Hoe om jouself te beskerm wanneer jy eensaam is
2021-09-26Psalm 25:16 NLV
Dawid, wat owerspel met ‘n ander man se vrou gepleeg het, het gebid: ‘Draai u gesig na my en bewys genade aan my, want ek is alleen en in diepe nood. Die kwellinge van my gedagtes word al meer. Verlos my tog uit hierdie ellende!.. Kyk hoeveel vyande is teen my, hoe hulle my haat met venyn! Beskerm my en red my! Bewaar my van vernedering, want ek vertrou op U. Mag opregtheid en eerlikheid my beskerm, want ek wag op U’ (verse 16-21 NLV). Hoe kan jy jouself in areas waar jy weerloos is, beskerm?
1) Deur naby aan God te bly. Wanneer jy eensaam is, maak dit nie sin om jouself van God af te sonder nie. Dit verhoog net jou blootstelling aan dinge soos ontrouheid, pornografie, dwelms en alkohol.
2) Deur nie meer weg te kruip nie. Raak betrokke by ‘n aspek in die bediening. Wees gewillig om meer toeganklik te wees, deur ander mense te leer ken en hulle toe te laat om jou te leer ken. Wanneer jy tyd met mense bestee wat waarlik vir jou omgee, hou eensaamheid op om so ‘n groot kwessie te wees.
3) Deur die fokus van jouself af te neem. Winston Churchill het gesĂȘ: ‘Ons maak ‘n bestaan deur dit wat ons kry, maar ons maak ‘n lewe deur dit wat ons gee.’ Oorwinning vind plaas wanneer jy na mense in nood uitreik; jouself vir hulle gee, vir hulle bid, vir hulle lief is en hulle dien.
4) Deur diegene te vergewe wat jou seergemaak het. Wanneer jy jouself isoleer nadat jy seergekry het, lei dit net tot bitterheid. Vergewe, gee dit aan God oor, laat Hom toe om jou oortreder te hanteer – en gaan met jou lewe aan.
Sielskos: Gen 24:1-51; 2 Kor 6:14-7:1