Moenie in ander mense se sake inmeng nie
2021-07-302 Tessalonisense 3:11 NLV
As jy na enige skinderkoerant of geselsprogram op televisie kyk, sal jy ontdek dat ‘inmenging’ ‘n multi-biljoen dollar industrie geword het. Dis egter nie die tipe besigheid waarmee ‘n volgeling van Christus hom of haar moet bemoei nie. Skoonma’s het soms die reputasie dat hulle inmengerig is, maar hulle besit nie die grootste aandeel in die mark nie. Mans, familielede, kollegas en vriende wat goed bedoel, is ook geneig om in te meng.
Anders as skinderbekke, hou inmengers daarvan om persoonlike inligting direk by hulle teikens te kry. ‘Hoe kan jy so ‘n duur kar bekostig?’ Watse grootte hemp dra jy?’ ‘Hoeveel het jy vir jou huis betaal?’ ‘Hoe lank is jy by die werk afgeboek?’ Dikwels dien hierdie tipe vrae geen ander doel as om ‘n nuuskierige agie te bevredig nie.
Ja, sommige mense wil regtig van hulp wees, of selfs oor jou situasie bid – maar nie inmengers nie. Leer dus om jou nuuskierigheid binne toepaslike perke te hou. Salomo het gesĂȘ: ‘Om in te meng in ander mense se rusie is soos om ‘n kwaai hond sommer aan sy ore te gryp’ (Spreuke 26:17 NLV). ‘n Hond se ore is een van die sensitiefste dele van sy liggaam. As jy ‘n hond se ore trek, sal hy jou dalk byt. Net so kan jou neus dalk afgebyt word as jy hom in sake steek wat jou nie aangaan nie.
God klassifiseer inmenging as ‘n sonde – dieselfde as moord en diefstal. ‘Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy ‘n moordenaar is, of omdat hy ‘n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie’ (1 Petrus 4:15 ABA). Moet dus nie inmeng nie!
Sielskos: Deut 14-17; Luk 10:25-37; Ps 78:32-39; Spr 16:31