2026-10-26
Philippians 2:12 NIV
Paul writes: ‘Work out your salvation with fear and trembling, for it is God who works in you to will and to act in order to fulfil his good purpose’ (vv. 12-13 NIV). Salvation is a gift from God, so you can’t work for it – but you can work on it. How do you do that? The same way you work out your muscles. If you want to get into good shape, you’ve got to exercise! And the more you do it, the stronger you become. You’ve got to take your faith to the gym and bench press it. It will involve some trembling – that’s what muscles do when they are pushed to their limit. But that’s how they grow stronger.
And as you keep doing it, today’s faith ceiling will become tomorrow’s faith floor. Paul writes: ‘For those God foreknew he also predestined to be conformed to the image of his Son’ (Romans 8:29 NIV). The ‘predestined’ part is God’s part, and the ‘conformed’ part is our part. A good example of this is the oft-repeated maxim: ‘Pray like it depends on God, and work like it depends on you.’ If you only do one or the other, it will result in half-baked spirituality.
Our destiny is to be conformed to the image of Christ. And God will use any circumstance, good or bad, to accomplish that objective. Hence, Paul writes: ‘Do everything without grumbling or arguing, so that you may become blameless and pure, “children of God without fault in a warped and crooked generation”. Then you will shine… like stars in the sky as you hold firmly to the word of life’ (Philippians 2:14-16 NIV).
Soul food: Isa 17-21; John 6:52-59; Ps 127; Pro 27:25-27
Filippense 2:12 NLV
Paulus skryf: ‘…Deur ‘n leefstyl wat vol ontsag en eerbied vir God is, moet julle wys dat julle gered is. Dit is mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou…’ (verse 12-13 NLV). Verlossing is ‘n gawe van God, dus kan jy nie daarvoor werk nie – maar jy kan daaraan werk. Hoe doen jy dit? Net soos jy jou spiere oefen. As jy fiks wil word, moet jy oefen! Hoe meer jy oefen, hoe sterker word jy. Jy moet jou geloof gimnasium toe neem en dit begin oefen. Dit sal ‘n bietjie bewerasie veroorsaak – dis wat spiere doen wanneer hulle tot hul uiterste gebruik word. Dis egter hoe hulle sterker word.
Soos jy aanhou oefen, sal vandag se geloofsplafon môre se geloofsvloer word. Paulus skryf: ‘Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om soos sy Seun te word…’ (Romeine 8:29 NLV). God het ons reeds vooruit geken en ons moet ons deel doen deur soos sy Seun te word. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die volgende gesegde: ‘Bid asof dit van God afhang en werk asof dit van jou afhang.’ As jy net die een of die ander doen, sal dit tot halfgebakte geestelikheid lei.
Ons doelwit is om gelyk met die beeld van Christus te word. God sal enige omstandigheid, goed of sleg, gebruik om daardie doelwit te bereik. Daarom skryf Paulus: ‘Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre, deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei…’ (Filippense 2:14-16 NLV).
Sielskos: Jes 17-21; Joh 6:52-59; Ps 127; Spr 27:25-27
2026-10-25
2 Corinthians 8:21 NLT
In an extensive opinion survey from 1991 called The Day America Told the Truth, James Patterson and Peter Kim reported these startling findings. Only 13 per cent of those interviewed believed that all Ten Commandments are still binding and relevant today. Ninety-one per cent admitted that they lied regularly, both at home and at work. Most workers admitted to skiving off an average of seven hours a week.
About half of the workforce admitted they regularly called in sick, even when they felt well. When they were asked what they would be willing to do for ten million dollars, 25 per cent said they would abandon their families, 23 per cent said they’d be willing to work as a prostitute for a week, and 7 per cent said they’d be willing to murder a stranger!
And should you conclude that those surveyed are the unsaved and the unchurched, Doug Sherman and William Hendricks surveyed Christians and found that they were almost as likely as unbelievers to do these things too. They admitted to stealing in the workplace, falsifying their tax returns, and selectively obeying the laws.
