2026-01-04
2 Timoteus 3:16 NLV
Miskien wonder jy of die Bybel werklik deur God geïnspireer is en of dit waar, betroubaar en onfeilbaar is. Die antwoord is ja, en hier is drie redes waarom dit so is:
1) Dit is merkwaardig saamgestel. Dit is oor sestien eeue deur veertig verskillende skrywers saamgestel, insluitend soldate, herders, boere en vissermanne. Dit is deur Moses in Arabië begin en deur Johannes op die eiland Patmos voltooi. Dit is deur konings in paleise, herders in tente en gevangenes in die tronk geskryf. Sou veertig skrywers, grotendeels onbekend aan mekaar, wat drie verskillende tale praat en in verskillende lande bly, wat deur ongeveer 1 600 jaar geskei word, ‘n boek met een enkele tema kon produseer? Dit sou onmoontlik wees, tensy hulle deur een gedagte en een ontwerper geïnspireer is (sien 2 Petrus 1:21).
2) Dit is merkwaardig hoe bestendig dit is. Daar is in die geskiedenis meer eksemplare van die Bybel as enige ander boek gedruk. Bybels is deur regerings verbrand en deur howe verban, maar God se Woord bly voortbestaan. Die doodsklok is al honderd keer gelui, maar God se Woord duur voort (sien Jesaja 40:8).
3) Dit bevat merkwaardige profesieë. Die Bybel bevat meer as 300 vervulde profesieë oor Christus se lewe, wat almal ten minste 400 jaar voor sy geboorte geskryf is. Wat is die kans? Stel jou voor dat iets soortgelyks vandag gebeur. As ons ‘n boek sou vind wat in die jaar 1900 geskryf is en wat twee wêreldoorloë, ‘n finansiële depressie, ‘n atoombom en die sluipmoorde op ‘n president en ‘n burgerregteleier voorspel het, sou ons dit nie vertrou nie? Ons sou. Jy kan dus hierdie woorde glo: ‘Die hele Skrif is deur God geïnspireer.’
Sielskos: Gal 5:22-23; 1 Kor 13; Ef 3:14-21; Joh 15:9-17
2026-01-03
2 Timothy 3:14 NCV
Don’t chart your life’s course according to the opinions of people or popular culture. If you do, you’ll make the mistake that a farmer’s son made. The father sent the boy to prepare a field, reminding him to till straight lines. ‘Select an object on the far side of the field and plough straight at it.’ Later, when the father checked on the boy’s progress, there wasn’t a straight furrow to be found. ‘I thought I told you to select an object and plough towards it,’ the dad said. ‘I did,’ the boy answered, ‘but the rabbit kept hopping.’
A straight line requires an unmoving target, so set your sights on the unchanging principles of God’s Word. Let it be the authoritative Word in your world. This decision rubs up against the skin of our culture. We prefer the authority of the voting booth, the pollster, or whatever feels good. Such resistance is not novel to us.
When Paul wrote a letter to Timothy he listed nineteen characteristics of people, each of which was a fruit of rebellion (see 2 Timothy 3:1-5). Then he wrote: ‘Continue following the teachings you learned. You know they are true, because you trust those who taught you. Since you were a child, you have known the Holy Scriptures which are able to make you wise. And that wisdom leads to salvation through faith in Christ Jesus. All Scripture is inspired by God and is useful for teaching, for showing people what is wrong in their lives, for correcting faults, and for teaching how to live right’ (2 Timothy 3:14-16 NCV). So soak yourself in the Scriptures!
Soul food: Lev 1-4; Luke 1:11-25; Ps 10:1-11; Prov 1:8-16
2 Timoteus 3:14 NLV
Moenie jou lewenskoers volgens die opinies van mense of wat die samelewing gewild ag, bepaal nie. As jy dit doen, sal jy dieselfde fout maak wat ‘n boer se seun gemaak het. Die pa het die seun gestuur om ‘n stuk land in reguit lyne te ploeg. ‘Kies ‘n voorwerp aan die oorkant van die land en ploeg reguit daarnatoe.’ Later, toe die pa kom kyk hoe die seun vorder, was daar nie ‘n reguit ry te vinde nie. ‘Het ek dan nie vir jou gesê om ‘n voorwerp te kies en daarnatoe te ploeg nie?’ het die pa gevra. ‘Ek het,’ het die seun geantwoord, ‘maar die hasie het die heeltyd heen en weer gehop.’
