2024-12-21
Job 8:7 NKJV
Your personal potential is what you may be – the person you can become. God, who sees the end from the beginning, knows your potential and will help you to reach it. But you have a part to play. You must desire growth and commit yourself to it each day. Growth is a pathway that never ends: “They go from strength to strength” (Psalm 84:7 NKJV).
Just as your DNA differs from every other person, so does your personal growth pathway. To discover your God-given purpose, you must grow in spiritual awareness. To become a better person, you must grow in character. To progress in your career, you must develop your skills. To be a better spouse or parent, you must grow in your relationship skills. To achieve your financial goals, you must grow in your understanding about how money works. The aspects of growth differ from individual to individual, but the principles are alike for every person.
If you’re serious about growth, you must integrate what you’re learning into your routine. You cannot change your life until you change something you do every day. Growth only takes place when knowledge becomes experience. That’s why keeping a growth journal is so important. It helps you to see how far you have come, what you have learned, the extent to which you have changed, and how far you have to go. If you continue to learn and grow daily for many years, you will be amazed at how far they will take you. “Though your beginning was small, yet your latter end would increase abundantly.”
Soul food: Job 15-17; Luke 1:39-56; Ps 12; Ecc 9:10-12
Job 8:7 NLV
Jou persoonlike potensiaal is wat jy kan wees – die persoon wat jy kan word. God, wat die einde van die begin af sien, weet wat jou potensiaal is en sal jou help om dit te bereik. Jy moet egter jou deel doen. Jy moet wil groei en jouself elke dag daaraan verbind. Groei is ‘n pad wat nooit eindig nie: ‘Hulle kragte sal vermeerder…’ (Psalm 84:8 NLV).
Net soos jou DNA van elke ander persoon verskil, so verskil jou pad van persoonlike groei. Om jou Godgegewe doel te ontdek, moet jy in geestelike bewustheid groei. Om ‘n beter persoon te wees, moet jy in karakter groei. Om vordering in jou loopbaan te maak, moet jy jou vaardighede ontwikkel. Om ‘n beter eggenoot of ouer te wees, moet jy jou verhoudingsvaardighede verbeter. Om jou finansiële doelwitte te bereik, moet jou begrip van hoe geld werk, groei. Die aspekte van groei verskil van individu tot individu, maar die beginsels bly dieselfde.
As jy ernstig daaroor is om te groei, moet jy dit wat jy leer by jou roetine integreer. Jy kan nie jou lewe verander totdat jy iets wat jy elke dag doen, verander nie. Groei vind slegs plaas wanneer kennis ervaring word. Dis hoekom dit so belangrik is om ‘n joernaal van jou groei te hou. Dit help jou om te sien hoe ver jy al gekom het, wat jy geleer het, die mate waarin jy verander het en hoe ver jy nog het om te gaan. As jy aanhou om vir baie jare te leer en daagliks te groei, sal jy verstom wees oor hoe ver dit jou sal neem. ‘En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.’
Sielskos: Job 15-17; Luk 1:39-56; Ps 12; Pred 9:10-12
2024-12-20
Psalm 40:8 KJV
Doing God’s will can be difficult, but it always brings a sense of fulfillment and reward. David experienced resentment from his family, betrayal by his boss, and rejection by his friends. Yet he could say, “I delight to do thy will, O my God.”
To fulfill your God-given destiny, you need to be passionate. Passion gives you an advantage every time. One person with passion is more effective than ninety-nine who only have an interest. Passion gives you energy and keeps you going when others quit. Indeed, it keeps you going when you want to quit! Not only will God give you a passion for His will, but you will also discover abilities you didn’t know you had. They may be undeveloped, but they’re there waiting to be tapped. Some of us have inherent abilities, and we know who we are and what to do. Others must work hard to make these discoveries. Your goal should be to waste as little of your life as possible.
There is a big difference between having a God-given dream that pushes you to achieve and pulling a concept out of thin air that has no relation to who you are and what you’re called to do. Just as a soldier on the front line must stay in communication with headquarters, you must pray daily and search God’s Word.
