Probeer God uit

2018-08-29
Handelinge 2:38 NLV

‘n Plakkaat op ‘n kerk se kennisgewing bord het gelui: ‘Probeer God uit vir ‘n Week.’ Die idee was eenvoudig genoeg: As jy Hom vir ‘n week uitprobeer en nie van die resultate hou nie, kan jy weer na jou ou lewe toe terugkeer. Petrus het nie die skare op Pinkster aangesê om God vir ‘n week uit te probeer nie. Hy het gepreek, ‘…Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang. Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep’ (verse 38-39 NLV). ‘n Vis probeer nie uit die water kom nie; hy het water nodig om te oorleef. ‘n Plant probeer nie uit die grond kom nie; dit het grond nodig om te groei. Net so probeer jy nie van God wegkom nie; jy het God nodig omdat daar ‘n leemte binne-in jou is wat net Hy kan vul. Hy wil egter nie net in jou lewe inkom nie; Hy wil jou lewe oorneem! ‘Maar ek sukkel met sekere swakpunte,’ sê jy. Die waarheid is dat ons almal met sekere neigings gebore word; sommige is net meer sigbaar as ander. Dis hoekom elkeen van ons ‘…van bo gebore…’ (Johannes 3:3 NLV) moet word. Soos Jesus aan Nikodemus verduidelik het, alhoewel hy ‘n natuurlike geboorte gehad het, het hy ook ‘n geestelike geboorte nodig gehad. Verlossing en die waarborg van die hemel vind onmiddellik plaas; al wat jy moet doen is om jou vertroue in Christus te plaas. Om jouself aan die heerskappy van Jesus onderdanig te maak, is ‘n projek waaraan jy van die nuwe geboorte, tot die Nuwe Jerusalem, sal moet werk.

Sielskos: 2 Kro 32-34; Luk 18:1-17; Ps 119:145-160; Spr 22:14-16

Change can begin with you

2018-08-28
Judges 6:26 NKJV

The story’s told of a family that wanted to have its history chronicled, so they hired a professional biographer. There was just one problem. They were worried about Uncle George, the black sheep of the family who had been executed in the electric chair for committing several murders. “No problem,” said the biographer. “I’ll simply say Uncle George occupied a chair of applied electronics at an important government institution; that he was attached to his position by the strongest ties, and that his death came as a real shock.” Seriously: When it comes to your upbringing and family tree, sometimes you can’t do better than learn from it! But by God’s grace you can do a lot about your future. Your parents may have stumbled in spiritual blindness, but you can walk in the light of God’s Word – and take your family with you. Gideon, an Old Testament hero, grew up in a family of idol-worshippers. It was a cultural thing; everybody did it. But God had plans for Gideon, so the angel of the Lord visited him one day and said, “Tear down the altar of Baal that your father has…and build an altar to the Lord your God” (vv. 25-26 NKJV). Now, that wasn’t an easy thing for Gideon to do because by nature he was a fearful person. And when he stepped out in faith to obey God, the townsfolk wanted to kill him. But because Gideon said yes to God, he ended up changing his entire family. So the word for you today is: Change in your family can begin with you. Indeed, if not you – then who?

Soul food: 2 Chr 29-31; Luke 17:20-37; Ps 119:137-144; Prov 22:11-13

Verandering kan by jou begin


Rigters 6:26 NLV

Daar is ‘n verhaal van ‘n familie wat ‘n professionele biograaf gehuur het om hulle familiegeskiedenis op te teken. Daar was egter net een probleem. Hulle was bekommerd oor oom George, die swartskaap van die familie wat in die elektriese stoel vir ‘n string moorde tereggestel is. ‘Geen probleem,’ het die biograaf gesê. ‘Ek sal eenvoudig sê dat oom George in die voorsitterstoel van toegepaste elektronika by ‘n belangrike regeringsinstelling was; dat hy aan sy posisie toegewyd was en dat sy dood as ‘n skok gekom het.’ Op ‘n ernstiger noot, wanneer dit by jou opvoeding en familieboom kom, kan jy soms nie veel beter doen as om daaruit te leer nie! Deur God se genade kan jy egter baie aan jou toekoms doen. Jou ouers mag dalk in geestelike blindheid voortgestruikel het, maar jy kan in die lig van God se Woord stap – en jou familie saam met jou neem. Gideon, ‘n held van die Ou Testament, het in ‘n familie van afgodsdienaars grootgeword. Dit was ‘n kulturele ding; almal het dit gedoen. God het egter planne vir Gideon gehad, dus het die engel van die Here hom een dag besoek en gesê, ‘…Breek jou pa se altaar vir Baäl af… Kom bou dan ‘n stewige altaar vir die Here jou God…’ (verse 25-26 NLV). Dit was nie ‘n maklike ding vir Gideon om te doen nie, want hy was van nature ‘n bang persoon. Toe hy in geloof opgetree het om God te gehoorsaam, wou die dorpsinwoners hom doodmaak. Omdat Gideon egter aan God gehoorsaam was, het hy op die ou einde sy hele familie verander. Die woord vir jou vandag is dus: Verandering in jou familie kan by jou begin. As dit nie by jou begin nie, by wie sal dit dan begin?

