Wees geduldig, God is aan die werk

2024-04-28
Psalm 37:34 NLV

Wanneer dinge nie so vinnig gebeur soos ons dit graag wil hê nie, kan ons angstig, gefrustreerd, geïrriteerd en negatief word. As jy die tipe persoon is wat dinge graag self wil laat gebeur, kan jy voor God uitjaag en in die moeilikheid beland. ‘Danksy die Here stap ‘n jong man met ferm treë; en die Here is tevrede met sy lewenspad.’ (Psalm 37:23 AFR20).

Dink daaroor: As jy die Here volg, kan jy nie vinniger as die Een wat lei beweeg nie. Neem dus net die volgende tree en vertrou Hom om dinge vir jou te laat uitwerk. God weet wat jy nie weet nie. Jy werk met beperkte kennis. Glo jy dat die Here jou treë rig? Glo jy dat Hy ‘n plan vir jou lewe het? Glo jy dat Hy vir jou omgee en jou beste belange op die hart dra? Indien jy dit glo, staan op die volgende Skrifgedeelte: ‘Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe en jy moet lewe soos Hy wil hê. Dan sal Hy jou die hoof van die land laat word…’ (Psalm 37:34 ABA). God weet wat Hy doen. Hy werk volgens sy skedule, nie ons s’n nie.

Ongeduld is ‘n teken van twee dinge: 1) Onvolwassenheid. Babas huil totdat jy hulle optel en kinders wil nie vir enigiets wag nie. ‘n Wyse ouer weet egter dat die kind dikwels nie gereed is om dit wat hulle wil hê, te kan hanteer nie. 2) Twyfel en ongeloof. ‘Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (Hebreërs 10:36 NLV).

Sielskos: Gal 5:22; Luk 10:25-37; Ef 4:31-32; Gen 50:15-21

Lewe volgens die lewende Woord

2024-04-27
Psalm 119:100 NLV

Eugene Peterson, die skrywer van Die Boodskap, sê: ‘Die woorde wat op die bladsye van my Bybel gedruk is, getuig van die lewende en aktiewe openbaring van die God van skepping en redding, die God van liefde wat die Woord geword het, wat vlees geword het in Jesus. Ek beter dit nie vergeet nie. As ek in die lees van my Bybel voeling hiermee verloor, as ek versuim om na hierdie lewende Jesus te luister, my aan sy soewereiniteit te onderwerp en op sy liefde te reageer, word ek arrogant in my wete en onpersoonlik in my gedrag. ‘n Enorme hoeveelheid skade word in die naam van Christenskap aangerig deur mense wat nie hulle Bybel op die regte manier lees nie.’

Dis nie genoeg om daagliks die Bybel te lees nie, jy moet ook aanhoudend die beginsels daarvan uitoefen. Die Psalmdigter skryf: ‘Hoe lief het ek u gebooie! Ek oordink dit die hele dag. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, want dit is gedurig by my. Ek het meer insig as my leermeesters, want ek oordink u waarskuwings. Ek het meer begrip as ouer mense, want ek lewe volgens u bevele. Verkeerde paaie het ek vermy, sodat ek u woord kan gehoorsaam. Ek het nie afgewyk van u bepalings nie, want U het my dit geleer. Hoe aangenaam is u woorde vir my; soeter as heuning in my mond. Deur u bevele kry ek insig; daarom haat ek elke valse pad. U woord is ‘n lamp vir my voete en ‘n lig op my pad’ (Psalm 119:97-105 NLV).

Die Bybel word ‘n lewende Woord, wanneer jy besluit om elke dag volgens sy beginsels en voorskrifte te lewe.

Sielskos: Hand 20-21; Mark 5:1-10; Ps 144:1-8; Spr 11:10-11

Live the living Word


Psalm 119:100 NKJV

Bible expositor Eugene Peterson, author of The Message, says: “The words printed on the pages of my Bible give witness to the living and active revelation of the God of creation and salvation, the God of love who became the Word made flesh in Jesus, and I had better not forget it. If in my Bible reading I lose touch with this livingness, if I fail to listen to this living Jesus, submit to His sovereignty and respond to His love, I become arrogant in my knowing and impersonal in my behavior. An enormous amount of damage is done in the name of Christian living by bad Bible reading. Caveat lector, ‘let the reader beware.'”

