Money: how you get it, and give it

2026-08-15
1 Chronicles 29:14 NKJV

Many of the heroes in the Bible were wealthy individuals. “Abram was very rich in livestock, in silver, and in gold” (Genesis 13:2 NKJV). King David “died in a good old age, full of days and riches and honour” (1 Chronicles 29:28 NKJV). Barnabas, a wealthy landowner, made possible the expansion of the early church when he sold a piece of real estate and gave the money to the apostles (see Acts 4:36-37). There is nothing wrong with wealth in and of itself. The things that matter are:

(1) How you get it. “Come now, you rich, weep and howl for your miseries that are coming upon you! The wages of the laborers who mowed your fields, which you kept back by fraud, cry out; and the cries of the reapers have reached the ears of the Lord” (James 5:1, 4 NKJV). The God who records and rewards also observes how you do business.

(2) How you give it. David said, “All things come from You, and of Your own [hand] we have given You.” So, when God speaks to you to give, try to remember these two things: (a) He is asking for a portion of what already belongs to Him. You don’t own it; you manage it for Him. (b) You always reap what you sow. “Whatever a man sows, that he will also reap” (Galatians 6:7 NKJV). And in God’s economy, you reap more than you sow. If you plant a single grain of corn, you reap a cornstalk with hundreds of grains like itself. So give and God will give back to you.

Soul food: 2 Chr 19-21; Mark 6:14-29; Ps 119:73-80; Pro 21:14-16

Geld: Hoe mens dit kry en uitgee


1 Kronieke 29:14 NLV

Baie van die helde in die Bybel was welgestelde individue. ‘Abram was baie ryk aan lewende hawe, silwer en goud’ (Genesis 13:2 NLV). Koning Dawid ‘…is op ‘n ryp ouderdom dood nadat hy ‘n lang lewe, rykdom en eer geniet het…’ (1 Kronieke 29:28 NLV). Barnabas, ‘n welgestelde grondeienaar, het die uitbreiding van die vroeë kerk moontlik gemaak toe hy ‘n stuk grond verkoop en die geld aan die apostels gegee het (sien Handelinge 4:36-37). Daar is niks met rykdom op sigself verkeerd nie. Die dinge wat egter saak maak, is:

1) Hoe jy dit kry. ‘Kom nou, julle ryk mense, huil en treur oor al die swaar wat vir julle voorlê… Die betaling wat julle teruggehou het van die mense wat oes, is baie duidelike getuienis teen julle…’ (Jakobus 5:1, 4 NLV). Die God wat aanteken en beloon, let ook op hoe jy sake doen.

2) Hoe jy dit gee. Dawid het gesê: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!’ Wanneer God dus vir jou sê om te gee, probeer om hierdie twee dinge te onthou: a) Hy vra vir ‘n gedeelte van dit wat reeds aan Hom behoort. Jy besit dit nie; jy bestuur dit net vir Hom. b) Jy oes altyd wat jy saai. ‘…Wat mense saai sal hulle ook maai!’ (Galasiërs 6:7 NLV). In God se ekonomie maai jy meer as wat jy saai. Wanneer jy ‘n enkele mieliepit plant, oes jy ‘n mielierank met honderde mieliepitte. Gee dus en God sal aan jou teruggee.

Sielskos: 2 Kro 19-21; Mark 6:14-29; Ps 119:73-80; Spr 21:14-16

Let’s tell the whole world about Jesus

2026-08-14
Isaiah 6:8 NKJV

One of the greatest disasters of history took place in 1271. That year, Niccolo and Matteo Polo, the father and uncle of Marco Polo, visited Kublai Khan, who was considered the world ruler – with authority over all China, India, and the entire East. Kublai Khan was attracted to the story of Christianity as Niccolo and Matteo told it to him. He said to them, “You shall go to your high priest and tell him on my behalf to send me a hundred men skilled in your religion and I shall be baptized. And when I am baptized, all my barons and great men will be baptized and their subjects will receive baptism, too. And so there will be more Christians here than there are in your parts of the world.”

But amazingly, nothing was done in response to what Kublai Khan requested. Only after thirty years was a handful of missionaries sent. Too few, too late! Christian leaders in the West apparently didn’t have the vision to see the East won to Christ. The mind boggles at the possible ways the world might be different today if thirteenth-century China, India, and the other areas of Asia had become Christian. Now it’s up to us!

