2026-01-21
1 Tessalonisense 5:11 NLV
Om iemand op te bou beteken om hulle te versterk, aan te moedig en te motiveer. Daar is waarskynlik mense in jou lewe wat tans iemand nodig het om seën oor hulle uit te spreek. Jy weet nie hoeveel dit sal beteken wanneer jy hulle jou goedkeuring gee, vir hulle sê dat jy trots is op hulle en dat jy dink hulle groot dinge kan vermag, nie. Almal het iemand nodig wat hulle kan opbou.
Watter tipe sade plant jy dus in jou kinders, in jou man of vrou, in jou vriende? Glo jy in hulle? Het jy dit al vir hulle gesê? Stel jy belang om hulle lewe te probeer verbeter? Het jy na hul drome geluister? Het jy uitgevind wat hulle glo God in hul harte geplaas het? Het jy hulle al verseker dat jy by hulle staan? Dis wat ‘n opbouer doen!
Henry Ford is aan Thomas Edison voorgestel as ‘die man wat probeer om ‘n motor te bou wat op petrol loop.’ Toe Edison dit hoor, het hy gesê: “‘n Motor wat sy eie kragbron het; dis ‘n briljante idee!” Tot op daardie stadium het niemand Ford aangemoedig nie en hy het amper besluit om sy idee te staak. Toe het Edison egter ingegryp en geloof in sy idee gehad. Dit was ‘n beslissende oomblik in Henry Ford se lewe. Hy het gesê: ‘Ek het gedink dat ek ‘n goeie idee het, maar ek het aan myself begin twyfel. Toe kom een van die grootste denkers wat ooit geleef het en gee my sy goedkeuring.’
Jy verstaan nie die mag wat jy het of hoeveel dit beteken as jy vir iemand sê: ‘Ek glo in jou. Jy het wat dit verg. Ek is 100 persent by jou,’ nie.
Sielskos: Dan 11-12; Luk 4:31-44; Ps 89:38-52; Spr 3:1-2
1 Thessalonians 5:11 NKJV
The word “edify” means “to build up, strengthen, encourage, and motivate.” There are probably people in your life right now who need someone to speak blessing over them. You don’t know how much it will mean when you give them your approval and let them know you are proud of them and that you think they can do great things. Everyone needs to be edified.
So, what kind of seeds are you planting in your children, in your husband or wife, in your friends? Do you believe in anyone? Have you let them know? Are you taking an interest to find out how you can improve their life? Have you listened to their dreams? Have you found out what they believe God has put in their heart? Have you let them know that you’re behind them? That’s what an edifier does!
Henry Ford was introduced to Thomas Edison as “the man trying to build a car that runs on gasoline.” When Edison heard it, he said, “A car that has its own power plant; that’s a brilliant idea.” Until then, no one had encouraged Ford, and he had just about decided to quit. And then Edison stepped in, who spoke faith into him. That was a decisive moment in Henry Ford’s life. He said, “I thought I had a good idea, but I started to doubt myself. Then along came one of the greatest minds that’s ever lived and gave me his complete approval.”
You don’t understand the power you hold or how much it means when you tell somebody, “I believe in you. You have what it takes. I’m behind you 100 percent.”
Soul food: Dan 11-12; Luke 4:31-44; Ps 89:38-52; Prov 3:1-2
2026-01-20
Matteus 5:12 AFR83
Die historikus Edward Gibbon het die vinnige vooruitgang van die Christendom in die dae van die Romeinse Ryk nagespoor en vyf redes daarvoor opgemerk: 1) Die ywer van die vroeë Christene. 2) Die krag van wonderwerke. 3) Die suiwer beginsels van die Christene. (4) Die kompakte kerkorganisasie. 5) Die geloof in toekomstige belonings.
Die Bybel praat dikwels oor ons beloning in die hemel. Hier is ‘n paar voorbeelde daarvan: ‘Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel…’ (verse 11-12 AFR83). ‘Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld’ (Matteus 16:27 AFR83). ‘…as enigiemand vir julle ‘n beker water gee omdat julle van die Messias se mense is, sal God hom daarvoor beloon’ (Markus 9:41 NLV). ‘Laat niemand julle van jul prys beroof nie…’ (Kolossense 2:18 AFR53). ‘…Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het’ (Openbaring 22:12 NLV).