It’s not enough to read God’s Word daily, you must practice its principles consistently. The psalmist writes: “Oh, how I love Your law! It is my meditation all the day. You, through Your commandments, make me wiser than my enemies… I have more understanding than all my teachers, for Your testimonies are my meditation. I understand more than the ancients, because I keep Your precepts. I have restrained my feet from every evil way, that I may keep Your word. I have not departed from Your judgments, for You Yourself have taught me. How sweet are Your words to my taste, sweeter than honey to my mouth! Through Your precepts I get understanding; therefore I hate every false way. Your word is a lamp to my feet and a light to my path” (Psalm 119:97-105 NKJV).

The Bible becomes a living word, when you decide to live according to its principles and precepts each day.

Soul food: Acts 20-21; Mark 5:1-10; Ps 144:1-8; Prov 11:10-11

Neem tyd om jou te verwonder en God te aanbid

2024-04-26
Genesis 1:31 NLV

Die eerste reaksie wat in die Skrif opgeteken is, is God se reaksie op sy eie skepping. Hy het aan die einde van elke dag teruggetree, gekyk na wat Hy gemaak het, en gesê: ‘Dit is goed.’ Op die sesde dag toe die skepping voltooi was, het Hy gesê dat dit goed in elke opsig is. Dis hoekom ons so geestelik voel wanneer ons na die sonsondergang oor die oseaan of die piek van ‘n majestueuse berg kyk.

Thomas Carlyle het gesê: ‘Aanbidding is die oortreffing van verwondering. Verwondering met geen beperking of maat nie; dis aanbidding.’ Dis om in verwondering voor die Skepper en sy skepping te staan. Dis om die skoonheid van die skepping in aanbidding van die Skepper te vertaal. Dis om God vir sy beeldskone sonsopkoms en skitterende sterre en unieke sneeuvlokkies te dank. Dis om krediet te gee waar krediet verskuldig is – aan die Skepper. Die Psalmdigter het dit in hierdie woorde vasgevang: ‘Die hemele verkondig die heerlikheid van God…’ (Psalm 19:1 NLV). Sulke verwondering is ook ‘n daad van aanbidding.

Een pastoor skryf: ‘Die sonsopkoms is so konsekwent dat ons dit as vanselfsprekend aanvaar, maar min dinge is so wonderbaarlik soos die hemelse dans wat daagliks plaasvind. Die aarde draai om sy as teen ‘n spoed van 1 000 myl per uur. Behalwe dat die aarde elke vier-en-twintig uur 360 grade om sy as draai, jaag dit ook deur die ruimte teen die ondenkbare spoed van 67 000 myl per uur. Jy het dalk geen groot planne vir vandag nie, maar jy sal 1,6 miljoen myl om die son aflê. Dis nogal ‘n prestasie!’ Neem dus die tyd om jouself te verwonder en God te aanbid.

Sielskos: Hand 18-19; Mark 4:35-41; Ps 7:10-17; Spr 11:7-9

Take time to wonder and worship


Genesis 1:31 NKJV

The first reaction recorded in Scripture is God’s reaction to His own creation. He stepped back at the end of each day, looked at what He had made, and said, “It’s good.” Then on the sixth day when creation was complete, He said, “It’s very good.” This is why we feel so spiritual when we watch an ocean sunset or the towering summit of a mountain.

Thomas Carlyle said, “Worship is transcendent wonder. Wonder for which there is no limit or measure; that is worship.” It’s standing in amazement of the Creator and His creation. It’s translating the beauty of creation into worship of the Creator. It’s thanking God for splendid sunrises and dazzling stars and unique snowflakes. It’s giving credit where credit is due – to the Creator. The psalmist captured it in the words: “The heavens declare the glory of God” (Psalm 19:1 KJV). The musical group U2 captured it in the words of their hit song “Beautiful Day.” Such wonder is also an act of worship.

One pastor writes: “The sunrise is so consistent that we take it for granted, but few things are as miraculous as the celestial dance that takes place on a daily basis. The earth spins on its axis at a speed of 1,000 mph. And while [it] rotates 360 degrees on its axis every twenty-four hours, it is also hurtling through space at the unimaginable speed of 67,000 mph. You may not have any big plans for today, but you will travel 1.6 million miles in your annual lap around the sun. Quite an accomplishment!” So, take time to wonder and worship God.

Soul food: Acts 18-19; Mark 4:35-41; Ps 7:10-17; Prov 11:7-9