Dra altyd ‘n boek met jou saam

2020-10-19
1 Timoteus 4:13 NLV

Wat jy lees en bestudeer, is wat jy word. Wanneer jy die regte boeke met jou saamdra, onderhou jy ‘n aanhoudende vloed van waarheid en informasie na jou hart en gedagtes toe.

1) Lees ontmoedig onproduktiewe gesprekke. Jy moet altyd gereed wees om jou geloof te deel en ander mense te dien. Het jy egter al ooit langs iemand gesit wat nie wou ophou praat nie? Baie keer het mense wat daarvan hou om te praat, nie regtig iets beduidends om te sĂȘ nie. Hulle praat net om stilte te vermy, maar wanneer jy ‘n boek beskikbaar het, los dit daardie probleem op.

2) Maak ‘n lys van boeke wat jy elke maand wil lees. Dit voorkom onwyse keuses in oomblikke van verveeldheid, versoeking of moegheid. Kies aan die begin van die jaar twee-en-vyftig boeke wat jy teen die einde van die jaar wil lees – een per week.

3) Dra boeke saam wanneer jy reis. Wanneer jy weg van jou besige skedule is, kan jy droom, fokus en beplan.

Toe hy Timoteus gementor het, het Paulus geskryf: ‘…konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig. Moenie die geestelike gawe verwaarloos wat jy ontvang het… nie. Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien’ (verse 13-15 NLV).

Die eerste boek wat jy moet lees is die Bybel – en dis ook die een wat jy die meeste moet lees. Lees egter ander boeke ook, omdat God die bron van alle ware wysheid en kennis is. Om Salomo aan te haal: ‘Die verstandige ding om te doen, is om eers te bekom… Stel dit hoog op prys en dit sal aan jou eer gee’ (Spreuke 4:7-8 NLV).

Sielskos: 2 Sam 17:14-19:43; Joh 4:39-54; Ps 41; Spr 24:5-6