Hou jou humeur in toom
2022-01-20Spreuke 14:17 NLV
Wanneer ‘n persoon sy of haar humeur verloor, is een van die algemeenste Engelse uitdrukkings om hulle reaksie te beskryf, ‘flying off the handle.’ Hierdie frase verwys na die kop van ‘n hamer wat loskom van die handvatsel soos jy dit probeer gebruik. Verskeie nare dinge gebeur dan as gevolg daarvan.
1) Die hamer word onbruikbaar. Jou boodskap mag dalk belangrik wees, maar die manier waarop jy dit oordra, bepaal of jy die resultate wat jy wil hê, gaan kry of nie. Eenvoudig gestel, wanneer mense jou nie ernstig opneem nie, kry jy nie die uitkoms waarop jy gehoop het nie.
2) Die hamerkop rig skade aan. Dis heel waarskynlik dat dit alles in sy pad gaan vernietig as hy uit beheer uit vlieg. Woorde wat in woede gespreek word veroorsaak wonde en soms kan daardie wonde ‘n leeftyd duur. Jakobus skryf: ‘My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie’ (Jakobus 1:19-20 NLV).
3) Dit mag dalk lank neem om beide die hamer en die skade te herstel. In sommige gevalle, sal dit eenvoudig nie gedoen kan word nie.
Hier is ‘n paar Skrifgedeeltes om in gedagte te hou, voor jy weer gal afgaan. ‘Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge…’ ‘Moenie kwaad word nie; laat staan liewer jou woede… dit lei net tot jou nadeel’ (Psalm 37:8 NLV). “‘n Verstandige mens hou homself in bedwang. Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien” (Spreuke 19:11 NLV). ‘Moenie gou kwaad word nie; ergenis hoort by dwase’ (Prediker 7:9 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – ‘Don’t fly off the handle.’
Sielskos: Gen 42-43; Luk 4:14-30; Ps 89:15-37; Spr 2:21-22