‘n Reguit lyn vereis ‘n onbeweeglike teiken, rig jou visier dus op die onveranderlike beginsels van God se Woord. Laat dit die gesaghebbende Woord in jou wêreld wees. Hierdie besluit is nie ‘n gewilde besluit in vandag se samelewing nie. Sulke weerstand is egter nie vir ons nuut nie.
Toe Paulus ‘n brief aan Timoteus geskryf het, het hy negentien eienskappe opgenoem wat elkeen ‘n vrug van rebellie is (sien 2 Timoteus 3:1-5). Toe skryf hy: ‘Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy is van kindsbeen af onderrig in die Heilige Skrif en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ‘n regte leefstyl’ (2 Timoteus 3:14-16 NLV). Deurdrenk jouself dus met die Skrif!
Sielskos: Lev 1-4; Luk 1:11-25; Ps 10:1-11; Spr 1:8-16
2026-01-02
Joshua 1:8 NKJV
God gave Joshua a big job: conquer the Promised Land and divide it up among the twelve tribes of Israel. He also gave him the key to success: ‘This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate in it day and night, that you may observe to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success.’ God didn’t command Joshua to seek a spiritual experience or a personal revelation. He told him to meditate on the Scriptures.
Greg Hawkins and Cally Parkinson wrote a book called Move. They wanted to find the key factors for spiritual growth, so they surveyed the congregations of one thousand churches. Here’s what they found: ‘Nothing has a greater impact on spiritual growth than reflection on Scripture. If churches could only do one thing to help people at all levels of spiritual maturity grow in their relationship with Christ, their choice is clear. They would inspire, encourage, and equip their people to read the Bible.’
You don’t grow in Christ simply because you’re busy in church; it happens automatically when you read and trust God’s Word. So engage with your Bible. Meditate on it day and night. Think and rethink on it. Let it be your guide. Make it your go-to book for questions. Let it be the ultimate authority in your life.
Peter puts it this way: ‘As newborn babes, desire the pure milk of the word, that you may grow thereby’ (1 Peter 2:2 NKJV).
Soul food: Titus 1-3; Luke 1:1-10; Ps 90; Prov 1:1-7
Josua 1:8 NLV
God het vir Josua ‘n groot opdrag gegee: verower die Beloofde Land en verdeel dit onder die twaalf stamme van Israel. Hy het ook vir hom die sleutel tot sukses gegee: ‘Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees.’ God het Josua nie beveel om ‘n geestelike ervaring of ‘n persoonlike openbaring te soek nie. Hy het hom beveel om oor die Skrif na te dink.
Greg Hawkins en Cally Parkinson het ‘n boek getiteld Move geskryf. Hulle wou die sleutelfaktore vir geestelike groei vind, daarom het hulle een duisend kerke se gemeentes ondersoek. Hier is wat hulle bevind het: ‘Niks het ‘n groter impak op geestelike groei as meditasie oor die Skrif nie. As kerke net een ding kon doen om mense op alle vlakke van geestelike volwassenheid te help om in hul verhouding met Christus te groei, is dit duidelik wat hulle sou moes doen. Hulle sou hul mense moes inspireer, aanmoedig en toerus om die Bybel te lees.’
Jy groei nie in Christus bloot omdat jy by die kerk betrokke is nie; dit gebeur outomaties wanneer jy God se Woord lees en vertrou. Raak dus betrokke by jou Bybel. Dink dag en nag daaroor na. Mediteer daaroor. Laat dit jou gids wees. Maak dit jou gunstelingboek om antwoorde op jou vrae te kry. Laat dit die hoogste gesag in jou lewe wees.
Petrus stel dit so: ‘Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse gereddenes’ (1 Petrus 2:2 NLV).
Sielskos: Titus 1-3; Luk 1:1-10; Ps 90; Spr 1:1-7