2025-07-16
Johannes 2:17 NLV
Probeer om die vuur in Jesus se oë en die bulting van sy spiere terwyl Hy die tafels van die geldwisselaars in die tempel omgooi, voor te stel. Hy doen dit terwyl Hy ‘n sweep swaai wat Hy self gemaak het. “Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: ‘Die ywer vir u huis brand in my binneste.'” Jesus was die wysste en barmhartigste mens wat ooit gelewe het. Hy was ook die passievolste. Diegene wat Hom volg, behoort ook die passievolste mense op die aarde te wees.
Die woord entoesiasme kom van twee Griekse woorde af: en en theos, wat ‘in God’ beteken. Hoe meer jy ‘in God’ word, hoe groter passie ontwikkel jy vir God se dinge. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Ja, jy is veronderstel om jou vleeslike begeertes daagliks te kruisig. God neem egter nie jou kapasiteit vir begeerte weg nie; Hy heilig en herlei dit. Wanneer jy jouself in die Here verbly, verander jou begeertes.
C.S. Lewis het gesê: ‘Ons is halfhartige wesens wat eerder met drank en seks en ambisie omgaan, as die oneindige vreugde wat aan ons gebied word.’ ‘n Pastoor voeg by: ‘Sonde is ‘n vermorsing van energie, en dit is ook ‘n dubbele vermorsing. Nadat jy jou energie op dinge soos wellus en trots en woede gemors het, moet jy nog meer energie op dinge soos skuld en skaamte en spyt mors. Niks vermors meer energie as sonde nie, maar op dieselfde manier verskaf gehoorsaamheid meer energie as enigiets anders. Dit is pure energie.’
Sielskos: Hand 18-19; Matt 10:11-20; Ps 146; Spr 16:4-5
John 2:17 NLT
Try to imagine the fire in the eyes of Jesus and the flex of His muscles as He turns over the tables of the money changers in the temple. And He does it while wielding a whip He made Himself. “Then his disciples remembered this prophecy from the Scriptures: ‘Passion for God’s house will consume me.'” Jesus was the wisest and kindest person who ever lived. Additionally, He was the most passionate. And those who follow Him ought to be the most passionate people on earth.
The word enthusiasm comes from two Greek words: en and theos, meaning “in God.” And the more you get into God, the more passion you develop about the things of God. “Delight yourself also in the Lord, and He shall give you the desires of your heart” (Psalm 37:4 NKJV). Yes, you’re supposed to crucify your carnal desires daily. But God doesn’t do away with your capacity for desire; He sanctifies and redirects it. When you “delight yourself also in the Lord,” you get a “desire transplant.”
C. S. Lewis said, “We are half-hearted creatures fooling around with drink and sex and ambition when infinite joy is offered us.” A pastor adds: “Sin is a waste of energy… And it’s a double waste. After you waste your energy on things like lust and pride and anger, then you must waste even more energy on things like guilt and shame and regret. Nothing is more de-energizing than sin, but by the same token, nothing is more reenergizing than obedience. It’s pure energy.”
Soul food: Acts 18-19; Matt 10:11-20; Ps 146; Pro 16:4-5
2025-07-15
Jakobus 3:14 NLV
Die Bybel sê: ‘…As iets jou in sy mag het, is jy mos sy slaaf’ (2 Petrus 2:19 NLV). Dis veral waar van jaloesie. Chuck Swindoll skryf: ‘Jaloesie en afguns word dikwels as dieselfde beskou, maar daar is ‘n verskil: Afguns ontstaan uit leë hande; dit rou oor dit wat jy nie het nie. Jaloesie ontstaan uit vol hande; dit word deur die pyn aangesproor om dit wat jy het aan iemand anders af te staan, ten spyte van jou pogings om dit te behou. Kaïn was jaloers op Abel. Hy was wrokkig as gevolg van God se aanvaarding van sy broer; en eers toe Abel se bloed oor Kaïn se wrede hande uitgegiet is, het sy jaloesie bedaar.
Enigiemand wat bevryding van hierdie helse reus ervaar het, weet goed hoe jaloesie ‘n vriendskap kan vernietig, ‘n romanse kan ontbind, ‘n huwelik kan vernietig, spanning deur die geledere van professionele persone kan saai, eenheid in ‘n span tot niet kan maak, ‘n kerk kan verwoes, mededinging onder die koor kan bevorder en bitterheid en vingerwysers onder talentvolle instrumentaliste kan bring. Jaloesie bevraagteken beweegredes en betreur ‘n ander se sukses.’
