Beweeg van mislukking tot sukses (3)

2024-02-08
Psalm 3:3 NLV

‘n Christelike leier skryf: ‘Oliver Goldsmith was die seun van ‘n arm prediker in Ierland in die 1700’s. Hy was hy nie ‘n wonderlike student in sy kinderjare nie. Sy onderwyser het hom inderwaarheid ‘n ‘domkop’ genoem. Hy het ‘n universiteitsgraad behaal, maar het heel laaste in sy klas gestaan. Hy was onseker oor wat hy met sy lewe wou doen. Eers het hy probeer om ‘n prediker te wees, maar dit het hom nie gepas nie. Toe het hy die regte oorweeg, maar daarin misluk. Toe het hy op medies besluit, maar hy was ‘n onverskillige dokter en nie passievol oor sy beroep nie. Hy het verskeie poste net tydelik beklee.

Goldsmith het in armoede geleef, was dikwels siek en moes selfs sy klere verpand om kos te kan koop. Dit het gelyk of hy nooit sy weg sou vind nie. Toe het hy egter ‘n belangstelling en aanleg vir skryf en vertaling ontdek. Aanvanklik het hy as resensent en skrywer gewerk. Toe begin hy egter werke oor onderwerpe waarin hy belanggestel het, skryf. Hy het sy reputasie as romanskrywer met The Vicar of Wakefield, as digter met The Deserted Village, en as dramaturg met She Stoops to Conquer, verseker.’

Goldsmith se verhaal klink baie soos die Psalmdigter Dawid s’n – en dalk ook soos joune: ‘So baie sĂȘ: ‘God sal hom nooit red nie! Maar U, Here, is ‘n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op’ (verse 3-4 NLV). Jy mag dalk vandag soos ‘n mislukking voel, maar God sal jou ophef as jy na Hom toe draai en saam met sy plan vir jou lewe werk.

Sielskos: Num 27-29; Matt 12:15-21; Ps 67; Spr 4:1-2