Sê: ‘God is my toevlugsplek’
2022-01-21Psalm 90:1 NLV
Selfs al was die Israeliete God se volk, het hulle ‘…in ‘n dorre land rondgedwaal, in ‘n woesterny; maar die pad na ‘n bewoonde stad kon hulle nie kry nie. Hulle was honger en dors, hulle was heeltemal uitgeput’ (Psalm 107:4-5 NLV). Indien jy vandag so voel, het jou siel dalk ‘n ‘toevlugsplek’ nodig.’n Plek waar daar vrede is, waar dit veilig en koesterend is; ‘n plek waar jy jou sorge, moegheid en frustrasies kan neerlê. Dawid het gesê: ‘Here, ek verlang, ek hunker na u woning. Met my hele wese, liggaam en gees… [na] die lewende God’ (Psalm 84:3 NLV).
Goeie nuus! Jesus wil jou toevlugsplek en jou tuiste wees! Hy het gesê: ‘Julle moet in My bly…’ (Johannes 15:4 AFR83). Jy kan Hom as ‘n noodskuiling sien om in tye van moeilikheid na toe te hardloop, of jy kan in Hom bly. Jy vra: ‘Hoe maak ek Jesus my toevlugsplek?’ Dink daaroor: As iemand vir jou ‘n pragtige huis as geskenk gegee het, hoe sou jy dit benader? Jy sou seker maak dat die gewer ernstig daaroor is, die papierwerk deurgelees het, dan opgepak het, ingetrek het en dit geniet het, nie waar nie?
Jesus is ernstig wanneer Hy jou uitnooi om in Hom te bly. Dus moet jy vandag deur die daad van geloof jou besittings oppak en intrek. God het gesê: ‘My volk sal veilig bly, rustig in hulle huise. Hulle sal vrede hê’ (Jesaja 32:18 NLV). Die Engelse digter, Hartley Coleridge, het hierdie insiggewende woorde oor geloof geskryf: ‘It is an affirmation and an act, that bids eternal truth be present fact.’ Die gesproke Woord van God is magtig! Wanneer jy dus elke oggend opstaan, maak die volgende jou bevestiging of affirmation: ‘God is vandag my toevlugsplek!’
Sielskos: Gen 44-46; Luk 4:31-44; Ps 89:38-52; Spr 3:1-2