Paul wrote to the Corinthians: ‘We are careful to be honourable before the Lord, but we also want everyone else to see that we are honourable.’ Then he wrote to the Christians in Rome: ‘Don’t copy the behaviour and customs of this world, but let God transform you into a new person by changing the way you think. Then you will learn to know God’s will for you’ (Romans 12:2 NLT). So always do the honourable thing.
Soul food: Luke 7:48-50; Rom 5:8-10; Gal 2:16
2 Korintiërs 8:21 NLV
In ‘n uitgebreide meningsopname in 1991 genaamd The Day America Told the Truth, het James Patterson en Peter Kim die volgende verrassende bevindinge gerapporteer. Slegs 13 persent van diegene wat ondervra is, het geglo dat al Tien Gebooie vandag nog bindend en relevant is. Een-en-negentig persent het erken dat hulle gereeld by die huis en werk lieg. Die meeste werkers het erken dat hulle gemiddeld sewe uur per week by die werk sit en niksdoen.
Ongeveer die helfte van die werksmag het erken dat hulle gereeld siekverlof neem, selfs wanneer hulle nie siek is nie. Toe hulle gevra is wat hulle bereid sou wees om vir tien miljoen dollar te doen, het 25 persent gesê dat hulle bereid sou wees om hul families te verlaat, 23 persent het gesê dat hulle bereid sou wees om vir ‘n week as ‘n prostituut te werk, en 7 persent het gesê dat hulle bereid sou wees om ‘n vreemdeling te vermoor!
Moet ook nie aanneem dat dit net ongelowiges was wat so gereageer het nie. Doug Sherman en William Hendricks het spesifiek Christene ondervra en bevind dat hulle amper net so geneig as ongelowiges was om hierdie dinge te doen. Hulle het erken dat hulle by die werk steel, hul belastingopgawes vervals en wette selektief gehoorsaam.
Paulus het aan die Korintiërs geskryf: ‘Ons is daarop bedag om eerbaar voor die Here op te tree, maar ook voor die mense.’ Toe het hy aan die Christene in Rome geskryf: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen…’ (Romeine 12:2 NLV). Doen dus altyd die eerbare ding.
Sielskos: Luk 7:48-50; Rom 5:8-10; Gal 2:16
2026-10-24
Kolossense 2:11 NLV
Voordat God sy volk toegelaat het om die Beloofde Land te verower en te bewoon, het Hy beveel dat alle mans besny moes word (sien Josua 5:2). Die besnydenis is aanvanklik deur God aan Abraham bekendgestel as ‘n teken van die verbond tussen God en hom (sien Genesis 17:11). Die besnydenis het beteken dat hulle van die omliggende nasies wat God nie geken het nie afgesonder was en dat hulle aan Hom behoort het. Tydens die woestynomswerwinge het die Hebreërs hierdie praktyk laat vaar. Voordat hulle egter hul nuwe lewe in Kanaän kon begin, het God dit weer aan hulle as voorwaarde om ‘n verbondsverhouding met Hom te geniet, bekendgestel.
Wat is die geheim van oorlewing in vyandelike gebied? Eerstens, onthou wat God vir jou gedoen het. Tweedens, onthou wie s’n jy is. Die Hebreërs het gedoen wat God beveel het – en God het hulle beskerm en hulle skouspelagtige oorwinnings oor hul vyande gegee. ‘Al die konings van die Amoriete wat wes van die Jordaan bly en al die konings van die Kanaäniete wat by die Middelandse See bly, het gehoor hoe God die water van die Jordaan voor die Israeliete laat wegdroog het… Hulle harte het gekrimp. Hulle het nie kans gesien om teen die Israeliete te veg nie’ (Josua 5:1 NLV). Hul toewyding aan God het beskerming van God meegebring.
Dit werk steeds so. ‘Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom…’ (Jakobus 4:7-8 NLV). Hierdie Skrifgedeeltes leer ons dat wanneer jy jouself aan God oorgee, Hy jou die krag sal gee om die wêreld, die vlees en die duiwel te oorwin.
Sielskos: Jes 12-16; Joh 6:35-51; Ps 98; Spr 27:23-24