2026-05-04
1 Kings 3:9 NKJV
Nearly all key relationships in your life can be broken down into three categories: confidants, constituents, and comrades. Let’s look at each.
(1) Confidants. These are the people whose relationships with you are lifelong. They love you unconditionally, stand by you, and have your back in good times and bad. Your best interest is their number one priority. They never seek to use what they know about you for their own gain or throw your secrets back in your face. Paul said concerning Timothy: “I have no one like-minded, who will sincerely care for your state. For all seek their own, not the things which are of Christ Jesus. But you know his proven character” (Philippians 2:20-22 NKJV).
(2) Constituents. These people share the same goals, values, and principles you have, but they aren’t always there for you. But having constituents in your life is important. They contribute energy, passion, and enthusiasm. And you can work with them to accomplish common goals and build bridges. Just be sure not to expect constituents to have the loyalty of confidants. They are with you for a reason and a season, and then they move on.
(3) Comrades. These are the people who are attracted to you because of what they are against. They may not get to know you, or even like you, but on the field of battle, they join you as soldiers to defeat a common enemy. Once the fight is over, the relationship ends or at least cools. Your only bond is your common enemy.
So, get to know who’s in your life: confidants, constituents, and comrades.
Soul food: Deut 8-10; Matt 7:1-14; Ps 37:16-24; Prov 11:30-31
2026-05-03
Handelinge 20:27 NLV
Meer as honderd jaar gelede het William Booth, die stigter van die Heilsleër, profeties gesê: ‘Die grootste gevaar wat die komende eeu in die gesig staar, sal godsdiens sonder die Heilige Gees, Christendom sonder Christus, vergifnis sonder bekering, verlossing sonder wedergeboorte, politiek sonder God en die hemel sonder die hel wees.’ Dit is vandag net so waar as wat dit toe was.
Paulus het die leiers van die kerk in Efese vermaan om ‘…die volle plan van God…’ ter harte te neem. Hy het gesê: ‘Pas julleself op en die hele kudde oor wie die Heilige Gees julle as ouderlinge aangestel het. Julle moet as herders die kerk van God versorg, dié kerk wat Hy vir Hom verkry het deurdat sy eie Seun gesterf het. Self weet ek dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie spaar nie. Selfs uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat, deur verdraaide dinge te verkondig, die gelowiges sal probeer verlei om hulle te volg. Daarom: Wakkerloop! Onthou dat ek vir drie jaar lank sonder ophou vir elkeen van julle die regte koers aangedui het, dag en nag, met trane’ (verse 28-31 NLV).
Op die vooraand van sy teregstelling het Paulus die aflosstokkie aan sy opvolger Timoteus met hierdie woorde oorhandig: ‘Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig. Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie… Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg. Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou… Voltooi die bediening wat God jou gegee het’ (2 Timoteus 4:2-5 NLV).
Sielskos: Gen 1:1-2:3; Joh 1:1-18
2026-05-02
Jakobus 3:6 NLV
Die Bybel sê: ‘…’n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur…’ (verse 5-6 NLV). Mense wat in ‘n warm klimaat woon, ken die gevaar van verwoestende bosbrande wat deur woestynwinde aangedryf word. ‘n Enkele vonk van ‘n vuurhoutjie het al baie verwoestende brande begin. Hierdie soort vuur versprei vinniger en verder as wat ons ooit kan dink, vernietig huise en besighede ter waarde van miljoene rande en laat ‘n verskroeide landskap en verwoeste lewens agter.
Hoeveel reputasies is al deur so ‘n sorgelose woord verwoes? Die impak van ons woorde versprei wyd en vinnig, veral in hierdie digitale era waarin ons leef. ‘n Woord wat getwiet word, kan binne sekondes oor die hele wêreld hertwiet word. Soos ‘n vuur, kan daardie woord buite beheer raak en onherstelbare skade aanrig. Daarom het Jakobus geskryf: ‘…geen mens kan die tong tem nie’ (vers 8 NLV).
God kan dit egter doen. ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV). Die Heilige Gees kan ‘n tong wat skinderstories versprei in een wat God verheerlik, verander. Hy kan ‘n tong wat bitterheid spoeg neem en dit in een wat seën spreek, verander.
Om te skinder is om iets agter iemand se rug te sê wat jy nooit in daardie persoon se gesig sou sê nie. Om te vlei is om iets in iemand se gesig te sê wat jy nooit agter daardie persoon se rug sou sê nie. Albei is egter verkeerd. Laat ons dus saam met die Psalmdigter bid: ‘Mag die woorde van my mond… vir U aanneemlik wees…’ (Psalm 19:15 NLV).
Sielskos: Deut 5-7; Matt 6:19-34; Ps 37:8-15; Spr 11:27-29
2026-05-01
Jakobus 3:2 NLV
Die Bybel sê: ‘Ons maak almal baie foute. Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan jou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. Net met ‘n stang in sy bek kan ons ‘n hele perd draai en laat koers kry waarheen ons wil’ (verse 2-3 NLV). As jy al ooit ‘n perd opgesaal het, weet jy dat die toom wat oor die perd se kop gepas word, ‘n stang het wat in sy bek gaan en bo-op sy tong lê. Wanneer die ruiter wil hê die perd moet stop, trek hy die teuels terug en die stang druk die perd se tong af. Die ruiter wat die perd se tong beheer, kan eintlik die perd se hele liggaam beheer – hom na regs of links stuur en dit tot stilstand, met ‘n eenvoudige trek aan die teuels, bring.
