2025-09-08
1 Tessalonisense 5:11 NLV
By die 1996 Olimpiese Spele het almal van die gimnas, Kerri Strug, verwag om die goue medalje vir haar span te wen. Al wat sy moes doen, was om ‘n suksesvolle sprong te maak en Amerika sou die goud wen. Toe sy egter haar eerste sprong uitvoer, het sy haar enkel verstuit en kon skaars loop. Sy het geval en nie die telling behaal wat nodig was om te wen nie.
Terwyl sy op die mat gesit het met trane wat oor haar gesig stroom, het sy om twee redes gehuil. Eerstens was sy in pyn. Tweedens kon sy geen manier insien hoe sy die telling kon opmaak om te wen nie. Sy het egter nog ‘n kans gehad om haar sprong uit te voer. Sy wou tou opgooi, maar haar afrigter het op die kantlyn gestaan en gesê: ‘Jy kan dit doen, Kerri!’ Sy het weer hinkepink na die beginpunt geloop.
Ná die sprong het sy aan ‘n onderhoudvoerder verduidelik dat al wat sy kon doen om aan te hou, was om haar oë op haar afrigter te hou. Hy het haar daarvan weerhou om op die pyn in haar enkel te fokus. Sy het seergekry – sy het gehuil – maar haar afrigter het in haar geglo. Sy het krag wat sy self nie gehad het nie, uit sy aanmoediging geput. Selfs met die verstuite enkel het sy gehardloop en die sprong gedoen. Sy moes met een goeie enkel en een beseerde enkel die sprong en landing foutloos probeer doen. Sy het dit reggekry!
Met haar afrigter se aanmoediging wat haar orent gehou het, het sy die onmoontlike gedoen. Haar telling was hoog genoeg om vir die Amerikaanse span goud te wen. Jou aanmoediging kan die verskil maak.
Sielskos: Eseg 43-45; Matt 24:26-35; Ps 78:32-39; Spr 20:20-21
2025-09-07
Josua 1:8 NLV
As jy jou lewe wil verander, moet jy hoe jy dink en waaraan jy dink, verander. Wanneer jy aan die verkeerde dinge dink, beweeg jou lewe in die verkeerde rigting. Wanneer jy egter aan die regte dinge dink, beweeg jou lewe in die regte rigting.
1) Dis nie maklik om jou denke te verander nie. Dis nie outomaties nie en dit gebeur nie vanself nie. As jy ‘n goeie idee wil ontdek, moet jy op die uitkyk daarvoor wees. As jy jou denke wil verbeter, moet jy daaraan werk – en wanneer jy ‘n beter denker word, sal goeie idees aanhou kom.
2) Om jou denke te verander verg toewyding. Albert Einstein het gesê: ‘Dis harde werk om te dink, dis hoekom so min mense dit doen.’ Mense wat dink dat goeie denke maklik is, het dikwels nie goeie denkwyses nie. Die media, die kultuur en die mense rondom jou sal jou denke beïnvloed, tensy jy besluit om vir jouself te begin dink.
3) Wanneer jy jou denke verander, bring dit groot belonings mee. Paulus skryf: ‘…Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Wanneer jy die gedagtes van God jou eie begin maak, is jou potensiaal onbeperk. Goudmyne droog op. Aandelemarkte daal skielik. Eiendomsbeleggings versleg. ‘n Verstand wat egter deur die Gees en Woord van God getransformeer word, is soos ‘n diamantmyn wat nooit leeg word nie. Dit is van onskatbare waarde.
Sielskos: Gen 2:7-25; 1 Kor 15:39-55
Joshua 1:8 NIV
If you want to change your life, you must change how you think and what you think about. When you think about the wrong things, your life goes wrong. But when you think about the right things, your life goes right.
(1) Changing your thinking isn’t easy. It’s not automatic and doesn’t happen on its own. Good ideas seldom go out and bump into someone. If you want to discover a good idea, you have to look for it. If you want to improve your thinking, you need to work at it – and when you become a better thinker, good ideas will keep coming. Furthermore, the amount of good thinking you do at a specific time relies mainly on the amount of good thinking you’re engaging in already.
