Die Woord aan die werk

2025-09-03
Jeremia 1:12 NLV

Martin Luther het oor die krag agter die Hervorming gesê: ‘Ek het eenvoudig onderrig, gepreek en God se Woord geskryf; ek het niks anders gedoen nie. Die Woord het dit alles gedoen.’ Later, toe Luther oor sy predikingsfilosofie uitgevra is, het hy bygevoeg: ‘Ek het net die Bybel in die gemeente in gegooi en die Woord het die werk gedoen!’

Ons kan baie met ons woorde bereik. Wanneer ons byvoorbeeld iets per telefoon bestel, word ‘n ketting van gebeure aan die gang gesit en mettertyd word dit wat ons bestel het, afgelewer. Woorde veroorsaak aksie. Dit is veral waar wanneer dit by God se woorde kom. Hy het gesê: ‘…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur.’ God werk deur sy woorde. Kyk na die volgende woorde: “Maar Ek bevestig die woorde van my profete… wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’… Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’… Vir die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word'” (Jesaja 44:26-28 NLV).

Dinge gebeur wanneer God praat en dinge gebeur wanneer mense die woorde wat God reeds gesê het, praat. Wonderbaarlike dinge gebeur in diegene wat ontvang wat God sê, naamlik: ‘…Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo’ (1 Tessalonisense 2:13 NLV).

God se Woord verfris ons, genees ons, gee ons wysheid en onderskeidingsvermoë, bring vir ons vreugde en blywende hoop deur ons geestelik gesond te maak, verhoed dwaasheid en waarsku ons van naderende gevaar en beloof beide aardse en hemelse belonings, wanneer ons sy beginsels gehoorsaam.

Sielskos: Eseg 31-33; Matt 23:13-22; Ps 27; Spr 20:5-6

Jy het te ver gekom om nou op te gee!

2025-09-02
Hebreërs 11:27 NLV

V. Raymond Edman het gesê: ‘Om deur eksterne kragte verskeur te word en steeds ‘n mens se innerlike integriteit te bewaar, is om dissipline te handhaaf wat blywend is.’ Wanneer jy dus teenstand ondervind, gooi jy outomaties die handdoek in, of hou jy, soos Moses, vol?

Chuck Swindoll karakteriseer Moses as ‘n man: ‘wat geweier het om in te gee of op te gee, wat besluit het dat niks hom sou oortuig om oor te gee nie. Hy het die veragting van farao, die hardkoppigheid van die Hebreërs wat gemor, verwyt, gekla en in opstand gekom het en die kritiek van Mirjam en Aäron, sy eie suster en broer, verduur. Toe tien van die twaalf spioene terugkom en sê dat hulle nie die Beloofde Land moet binnegaan nie, het Moses vasgestaan. Toe Korag en Datan en Abiram ‘n sameswering teen hom gevoer het, het Moses vasbeslote gebly. ‘…na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan’ (Efesiërs 6:13 NLV).

Wanneer dit lyk of die goddeloses besig is om te wen, in tye van krisis, wanneer niemand sal weet dat jy verkeerd optree nie, wanneer volwassenes minagtend is en kleinlik optree – staan vas, hou vol, verduur! Moenie wankelrig raak of na jou kritici begin luister nie. Moenie in klein areas begin toegee omdat jy moeg is nie. Moses het volgehou – tot die einde van sy lewe. Hoe het hy dit gedoen? Deur op God te fokus. Hy het sy hart en siel op die Een wat regverdig oordeel, gevestig. Hy het homself voortdurend daaraan herinner dat sy enigste doel was om Hom te behaag, te gehoorsaam en te verheerlik en om ten alle koste sy goedkeuring te verkry.’

Wat jy ook al in die gesig staar, staan sterk en moenie moed opgee nie!

Sielskos: Eseg 27:25-30:26; Matt 23:1-12; Ps 112; Spr 20:1-4

You have come too far to give up now!


Hebrews 11:27 NIV

V. Raymond Edman said, “To be torn… by external forces, and still… preserve one’s inward integrity, is to know the discipline that endures.” So when you’re faced with opposition, do you automatically throw in the towel, or like Moses, do you persevere?

Chuck Swindoll characterizes Moses as a man “who hung tough, who refused to give in or give up, who decided that no amount of odds against him would cause him to surrender… He possessed the disciplines of durability. He endured the contempt of Pharaoh… the stubbornness of the Hebrews who grumbled, blamed, complained, and rebelled… the criticism of Miriam and Aaron, his own sister and brother. When ten of the twelve spies came back with their nay-sayings, Moses stood fast. When Korah and Dathan and Abiram led a conspiracy against him, Moses remained ‘resolute.’

