2025-09-18
Jakobus 5:16 NLV
Ons maak almal foute, beoordeel kwessies verkeerd en maak op een of ander stadium ‘n gemors van dinge. Ons is almal mense. Die waarheid is egter dat foute een van die belangrikste maniere waarop ons leer en wyser word, is. As gevolg van ons vrees om gekritiseer te word of aansien te verloor, probeer ons egter dikwels om ons foute weg te steek.
Die enigste werklike ramp wat deur foute veroorsaak kan word, is as jy nie iets daaruit leer nie. Wanneer jy versuim om ‘n fout te erken, blokkeer dit jou pad na groei. Luister na die woorde van die Here toe Hy die Israeliete vermaan het om uit hulle foute te leer: ‘Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die Here sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ‘n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?’ (Jeremia 8:4 NLV). Dis ‘n verligting en ‘n inspirasie vir ander mense wanneer jy jou foute kan erken, sonder om daardeur gedefinieer en ontspoor te word.
Omstandighede en ander mense mag dalk ons besluite beïnvloed het, maar op die ou einde is elkeen van ons vir ons eie dade verantwoordelik. Wanneer ons ‘n fout maak, kies ons hoe ons daarop gaan reageer. Die beste benadering om ‘n fout te hanteer, is om volle verantwoordelikheid te aanvaar, daaruit te leer, te besluit om dit nie weer te herhaal nie en aan te beweeg.
Interessant genoeg sal mense meer aanklank by jou vind en jou meer respekteer wanneer jy in staat is om jou eie swakhede te erken. Dit stel hulle vry om dieselfde te doen. Nederigheid is een van die eienskappe wat mense respekteer; trots word – selfs deur ander trotse mense, verag.
Sielskos: 1 Sam 4-7; Matt 26:30-46; Ps 52; Spr 21:17
2025-09-17
Romeine 12:18 NLV
Die skrywer Chuck Swindoll sê dat hy toe hy ‘n jong man was, hy nie kon verstaan hoe twee mense wat die Here liefhet en in die Bybel glo, tot verskillende gevolgtrekkings kon kom nie: ‘In my kleinlike denke was ek oortuig dat alle goddelike gedagtes identiese gevolgtrekkings sou maak. Ek het vinnig geleer dat daar nie net verskillende opinies was nie, maar dat God mense wat die vermetelheid gehad het om van my te verskil, seën. God se gedagtes is nie naastenby so eng soos baie van sy mense nie. God is baie makliker om mee saam te leef, baie meer verdraagsaam en bewys baie meer genade en vergifnis as enigeen van ons.’
Om genade in frustrerende tye te betoon, moet jy hierdie twee dinge verstaan en aanvaar: 1) Mense se opinies en oortuigings sal dikwels van joune verskil. Ja, jy moet nooit Bybelse waarhede en jou kernwaardes prysgee nie, maar dit kos niks om taktvol en genadig eerder as krities en bytend te wees nie. Dit is veral waar wanneer konfrontasie en korreksie vereis word. Paulus skryf: ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp…’ (Galasiërs 6:1 NLV).
2) Daar is waarde in ander mense se perspektiewe. Baie van ons het in ‘n huis grootgeword waar reg en verkeerd teen mekaar afgespeel word; waar die persoon wat ‘reg’ is geprys word, terwyl die persoon wat ‘verkeerd’ is, berispe word. Dit is jammer, want oor die algemeen is dit nie ‘n ‘ek-is-reg-en-jy-verkeerd’-kwessie nie maar eerder ‘n ‘ek-sien-dit-so-en-jy-sien-dit-anders’-kwessie. Voordat jy dus oorlog maak, moet jy jouself afvra wat die belangrikste is: die behoefte om hierdie persoon te korrigeer, of om gemeenskaplike grond met hulle te vind.
Sielskos: 1 Sam 1-3; Matt 26:17-29; Ps 34; Spr 21:14-16
Romans 12:18 NLT
Author Chuck Swindoll says that when he was a young man, he couldn’t understand how two people who loved the Lord and believed the Bible could come to different conclusions: “In my two-by-four thinking I was convinced that all godly minds held identical conclusions… I soon discovered that there weren’t only various opinions, but God had the audacity to bless those who disagreed with me… He isn’t nearly so narrow minded as many of His people… God’s much easier to live with… tolerant… full of more grace and forgiveness than all of us.”