(2) Changing your thinking calls for commitment. Albert Einstein said, “Thinking is hard work; that’s why so few do it.” When someone says, “This thought is off the top of my head,” anticipate dandruff. Only people who believe thinking is easy are the ones who don’t participate in it. The media, the culture, and those around you will influence your thinking unless you decide to think for yourself.
(3) Changing your thinking brings great rewards. Paul writes, “We have the mind of Christ” (1 Corinthians 2:16 KJV). When you tap into the thoughts of God and make them your own, your potential is unlimited. Gold mines run out. Stock markets suddenly decline. Real estate investments go bad. But a mind transformed by the Spirit and Word of God is like a diamond mine that lasts. It’s invaluable.
Soul food: Gen 2:7-25; 1 Cor 15:39-55
2025-09-06
Spreuke 23:7 KAB
Goeie denkers is altyd in aanvraag. Hoekom? Omdat hulle probleme oplos, altyd idees het wat ‘n organisasie kan opbou en omdat hulle altyd hoop vir ‘n beter toekoms het. Goeie denkers bevind hulself selde onder die beheer van slegte denkers. Adolf Hitler het een keer gespog: ‘Wat ‘n geluk is dit nie vir heersers dat mense nie dink nie.’ Diegene wat die tegniek van goeie denke bemeester, kan hulself handhaaf – selfs onder ‘n onregverdige heerser of in ander uitdagende omstandighede. Goeie denkers is suksesvol.
Dr John Maxwell skryf: ‘Ek het suksesvolle mense vir veertig jaar lank bestudeer en alhoewel die diversiteit onder hulle verstommend is, het ek gevind dat hulle almal op een manier eenders is: hoe hulle dink! Dit is die een ding wat suksesvolle mense van onsuksesvolles onderskei. Die goeie nuus is egter dat jy kan leer om soos suksesvolle mense te dink. As jy jou denke kan verander, kan jy jou lewe verander!’
Die Bybel stel dit so: ‘Want soos hy in sy hart dink, so is hy…’ Dit beteken dat jy nooit hoër op in die lewe sal beweeg as jy nie jou denke verander nie. As jy die manier waarop jy dink verander, kan dit jou lewe verander! Dis moeilik om die waarde van denke wat verander, te oordryf. Goeie denke kan verskeie dinge vir jou doen, insluitend om nuwe geleenthede te laat realiseer, probleme op te los en inkomste te genereer. Dit kan jou na ‘n hele nuwe vlak, beide professioneel en persoonlik, lei.
Paulus skryf: ‘…beplan alles wat… lofwaardig is… Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees’ (Filippense 4:8-9 NLV). Wil jy jou lewe verander? Die eerste stap is om jou denke te verander.
Sielskos: Eseg 40:10-42:20; Matt 24:15-25; Ps 78:17-31; Spr 20:15-19
Proverbs 23:7 NKJV
Good thinkers are constantly in demand. Why? Because they solve problems, always have ideas that can build an organization, and are hopeful for a better future. And good thinkers seldom find themselves under the control of bad thinkers. Adolf Hitler once boasted, “What luck for rulers that men do not think.” Those who build the technique of good thinking can manage themselves – even when under an unfair ruler or in other challenging circumstances. In summary, good thinkers are successful.
Dr. John Maxwell writes: “I’ve studied successful people for forty years, and though the diversity you find among them is astounding, I’ve found that they are all alike in one way: how they think! That is the one thing that separates successful people from unsuccessful ones. And here’s the good news. How successful people think can be learned. If you can change your thinking, you can change your life!”
The Bible puts it succinctly: “For as he thinks in his heart, so is he.” That means you will never climb higher in life until you are ready to change your thinking. But if you change the way you think, you can change your life! It’s hard to exaggerate the value of changing your thinking. Good thinking can do several things for you, including generating opportunities, resolving problems, and producing revenue. It can lead you to an entirely new level, both professionally and personally.
Paul writes, “Think about things that are excellent and worthy of praise… Then the God of peace will be with you” (Philippians 4:8-9 NLT). Do you want to change your life? The first step is to change how you think.
Soul food: Eze 40:10-42:20; Matt 24:15-25; Ps 78:17-31; Pro 20:15-19