When you know that you’re doing what God has called you to do, you experience joy in the midst of sorrow, peace in the midst of conflict, and confidence when everything around you is falling apart. Nothing, absolutely nothing, is more important than knowing you’re doing the will of God.
Soul food: Job 11-14; Luke 1:26-38; Ps 67; Ecc 7:19-22
Psalm 40:9 NLV
Om God se wil te doen kan moeilik wees, maar dit bring altyd vervulling en beloning mee. Dawid se familie het ‘n teensin in hom gehad, sy baas het hom verraai en van sy vriende het hom verwerp. Tog kon hy sê: ‘Dis my begeerte om u wil te doen, my God…’
Om jou Godgegewe lewensdoel te bereik, moet jy passievol wees. Passie gee jou elke keer ‘n voordeel. Een persoon met passie is meer effektief as nege-en-negentig ander wat net ‘n belang het. Passie gee jou energie en laat jou aanhou wanneer ander mense tou opgooi. Nie net sal God vir jou ‘n passie vir sy wil gee nie, maar jy sal ook vermoëns wat jy nie geweet het jy het nie, ontdek. Sommige van ons het inherente vermoëns en ons weet wie ons is en wat om te doen. Ander moet weer hard werk om hierdie ontdekkings te maak. Jou doel moet wees om so min as moontlik van jou lewe te mors.
Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n Godgegewe droom wat jou dryf om te presteer en om ‘n idee wat geen verband met wie jy is en wat jy geroep is om te doen, sommer net uit die lug te gryp. Net soos ‘n soldaat op die voorste linies in konstante kommunikasie met die hoofkwartiere moet bly, so moet jy elke dag bid en God se Woord ondersoek.
Wanneer jy weet dat jy doen wat God jou geroep het om te doen, sal jy vreugde te midde van smart, vrede te midde van konflik en selfvertroue wanneer alles rondom jou uitmekaar uit val, ervaar. Niks, absoluut niks, is belangriker as die wete dat jy God se wil doen nie.
Sielskos: Job 11-14; Luk 1:26-38; Ps 67; Pred 7:19-22
2024-12-19
Jesaja 42:16 NLV
Soms beteken dit dat jy ‘n veilige en winsgewende loopbaan moet agterlaat wanneer jy God begin volg. Moses het ‘n paleis verlaat, Elisa het ‘n plaas verlaat en Jakobus en Johannes het hulle vissersbote agtergelaat. Soms beteken dit om God te volg egter om te bly waar jy is en elke geleentheid ten volle te gebruik om God se koninkryk te bevorder.
Toe Dawid van die geveg teruggekeer het wou sommige van sy soldate nie die buit met diegene wat agtergebly het, deel nie. Dawid het egter gesê: ‘…Nee, ons deel gelykop: dié wat die pakgoed opgepas het, kry net soveel as dié wat gaan veg het’ (1 Samuel 30:24 NLV).
Jy moet God vra of jy moet gaan en of jy moet bly. Dis verstommend hoe baie mense nie hou van wat hulle vir ‘n lewe doen nie. Hoekom doen hulle dit dan? Omdat ons almal moet lewe en uitgawes het om te betaal. Wat as God jou egter roep om iets anders te doen? Jy mag dalk nie suksesvol wees nie. Of besef dat jy nie soveel daarvan hou as wat jy verwag het nie. Of nie so baie geld maak nie.
Die groter risiko is egter om te bly wanneer God jou roep om te gaan. Hoekom? Spyt! Die wete dat jy nooit probeer het om dit te doen waarvoor God jou geroep het nie. Jy sê: ‘Ek het baie onbeantwoorde vrae en daar is baie wat ek nie weet nie.’ Lees die volgende Skrifgedeelte: ‘…Ek lei hulle op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie!’ (Jesaja 42:16 NLV).
Sielskos: Job 8-10; Luk 1:19-25; Ps 57; Pred 7:13-15