In order to show grace under fire, you must understand and accept these two things: (1) People’s opinions and convictions will often differ from yours. Yes, you must never compromise Bible truth and core values, but it costs no more to be tactful and gracious than it does to be critical and caustic. And that’s especially true when confrontation and correction are called for. Paul writes, “If another believer is overcome by some sin, you who are godly should gently and humbly help that person back onto the right path” (Galatians 6:1 NLT). Pay careful attention to the words “gently” and “humbly.”
(2) Everyone’s perspective has some merit. When you grow up in a home that functions on a right-versus-wrong justice scale, the person who is “right” gets praised while the person who is “wrong” gets put down. And that’s a pity because generally it’s not an “I’m-right-and-you’re-wrong” issue as much as it’s an “I-see-it-this-way-and-you-see-it-that-way” issue. So before you go to war, ask yourself what’s more important: your need to correct this person or to connect with them.
Soul food: 1 Sam 1-3; Matt 26:17-29; Ps 34; Pro 21:14-16
2025-09-16
1 Peter 2:20 NIV
Are you in “the school of hard knocks” today? Are you wondering, “Why am I going through this?” Because God is more interested in your character than your comfort! Patsy Clairmont writes: “Jason, our youngest, has two goals in life. One is to have fun, and the other is to rest. And he does both quite well. So I shouldn’t have been surprised by what happened when I sent him to school one fall day. As Jason headed off for the bus, I busied myself, preparing for a full day. The knock on the door was a surprise and disruptive to my morning rhythm, which is not something I have a lot of. I flew to the door, jerked it open, only to find myself looking at Jason. ‘What are you doing here?’ I demanded. ‘I’ve quit school,’ he announced. ‘Quit school?’ I repeated in disbelief, at a decibel level too high for human ears.
Swallowing once, I tried to remember some motherly psychology. But all that came to my mind was ‘A stitch in time saves nine’ and ‘Starve a fever, feed a cold’… Somehow, they didn’t seem to apply to a six-year-old drop-out dilemma. So I questioned, ‘Why have you quit school?’ Without hesitation he proclaimed, ‘It’s too long, it’s too hard, and it’s too boring!’ ‘Jason,’ I instantly retorted, ‘you’ve just described life. Get on the bus!'”
The Bible says, “If you suffer for doing good and… endure it… this is commendable before God.” So when you find yourself in “the school of hard knocks,” rejoice – God is training you for bigger and better things! So, get on the bus!
Soul food: S of Sol 5-8; Matt 26:1-16; Ps 39; Pro 21:9-13
1 Petrus 2:20 NLV
Wonder jy vandag: ‘Waarom moet ek hierdeur gaan?’ Want God stel meer in jou karakter as jou gemak belang! Patsy Clairmont skryf: “Jason, ons jongste, het twee doelwitte in die lewe. Die een is om pret te hê en die ander is om te rus. Hy doen albei baie goed. Ek moes dus nie verbaas gewees het oor wat gebeur het toe ek hom een herfsdag uit die huis stuur om vir die skoolbus te wag nie. Ek het met my werk begin toe daar skielik ‘n klop aan die deur is. Ek het die voordeur oopgemaak, net om Jason op die voorstoep te sien. ‘Wat maak jy hier?’ het ek gevra. ‘Ek het besluit om nie meer skool toe te gaan nie,’ het hy aangekondig. ‘Ophou skool toe gaan?’ het ek in ongeloof op ‘n desibelvlak te hoog vir menslike ore, herhaal.
Ek het een keer gesluk en probeer onthou wat die kenners sê mens in sulke gevalle moet doen. Al wat egter by my opgekom het, was: “‘n Pak slae op sy tyd is soos brood en konfyt,” en ‘Buig die boompie terwyl hy nog jonk is.’ Dit was egter nie heeltemal van toepassing op die dilemma van ‘n sesjarige wat besluit het dat hy nie meer skool toe gaan nie. Dus het ek hom gevra: ‘Hoekom het jy besluit om op te hou skool toe gaan?’ Sonder om te huiwer het hy geantwoord: ‘Want dis te lank, dit is te moeilik en dit is te vervelig!’ ‘Jason,’ het ek dadelik teruggekap, ‘jy het so pas die lewe beskryf. Gaan klim op die bus!'”
Die Bybel sê: ‘…Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God.’ As jy jouself vandag in ‘n moeilike situasie bevind, wees bly – God lei jou vir groter en beter dinge op! Klim dus op die bus!
Sielskos: Hoogl 5-8; Matt 26:1-16; Ps 39; Spr 21:9-13