‘When you have fought to a standstill… stand your ground’ (Ephesians 6:13 PHPS)… when the wicked appear to be winning… in times of crisis… when no one will know if you compromised… when big people act contemptibly small… when people demand authority they don’t deserve. Stand firm… keep your head… stay true… endure! You may be getting shaky… [or] begun to listen too closely to your critics. Maybe you’ve started giving in… in little areas… because you’re tired. Moses endured – even in his eighties. How? By focusing… on ‘Him who is invisible.’ He fixed his heart and soul on the One who, alone, judges righteously. He continually reminded himself that his sole purpose was to please, obey, and glorify Him and to gain His approval at all cost.”

Whatever you’re facing, stand strong and don’t give up!

Soul food: Eze 27:25-30:26; Matt 23:1-12; Ps 112; Pro 20:1-4

Overcoming loneliness

2025-09-01
1 Peter 4:8 NLT

You don’t have to be alone to be lonely. Some of us are married to emotionally unavailable spouses. Some of us put up with verbal and emotional abuse because we prefer anybody’s company to our own. Some of the loneliest people you will meet are in crowded bars at “happy” hour. They mingle, but they don’t connect. What is the answer?

(1) Get involved in a cause greater than self-interest. After the Prodigal Son had spent his last penny partying with so-called friends, they forsook him, and he ended up alone in a hog pen. On the other hand, when the disciples were persecuted for their faith, the Bible says that “being let go, they went to their own company” (Acts 4:23 KJV). They had friends who shared their faith and their vision, who knew how to pray with them, strengthen them, and stand by them. And God has people like that who are waiting to become part of your life; you will find some of them in your local church.

(2) Practice being accepting of others. When you love and accept people as they are, they’re drawn to you. “Most important of all, continue to show deep love for each other, for love covers a multitude of sins” (1 Peter 4:8 NLT).

(3) Reach out. Begin nurturing your relationships by connecting more often with the people you know and value. Don’t get sucked into the Facebook/email/text-message-only communication vacuum. The founder of Wired Magazine says that his favourite form of communication is face-to-face, his second is by phone, and his third is via internet. Take a leaf out of his book.

Soul food: Eze 24:1-27:24; Matt 22:34-46; Ps 20; Pro 19:24-29

Oorkom eensaamheid


1 Petrus 4:8 NLV

Jy hoef nie alleen te wees om eensaam te wees nie. Sommige van ons is met emosioneel afwesige eggenote getroud. Sommige van ons verduur verbale en emosionele mishandeling omdat ons iemand se geselskap bo ons eie verkies. Van die eensaamste mense wat daar is, sal jy in stampvol kroeë ontmoet. Hulle mag dalk geselskap opsoek, maar daar is geen verbintenis met ander mense nie. Wat is die antwoord?

1) Raak betrokke by ‘n saak wat groter as jou selfbelang is. Nadat die Verlore Seun sy laaste geld op partytjies saam met sy sogenaamde vriende spandeer het, het hulle hom agtergelaat en hy het alleen in ‘n varkhok opgeëindig. In teenstelling daarmee, toe die dissipels as gevolg van hulle geloof vervolg is, het hulle: ‘Toe hulle losgelaat is… dadelik die ander gelowiges opgesoek…’ (Handelinge 4:23 NLV). Hulle het vriende gehad wat hulle geloof en visie gedeel het, wat geweet het hoe om saam met hulle te bid, hulle te versterk en by hulle te staan. God het sulke mense wat regstaan om deel van jou lewe te word; jy sal sommige van hulle in jou plaaslike kerk vind.

2) Oefen om ander mense te aanvaar. Wanneer jy mense net soos hulle is aanvaar en liefhet, word hulle na jou toe aangetrek. ‘Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê… Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV).

3) Reik uit. Begin om jou verhoudings te koester deur meer gereeld met die mense wat jy ken en waardeer, te skakel. Moenie in die Facebook/e-pos/teksboodskap-kommunikasievakuum ingesuig word nie. Die stigter van Wired Magazine sê dat sy gunsteling vorm van kommunikasie van aangesig tot aangesig is, sy tweede per telefoon en sy derde via die internet is. Volg sy voorbeeld.

Sielskos: Eseg 24:1-27:24; Matt 22:34-46; Ps 20; Spr 19:24-29