Moenie aan wanhoop toegee nie
2020-05-29Jakobus 1:2 NLV
Wanneer ons teenspoed in die lewe en in ons verhoudings ervaar, wat onvermydelik sal gebeur, is dit maklik om aan wanhoop toe te gee. Eerstens, word ons deur ‘n gebeurtenis of verhouding teleurgestel. Terwyl die teleurstelling nog in ons harte en gedagtes talm, gee ons onsself oor aan ontmoediging en gee ons op op ons verwagting dat dinge sal verander. Laastens, soos ons voel dat dit onmoontlik is om die teenspoed te oorkom, gee ons ons oor aan wanhoop. Ons voel magteloos en hopeloos en kan nie ‘n pad vorentoe sien nie. In plaas daarvan om ons lewensresies te hardloop, voel dit of ons onderwater in ‘n see van jellie swem. Dikwels wanneer ons nie ons lewensomstandighede kan verstaan nie, beperk ons ons verwagtings van wie God is en wat Hy kan doen. Ons dink dat daar net een goeie uitkoms is – die een wat ons wil hĂȘ! Ons moet egter eerder op ons hemelse Vader vertrou, omdat Hy dalk groter en beter dinge vir ons in gedagte het. Ons moet probeer om sy werk in enige teenspoed wat oor ons pad kom, te sien. Onthou, God se verwagtings is groter as ons eie en slegs ons hemelse Vader en sy doelwitte, maak nie saak hoe pynlik hulle op die oomblik is nie, is in staat om ons siele waarlik te bevredig. Jakobus skryf: ‘My liewe broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ‘n mens se geloof ‘n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie’ (verse 2-4 NLV). Hou hierdie waarheid voorop in jou gedagtes en jy sal nie aan wanhoop toegee nie.
Sielskos: 1 Kon 8-9; Mark 12:28-44; Ps 113; Spr 12:15-17