Die Bybel sê: ‘As julle bitter jaloers is… moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!’ Besluit eerder dat jy deur die genade van God uit jaloesie se beheer gaan losbreek. Swindoll voeg by: ‘Ek het baie jare gelewe deur jaloesie se bevele te gehoorsaam. Dit was aaklig. Uiteindelik het ek besef dat ek nie in duisternis hoef te lewe nie. Ek het die reus doodgemaak. Die sonlig van vryheid het my hart verbly. Die lug was so vars en skoon. O, die verskil wat dit gemaak het! Dis volslae genot.’
Sielskos: Hand 16-17; Matt 10:1-10; Ps 140; Spr 16:3
James 3:14 CEV
The Bible says, “People are slaves to whatever has mastered them” (2 Peter 2:19 NIV). And that’s especially true of jealousy. Chuck Swindoll writes: “Jealousy and envy are often used interchangeably, but there’s a difference. Envy begins with empty hands; it mourns what it doesn’t have… Jealousy begins with full hands; it’s threatened by the pain of losing what you have to someone else despite your efforts to hold on to it… This was Cain’s sin. He was jealous of Abel. He resented God’s acceptance of his brother, and not until Abel’s blood poured over Cain’s cruel hands did jealousy subside. Solomon might well have written the epitaph for Abel’s tombstone: ‘Jealousy is [cruel] as the grave. Its flashes are flashes of fire’ (Song of Solomon 8:6 ESV).
Anyone who has experienced deliverance from this hellish giant knows too well how jealousy can decimate a friendship, dissolve a romance, destroy a marriage, shoot tension through the ranks of professionals, nullify unity on a team, ruin a church, separate preachers, foster competition among the choir, bring bitterness and finger-pointing among talented instrumentalists and capable singers. Jealousy questions motives and deplores another’s success.”
The Bible says, “If your heart is full of… jealousy… don’t… cover up the truth.” Instead, determine that by the grace of God, you’re going to break free from its control. Swindoll adds: “I lived many years obeying its commands. It was gross agony. Finally, I realized I didn’t have to live in darkness. I slew the giant and crawled out… and the releasing sunlight of freedom captured my heart. The air was so fresh and clean. Oh, the difference it has made! It’s utter delight. Ask my wife.”
Soul food: Acts 16-17; Matt 10:1-10; Ps 140; Pro 16:3
2025-07-14
Romeine 15:4 NLV
Daar is ‘n oulike verhaal van ‘n meisie wat haar ouerhuis verlaat het om universiteit toe te gaan. Aan die einde van haar eerste semester, het sy vir haar ma die volgende e-pos gestuur: ‘Ek dink dit is tyd dat ek Ma op datum bring oor wat in my lewe aangaan. Kort nadat ek by die universiteit aangekom het, het ek met die koshuislewe verveeld geraak en vyfhonderd rand uit my kamermaat se beursie gesteel. Met die geld het ek ‘n motorfiets gehuur, maar naby die koshuis daarmee teen ‘n telefoonpaal vasgery. Ek het my been in die ongeluk gebreek en kan nie klasse bywoon nie, so ek kom huis toe om by Ma en Pa te kom bly.’
Nadat sy die e-pos gestuur het, het sy dadelik ‘n tweede een gestuur: ‘Ma, ek maak net ‘n grappie. Ek het nie enige geld gesteel, of ‘n motorfiets gehuur, of daarmee teen ‘n telefoonpaal vasgery, of my been gebreek nie. Ek kom ook nie huis toe om by julle te bly nie. Ek het egter ‘n D in wiskunde en ‘n F in letterkunde gekry en ek wou hê julle moet my punte in die regte perspektief beskou!’
Op ‘n ernstiger noot, kan ‘n Bybelse perspektief op die lewe se uitdagings jou uit wanhoop en moedeloosheid lig. Paulus skryf: ‘…Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.’ Vir elke probleem waarvoor jy in die lewe te staan kom, het God se Woord ‘n beginsel om uit te oefen en ‘n belofte om op te eis. Die manier om dus moedeloosheid te oorkom, is om in God se Woord te delf en dit ter harte te neem.
Sielskos: Hand 14-15; Matt 9:27-38; Ps 133; Spr 16:2