Hy het dit met jou in gedagte, gedoen

2022-04-15
Matteus 27:29 NLV

Die gesangeskrywer Isaac Watts het geskryf: ‘See from His head, His hands, His feet, sorrow and love flow mingled down. Did e’re such love and sorrow meet, or thorns compose so rich a crown?’ Jesus het ‘n doringkroon gedra sodat jy ‘n kroon van heerlikheid kan dra. In die Skrif, verteenwoordig dorings sonde. Toe Adam en Eva ongehoorsaam was, het God gesĂȘ: ‘…Daarom vervloek Ek die grond… Dit sal vir jou dorings… oplewer…’ (Genesis 3:17-18 NLV). Later het Hy vir Israel gesĂȘ dat tensy hulle hulle vyande uitroei, sal hulle soos ‘…dorings in julle sye wees…’ (Numeri 33:55 NLV). Salomo het gewaarsku: ‘Op ‘n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle…’ (Spreuke 22:5 NLV). Jesus het ook gewaarsku: ‘Julle sal hulle aan hulle optrede uitken, net soos ‘n mens ‘n boom aan sy vrugte kan uitken. ‘n Mens pluk tog nie druiwetrosse van doringbosse af… nie’ (Matteus 7:16 NLV).

‘n Bekende outeur skryf: ‘Die doringkroon wat Jesus gedra het, verteenwoordig al ons sondes. Soos ons in die dorings van afguns, woede, skande, ontmoediging, skuld, bitterheid en onvergifnis vasgevang is, so het Jesus, wat nie sonde geken het nie, ‘n versoeningsoffer geword om ons sondes weg te neem (sien 1 Johannes 4:10). Nie een keer het Christus sy bonatuurlike magte vir persoonlike gemak gebruik nie. Met net ‘n woord kon Hy die harde aarde in ‘n sagte bed getransformeer het, die spoeg van sy aanklaers in hulle gesigte teruggegooi het en die hand van die soldaat wat die doringkroon gevleg het, verlam het. Hy het egter nie. In plaas daarvan, het Hy: ‘…die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit van ons af weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker’ (Kolossense 2:14 NLV).’ En Hy het dit met jou in gedagte gedoen. Ongelooflik!

Sielskos: Gen 22:1-18; Luk 23:26-49; Ps 22; Jes 53