Hou op om die ergste te sien

2020-10-16
Matteus 6:31 NLV

Maak nie saak wat in die lewe gebeur nie, probeer om dinge in perspektief te hou. Doen jou bes om dinge te sien soos hulle waarlik is en moenie hulle uit proporsie blaas nie. Ontwikkel die gewoonte om na die groter prentjie te kyk, in plaas daarvan om op die een kwessie wat jou ontstel, vas te haak. Deur aanhoudend aan jou probleme te dink, lyk hulle groter as wat hulle regtig is.

Wanneer jy voor ‘n situasie te staan kom wat jou ontstel, moet jy eers die paniek hanteer voor jy die probleem kan hanteer. Gaan sit stil, kalmeer jouself en neem die tyd om spesifiek aan die goeie dinge wat jy geniet, te dink.

Die waarheid is dat bekommernis nooit weggaan nie. Wanneer jy een kwessie oplos, wag ‘n ander een om sy plek in te neem. Wat moet jy dus doen? Verander jou perspektief! In plaas daarvan om op jou bekommernisse te fokus, moet jy God in die situasie inbring. Het Hy jou al ooit gefaal? Nee, en Hy sal ook nooit! Die genade van God wat jou onderhou het en jou deur die vorige moeilike situasie gebring het, sal met jou in hierdie een – en die volgende een! – wees.

Let op wat Jesus oor die dinge wat ons die meeste bekommer, gesĂȘ het: ‘Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie… Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as ‘n bonus byvoeg’ (verse 31-33 NLV).

Sielskos: 2 Sam 12:1-14:20; Joh 4:13-26; Ps 32; Spr 23:29-35