld in General Motors se geskiedenis gemaak. Toe hy gevra is waaraan sy sukses toegeskryf kan word, het hy die volgende drie dinge genoem: 1) Hy het doelwitte vir homself gestel en van die mense rondom hom verwag om dieselfde te doen. 2) Hy was trots daarop om struikelblokke te konfronteer en te oorkom. 3) Hy was gewillig om risiko’s te neem en die dinge te doen wat talentvolle, maar bang mense rondom hom geweier het om te doen. Gevolglik het oorwinning ‘n gewoonte en ‘n lewenstyl geword.
Sy drie beginsels is ten volle Skriftuurlik van aard en hulle sal jou lei om sukses in alles wat jy aanpak, te behaal. Die woord vir jou vandag is dus: ‘Staan op! Die aangeleentheid is nou u verantwoordelikheid! Skep moed en doen wat u moet doen…’
Sielskos: Num 8-10; Mark 5:21-30; Ps 35; Spr 10:28-29