Net so moet jou tong onder die beheer van die Heilige Gees wees. Hoe hard jy ook al probeer, jy kan nie jou tong deur jou eie inspanning beheer nie. Het jy al dinge gesê wat jy wens jy kon terugneem? Het jy al probleme vir jouself en ander veroorsaak deur die dinge wat jy gesê het? Het jy al dinge gesê wat jy, as jy daarop terugkyk, nie kan glo dat dit uit jou mond gekom het nie?
Die probleem is dat wat jy sê nie in jou mond ontstaan nie, maar in jou hart: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (Matteus 12:34 NLV). Jy moet dus met die Gees vervul wees en ‘n hart hê wat daartoe verbind is om God se wil in elke omstandigheid te doen, om ‘n tong te hê wat deur die Gees beheer word.
Sielskos: Deut 3-4; Matt 6:1-18; Ps 37:1-7; Spr 11:24-26
2026-04-30
Matteus 18:21 ABA
Daar is ‘n gesegde in bofbal wat lui: ‘Three strikes and you’re out!’ Ons is geneig om die lewe op dieselfde manier te speel. Ons gee mense twee of drie kanse, maar niks meer nie. God gee egter nooit moed op met ons nie. Dit is nie in sy aard nie. Toe Petrus vir Jesus gevra het hoeveel keer hy sy medegelowiges moes vergewe, het Jesus die goue standaard gestel. ‘…Ek sê vir jou: Jy moet hom nie net sewe maal vergewe nie, maar sewentig maal sewe maal’ (vers 22 ABA).
Jesus vertel dan die gelykenis van ‘n koning wat sy dienaar se skuld van tienduisend talente kwytgeskeld het. Een talent het altesaam 180 maande se lone beloop – dis vyftien jaar se lone! En dis net vir een talent. ‘n Skuld van 10 000 talente sou dus altesaam 150 000 jaar se lone beloop. Met vandag se gemiddelde lewensverwagting sou dit sy dienaar 2 232 leeftye geneem het om die skuld af te betaal. Natuurlik was die gemiddelde lewensverwagting in die eerste eeu minder as die helfte van wat dit nou is, so dit sou twee keer soveel leeftye geneem het om die skuld af te betaal.
Kom ons sit nou hierdie skuld in rande om. Deur ‘n minimumloon van R28.79 te gebruik, kan ons aanneem dat ‘n gemiddelde persoon Maandag tot Vrydag, van nege tot vyf werk. Dis ‘n jaarlikse inkomste van R67 638.60. Dit lyk dalk nie na veel nie, maar as jy dit met 150,000 jaar vermenigvuldig, is dit altesaam R10,105,290,000 (drie kommas beteken miljarde).
Die wonderlike waarheid is dat op grond van wat Christus aan die kruis bereik het, is jou sondeskuld – verlede, hede en toekoms – ten volle betaal. Dis ‘n waarheid waarin jy vertroue kan hê en waarop jy kan staan.
Sielskos: Deut 1-2; Matt 5:38-48; Ps 2; Spr 11:22-23
2026-04-29
2 Korintiërs 1:9 ABA
‘n Groep mans het op ‘n sendingreis na Haïti gegaan waar hulle ‘n negentienjarige jongman ontmoet het wat Christus diep liefgehad het. Hulle het hom genooi om hulle in Amerika te besoek en vir sy reis betaal. Die jong Haïtiaan het gevoel asof hy in ‘n ander wêreld beland het. Hy het nog nooit tussen lakens geslaap, drie maaltye per dag gehad, binnenshuise loodgieterswerk gebruik of ‘n hamburger geproe nie. Toe dit tyd was om na Haïti terug te keer, het hulle hom oor sy indrukke en alles wat hy ervaar het, uitgevra. Hy het geantwoord: ‘Ek het my tyd hier saam met julle baie geniet. Maar ek is ook baie bly om huis toe te gaan. Julle het soveel luukshede in Amerika dat ek my greep op my daaglikse afhanklikheid van Christus begin verloor het.’
Paulus vertel van ‘n tyd van swaarkry in die provinsie Asië waarin hy begin moed verloor en oorweldig gevoel het (sien 2 Korintiërs 1:8). Hy skryf egter verder: ‘…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…’ (vers 9 ABA). God wil jou ook op daardie plek bring. Ja, Hy wil hê dat jy die gawes en hulpbronne wat Hy voorsien het moet gebruik, maar sy begeerte is dat jy ten volle op Hom sal staatmaak. Slegs dan kan Hy alles voorsien wat Hy begeer om vir jou te gee, want dan sal jy ontvanklik, gereed en volwasse genoeg wees om dit te ontvang.
‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jouself oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is’ (Spreuke 3:5-7 NLV).
Sielskos: Hand 27-28; Matt 5:27-37; Ps 35; Spr 11:19-21