Sielskos: 2 Kro 29-31; Luk 17:20-37; Ps 119:137-144; Spr 22:11-13

God will protect you

2018-08-27
Daniel 6:27 NLT

One Bible teacher writes: “There have been times when I wanted God to rescue me from certain pits, but He didn’t. Why? Because He wanted me to learn that His grace was sufficient in the pit. The question is never, ‘What will God do when all around me spells destruction?’ The question is, ‘What will I do?’ I may not be able to conquer the lions, but I don’t have to – that’s God’s job. Daniel said, ‘My God sent his angel, and…shut the mouths of the lions…because I was found innocent in his sight’ (v. 22 NIV). I may not be able to stop legislation from being enacted against me, but like Daniel, I can call on my God. ‘He prayed three times a day’ (v. 10 NLT). Stop exhausting yourself fighting the Enemy and the conditions around you; they are too many. Just lean on God and be innocent of the charges made by those who are jealous or afraid because of your position with God and man. God didn’t rescue Daniel from the pit; He delivered him from the power of the enemy while he was in the pit. The lions were still there when Daniel left, waiting for their next victim. But they had no power over him – and as a redeemed child of God they have no power over you either. Daniel went on to prosper in the kingdom, and that’s what God plans for you too.” The Bible tells us, “He rescues and saves his people…He…rescued Daniel from the power of the lions.” When you walk with God you can count on Him to protect you.

Soul food: 2 Chr 25-28; Luke 17:11-19; Ps 119:129-136; Prov 22:8-10

God sal jou beskerm


Daniël 6:28 NLV

Een Bybelonderwyser skryf: ‘Daar was tye wat ek wou gehad het dat God my uit sekere putte moes red, maar Hy het nie. Hoekom nie? Omdat Hy wou gehad het dat ek moes leer dat sy genade in die put genoeg is. Die vraag is nooit, ‘Wat sal God doen wanneer alles om my lyk of dit vernietig gaan word nie?’ Die vraag is, ‘Wat sal ek doen?’ Ek mag dalk nie die leeus kan oorwin nie, maar ek hoef nie – dis God se werk. Daniël het gesê, ‘My God het sy boodskapper gestuur. Hy het die leeus se bekke toegesluit… want ek het niks verkeerd… gedoen nie…’ (vers 23 NLV). Ek mag dalk nie kan keer dat iemand my hof toe sleep nie, maar soos Daniël, kan ek ‘n beroep op my God doen. ‘…Hy het daar drie maal ‘n dag op sy knieë gegaan om vir sy God te bid en Hom te loof…’ (vers 11 NLV). Hou op om jouself moeg te maak deur teen die Vyand en jou omstandighede te baklei; dis te veel. Steun net op God en wees onskuldig op die aanklagte wat deur diegene wat bang of jaloers is op jou posisie met God en mense, teen jou maak. God het nie Daniël uit die put gered nie; Hy het hom uit die mag van die vyand gered terwyl hy in die put was. Die leeus was steeds daar toe Daniël uit die put gehaal is, in afwagting op hulle volgende slagoffer. Hulle het egter geen mag oor hom gehad nie – en as ‘n verloste kind van God het hulle ook geen mag oor jou nie.’ Wanneer jy saam met God stap, kan jy daarop staatmaak dat Hy jou sal beskerm.

Sielskos: 2 Kro 25-28; Luk 17:11-19; Ps 119:129-136; Spr 22:8-10