Hier is die volgorde van gebeure: Die Here sal afkom aarde toe, die dooies in Christus sal opgewek word, die verlostes wat nog op aarde leef sal saam met hulle weggeraap word en ons sal ons verheerlikte liggame en ons ewige belonings ontvang. ‘…Dié vuurtoets sal elkeen se werk beproef – of dit standhou. Die mense wie se bouwerk standhou, sal deur God beloon word’ (1 Korintiërs 3:13-14 NLV). ‘…Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV).
Sielskos: Dan 8-10; Luk 4:14-30; Ps 89:15-37; Spr 2:21-22
Matthew 5:12 NKJV
The historian Edward Gibbon tracked the speedy progress of Christianity in the days of the Roman Empire, and points to five reasons for it: (1) The fervour of the early Christians. (2) The power of miracles. (3) The pure morals of the Christians. (4) The compact church organization. (5) The belief in future rewards. The Bible often speaks about our rewards in heaven.
Here are a few examples: “Blessed are you when they revile and persecute you, and say all kinds of evil against you falsely for My sake. Rejoice… for great is your reward in heaven” (vv. 11-12 NKJV). “The Son of Man will come in the glory of His Father with His angels, and then He will reward each according to his works” (Matthew 16:27 NKJV). “Whoever gives you a cup of water to drink in My name… will by no means lose his reward” (Mark 9:41 NKJV). “Let no one cheat you of your reward” (Colossians 2:18 NKJV). “Behold, I am coming quickly, and My reward is with Me, to give to every one according to his work” (Revelation 22:12 NKJV).
Here is the sequence of events: The Lord will come in the air, the dead in Christ will be resurrected, the redeemed still alive on earth will be caught up with them, and we will receive our glorified bodies and then our eternal rewards. “The fire will test each one’s work… If anyone’s work which he has built on it endures, he will receive a reward (1 Corinthians 3:13-14 NKJV). “Always give yourselves fully to the work of the Lord, because you know that your labour… is not in vain” (1 Corinthians 15:58 NIV).
Soul food: Dan 8-10; Luke 4:14-30; Ps 89:15-37; Prov 2:21-22
2026-01-19
Efesiërs 2:8 NLV
Jack Welch, wat die General Electric-maatskappy deur van sy winsgewendste jare gelei het, het ‘n boek genaamd Winning geskryf. Hy het baie van die verskillende vrae wat mense hom gereeld gevra het en sy antwoorde daarop geneem en ‘n boek oor bestuursbeginsels geskryf. Een vraag was: ‘Dink jy jy sal hemel toe gaan wanneer jy sterf?’ In reaksie hierop het Jack ‘n paar van die foute wat hy in besigheid en in die lewe gemaak het, insluitend twee egskeidings, genoem. Toe het hy gesê: ‘Dus, wat die hemel betref, wie weet? As daar egter enige punte toegeken word vir omgee oor ander mense en om alles elke dag uit die lewe te probeer put, dan dink ek dat ek dalk ‘n kans staan!’
Om hemel toe te gaan gaan egter nie daaroor om vir mense om te gee en om elke dag die lewe aan te gryp nie. Dit gaan daaroor om jou vertroue in Jesus Christus te plaas – en in Hom alleen. Miskien is dit moeiliker vir suksesvolle sakelui as vir ander mense om hierdie waarheid te verstaan, omdat hulle eie dryfkrag, visie en energie hulle gehelp het om sukses te behaal.
Wanneer dit egter by die hemel kom, tel daardie eienskappe nie. Niemand verdien die hemel nie; dit is ‘n gawe. ‘Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!’ (Romeine 6:23 NLV). Hebreërs 6:4 (NLV) noem dit ‘…die wonderlikheid van God se geskenk…’ Die apostel Paulus skryf: ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie’ (Efesiërs 2:8-9 NLV).
Sielskos: Dan 5-7; Luk 4:1-13; Ps 89:1-14; Spr 2:20