Hoekom God met jou stoei
2020-07-14Genesis 32:24 ABA
Hoekom sal God toelaat dat iemand met Hom stoei? Omdat stoei nabye kontak vereis. Jakob was ‘n suksesvolle man met ‘n onafhanklike houding wat gesĂȘ het: ‘Ek het niemand behalwe myself nodig nie.’ Hoe lank sal God met jou stoei? Net vir ‘n beperkte tyd. In Jakob se geval was dit tot dagbreek toe. God het geweet dat indien Jakob nie daardie nag homself aan Hom onderwerp nie, die res van sy lewe verkeerd sou geloop het. Daar is ‘n les wat ons almal hieruit kan leer. Moenie uitstel nie; jou tyd kan dalk onherroeplik verby gaan. Voor jy jou integriteit of jou familie en jou toekoms prysgee, stop eers en besef dat God dinge weet wat jy nie weet nie. Hy weet wanneer die Vyand sy volgende aanval gaan loods, of wanneer die dood jou gaan kom haal. Wanneer Hy met jou stoei, gebeur dit om jou te laat besef dat jy jou lewe vermors, of jou familie afskeep, of om jou te wys dat jy nie die middelpunt van die heelal is nie. Dit kan gebeur om jou aan te moedig om hierdie werk te hou sonder om te bedank, of om by hierdie kerk betrokke te bly, of om in hierdie huwelik te belĂȘ eerder as om tou op te gooi. God sal met jou stoei tot jy ophou verskonings maak en die waarheid in die gesig staar. God gee dit vir jou direk, Hy sal jou nie heuning om die mond smeer nie. Hy sal jou ook nie laat wegkom met sommige van die dinge wat jy in die verlede gedoen het nie! Die feit dat God bereid is om met jou te stoei sodat jy jouself aan Hom onderwerp, beteken dat Hy groot planne vir jou het. Planne wat groter is as wat jy ooit kon uitdink of verbeel. Dis hoekom God met jou stoei.
Sielskos: Jer 51-52; Luk 7:11-23; Ps 118:10-18; Spr 15:31-32