Lei jou gedagtes weer op
2020-05-07Spreuke 16:23 DB
Die gedagtepatrone wat jy gevestig het, plaas jou op ‘autopilot.’ Dit beteken dat wanneer spesifieke situasies voorkom, jy geprogrammeer is om op ‘n sekere manier te reageer. Soms is dit ‘n goeie ding, soos om outomaties jouself van gevaar te distansieer. Ander kere, moet jy jou gevestigde gedagtepatrone onderbreek en jou gedagtes keer om in die verkeerde rigting te beweeg. Jy kan, byvoorbeeld, dit al vir jare lank vrees om Kersfees saam met jou familie deur te bring. Hierdie jaar kan jy egter kies om te dink: ‘Dis nie my gunstelingaktiwiteit nie, maar ek gaan vir iets goeds in elkeen van my familielede uitkyk.’ Of miskien het jy in die gewoonte verval om te kla en oorweldig te voel wanneer jy jou rekeninge aan die einde van die maand ontvang. Jy kan eerder kies om te dink: ‘Ek gaan soveel as moontlik hieraan afbetaal en bietjie vir bietjie sal ek uit die skuld kom.’ Miskien hou jy nie van jou werk, jou baas of jou kollegas nie. Indien dit die geval is, het jy ‘n keuse. Jy kan negatief en krities wees, of jy kan sĂȘ: ‘Ek is bly ek het ‘n werk; baie mense het nie een nie. Ek gaan elke dag my bes doen en glo dat God vir my guns by my baas sal gee. My werksomgewing is dalk nie ideaal nie, maar ek sal my deel doen om dit vir myself en die mense rondom my, aangenaam te maak.’ In plaas van om op jou eerste gedagtes te reageer, lei jou gedagtes – een gedagte op ‘n keer – op om anders te dink. Dit sal ‘n bietjie werk verg, maar wanneer jy God se gedagtes dink, help Hy jou om alles te bereik wat jy moet bereik.
Sielskos: Num 14-15; Mark 7:1-13; Ps 37:32-40; Spr 11:7-8