You say, “What can I do? I’m only one person.” You can do three things: (1) “Pray the Lord of the harvest to send out laborers into His harvest” (Matthew 9:38 NKJV). (2) Give, so that the unsaved can be reached with the gospel (see 2 Corinthians 9:7). (3) If God calls you, go! “Then I said, ‘Here am I! Send me.'”

Soul food: 2 Chr 16-18; Mark 6:1-13; Ps 119:65-72; Pro 21:10-13

Vertel die hele wêreld van Jesus


Jesaja 6:8 NLV

Een van die geskiedenis se grootste rampe het in 1271 plaasgevind. Daardie jaar het Niccolo en Matteo Polo, die vader en oom van Marco Polo, Kublai Khan besoek wat op daardie stadium as die wêreldheerser beskou is – met gesag oor die hele China, Indië en die hele Ooste. Kublai Khan was aangetrokke tot die verhaal van Christus soos Niccolo en Matteo dit aan hom oorvertel het. Hy het vir hulle gesê: ‘Julle moet na julle hoëpriester gaan en hom namens my sê om vir my honderd manne te stuur wat vaardig in julle godsdiens is, en ek sal gedoop word. Wanneer ek gedoop is, sal al my baronne en groot manne gedoop word en hulle onderdane sal ook gedoop word. So sal daar meer Christene hier wees as in julle deel van die wêreld.’

Verbasend genoeg is daar egter niks gedoen in reaksie op Kublai Khan se versoek nie. Eers na dertig jaar is ‘n handjievol sendelinge gestuur. Dit was te min, te laat! Christelike leiers in die Weste het blykbaar nie die visie gehad om te sien hoe die Ooste vir Christus gewen kon word nie. Dis verstommend om te dink aan die maniere waarop die wêreld vandag anders sou kon wees as die dertiende-eeuse China, Indië en die ander gebiede van Asië, Christelik geword het. Nou is dit egter ons verantwoordelikheid!

Jy vra: ‘Wat kan ek doen? Ek is net een persoon.’ Jy kan drie dinge doen: 1) ‘Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’ (Matteus 9:38 NLV). 2) Gee, sodat die ongereddes met die evangelie bereik kan word (sien 2 Korintiërs 9:7). 3) As God jou roep, gaan! “…Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!'”

Sielskos: 2 Kro 16-18; Mark 6:1-13; Ps 119:65-72; Spr 21:10-13

Evalueer jou verwagtinge

2026-08-13
Psalm 62:6 AFR53

Ons almal het verwagtinge van ander mense. Baie keer is ons dalk nie heeltemal bewus van ons verwagtinge nie, of ons druk dit nie duidelik uit nie, of ons erken nie dat dit onrealisties is nie. Daarom kan dit ons baie frustreer. Mislukte verwagtinge sal altyd stres veroorsaak. Ongelukkig is sommige van die skadelikste verwagtinge dié wat ons van onsself het. ‘Ek behoort drie kinders groot te maak, elke aand aandete op die tafel te hê, tien uur per dag te werk en perfek te lyk wanneer my man deur die deur stap.’

Maak ‘n lys van jou belangrikste verwagtinge. Begin met die belangrikste mense in jou lewe en maak dan ‘n lys van jou belangrikste verwagtinge van elke persoon. Probeer objektief wees of dit realisties is of nie. Maak seker dat jy die oorsprong of kernrede vir ‘n verwagting verstaan. Het jy hierdie verwagtinge duidelik gemaak? Indien nie, hoekom nie? Vrees jy verwerping? Wat is die ergste wat kan gebeur? Is jy bereid om oor sommige van jou verwagtinge te onderhandel? Daar kan gevalle wees waar jy sekere verwagtinge moet uitskakel om jou eie vrede te bewaar.

Die Psalmdigter het geskryf: ‘Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!’ Dit beteken dat jy dalk minder van mense en meer van God sal moet verwag. Moenie jouself blootstel om in frustrasie te lewe nie. Bring jou verwagtinge voor God en laat Hy hulle beoordeel. Laat Hy die onrealistiese uitskakel en jou die moed gee om dié wat gekommunikeer moet word, uit te druk. Vertrou God om die harte van diegene wat betrokke is, te beïnvloed sodat jou verwagtinge nie ‘n bron van frustrasie vir jou of hulle word nie.

Sielskos: 2 Kro 12-15; Mark 5:31-43; Ps 119:57-64; Spr 21:7-9