Fokus op dit wat saak maak
2020-03-27Filippense 3:14 NLV
‘n Deel van Paulus se sukses kan toegeskryf word aan die feit dat hy so gefokus was. ‘Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee…’ Fokus kan energie en krag aan amper enigiets gee, of dit nou geestelik, emosioneel of fisies is. Die sosioloog, Robert Lynd, het opgemerk dat ‘kennis slegs mag is, indien ‘n mens weet aan watter feite nie aandag gegee moet word nie nie.’ Die geboorte van ‘n potensiĆ«le deurbraak is dikwels die gevolg wanneer jy verskeie goeie idees met mense deel. Om idees egter na die volgende vlak te neem, moet jou gedagtes minder uitgestrek en meer selektief wees. ‘n Goeie idee word ‘n uitstekende idee wanneer jy die tyd neem om daarop te fokus. Dit mag dalk frustrerend wees om vir ‘n lang tyd op een idee te fokus, maar jou volharding sal vrugte afwerp. Die brein sal nie fokus totdat dit ‘n doelwit het nie. Die doel van jou doelwitte is egter om jou aandag te fokus en rigting te gee, nie om ‘n finale bestemming te identifiseer nie. Soos jy oor jou doelwitte dink, moet jy seker maak dat hulle: 1) duidelik genoeg is om in fokus te bly; 2) naby genoeg is om bereik te kan word; 3) nuttig genoeg is om lewens te verander. Hierdie drie riglyne sal jou aan die gang sit. Maak seker dat jy jou doelwitte neerskryf. As jy hulle nie neerskryf nie, kan jy amper gewaarborg wees dat hulle nie genoeg gefokus is nie. As jy waarlik wil seker maak dat hulle gefokus is, neem die raad van David Belasco aan: ‘As jy nie jou idee op die agterkant van my besigheidskaartjie kan neerskryf nie, is jou idee nie duidelik genoeg nie.’
Sielskos: Job 29-31; Matt 26:1-13; Ps 69:1-18; Spr 8:27-29