2025-01-21
2 Korintiërs 3:5 NLV
Gideon se leërmag van twee-en-dertig duisend man was heeltemal deur die magdom Midianiete in getalle oortref toe God vir hom sê: ‘Jy het te veel soldate.’ Hy het Gideon beveel om enigiemand wat bang was te laat gaan en Gideon het twee-derdes van sy manskappe verloor. Hy het net tienduisend man oorgehad. Weer het die Here gesê: ‘Daar is steeds te veel manne,’ en Gideon se leërmag tot driehonderd mans verminder. Op daardie stadium was die kanse vir oorwinning seker omtrent ‘n miljoen tot een. Dit raak egter nog beter! God het Gideon beveel om die Midianiete met ramshorings en erdepotte aan te val. Kan jy glo – Israel wen die geveg!
Hoekom het God dit op hierdie manier gedoen? Want as Gideon met twee-en-dertig duisend mans aangeval en die geveg gewen het, sou die Israeliete slegs beperkte erkenning aan God gegee het. God is egter waardig vir meer. God verlang en verdien volle erkenning. Wanneer driehonderd mans ‘n massiewe leërmag met ramshorings en erdepotte verslaan, kry God al die heerlikheid (sien Rigters 7).
Te dikwels draai ons gebede om die versoek dat God ons kanse om te wen, moet vergroot. Ons wil hê dat alles in ons guns moet wees. Miskien wil God egter hê dat die kanse teen ons moet wees, sodat ons ‘n wonderwerk van goddelike omvang kan ervaar. Geloof is om God te vertrou, maak nie saak hoe hopeloos die kanse is nie. Ons onmoontlike omstandighede is geleenthede om ‘n nuwe hoogte van God se heerlikheid te ervaar.
Staar jy ‘n situasie in die gesig wat, menslik gesproke, buite jou vermoë is om te hanteer? Lees dan die volgende: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV).
Sielskos: Rom 3:21-6:23; Luk 5:1-11; Ps 91; Spr 3:3-4
2 Corinthians 3:5 NKJV
Gideon’s army of thirty-two thousand men is enormously outnumbered by the Midianites when God tells him, “You have too many men.” He instructs Gideon to release anyone who is afraid, and Gideon loses two-thirds of his army. Now he has only ten thousand men. Again the Lord says, “There are still too many men,” and reduces Gideon’s army to three hundred men. At that moment, the odds had to be a million to one. And it even gets better! God directs Gideon to attack the Midianites with trumpets and pitchers. Now for the real kicker: Israel wins!
Why did God do it like that? Because if Gideon had attacked with thirty-two thousand men and won, the Israelites would have thought that God didn’t provide much help, and God would have received limited credit. But God is worthy of more. God desires and deserves complete credit. And when three hundred men defeat a massive army with trumpets and pitchers, God receives all the glory (See Judges 7). Why? The reason is a victory like that overcomes all odds.
Too frequently, our prayers revolve around requesting God to increase our odds of winning. We would like everything in our favour. But maybe God wants the odds to oppose us so we can encounter a miracle of divine proportions. Faith is trusting God no matter how hopeless the odds are. Our impossible circumstances are chances to experience a new height of God’s glory.
Are you facing a situation that, humanly speaking, is beyond your ability to cope with it? Read this: “Not that we are sufficient of ourselves to think of anything as being from ourselves, but our sufficiency is from God” (2 Corinthians 3:5 NKJV).
Soul food: Rom 3:21-6:23; Luke 5:1-11; Ps 91; Prov 3:3-4
2025-01-20
Romeine 8:18 NLV
In 1857 het David Livingstone die volgende toespraak by Cambridge Universiteit gelewer: ‘Mense praat van die opoffering wat ek gemaak het deur soveel van my lewe in Afrika deur te bring. Weg met so ‘n siening en met so ‘n gedagte! Dit was geen opoffering nie. Dit was eerder ‘n voorreg. Angs, siekte, lyding, of gevaar nou en dan, tesame met die afsien van die gewone geriewe van hierdie lewe, mag ons laat huiwer, die gees laat wankel en die siel laat sink; maar laat dit net vir ‘n oomblik wees. Al hierdie is niks in vergelyking met die heerlikheid wat in en vir ons geopenbaar sal word nie. Ek het nooit ‘n opoffering gemaak nie.’
Wanneer jy die Here dien, kry jy altyd meer terug as wat jy opoffer. As jy meer terugkry as wat jy opoffer, het jy dan werklik enigiets opgeoffer? ‘Petrus begin toe opnoem wat hulle alles opgeoffer het: ‘U moet darem besef ons het alles agtergelaat om U te volg.’ Daarop het Jesus geantwoord: ‘Ek verseker julle, elkeen wat ‘n huis of broers of susters of ma of pa of kinders of eiendom ter wille van My en die Goeie Nuus prysgegee het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel aan huise en broers en susters en ma’s en kinders en eiendom ontvang; ook nog vervolging, maar in God se nuwe wêreld die ewige lewe!’ (Markus 10:28-30 NLV).
Die enigste spyt wat jy aan die einde van jou lewe gaan hê, is dat jy God nie meer en vroeër gesoek en gedien het nie.
Sielskos: Rom 1:1-3:20; Luk 4:31-44; Ps 89:38-52; Spr 3:1-2
Romans 8:18 NKJV
In 1857 David Livingstone gave this speech at Cambridge University: “People talk of the sacrifice I have made in spending so much of my life in Africa… Away with the word in such a view and with such a thought! It is emphatically no sacrifice. Say rather it is a privilege. Anxiety, sickness, suffering, or danger now and then with a foregoing of the common conveniences and charities of this life may make us pause and cause the spirit to waver and the soul to sink; but let this only be for a moment. All these are nothing when compared with the glory which shall be revealed in and for us. I never made a sacrifice.”
When you serve the Lord, you always get back more than you give up. And if you get back more than you give up, have you really sacrificed anything at all? “Then Peter began to say to Him, ‘See, we have left all and followed You.’ So Jesus answered and said, ‘Assuredly, I say to you, there is no one who has left house or brothers or sisters or father or mother or wife or children or lands, for My sake and the gospel’s, who shall not receive a hundredfold now in this time – houses and brothers and sisters and mothers and children and lands, with persecutions – and in the age to come, eternal life'” (Mark 10:28-30 NKJV).
The only regrets you will have at the end of your life will be that you didn’t seek and serve God more and seek and serve Him sooner.
Soul food: Rom 1:1-3:20; Luke 4:31-44; Ps 89:38-52; Prov 3:1-2
2025-01-19
1 Timoteus 4:15 NLV
Paulus het ‘n opvolgplan vir sy bediening gehad. Dis hoekom hy Timoteus gementor het en hom die volgende opdrag gegee het: ‘Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.’ Die woorde: ‘sodat almal jou vordering kan sien,’ beteken dat groei meetbaar is. As jy na die laaste paar jaar van jou lewe kyk, in watter areas het jy gegroei? Voordat jy verder lees, neem ‘n oomblik en dink versigtig hoe jy hierdie vraag sal antwoord.
Tydens ons kinderjare groei ons liggame outomaties. Sommige van ons het egter ook in volwassenheid ‘n onbewuste vertroue dat geestelike en emosionele groei ‘n vergelykbare patroon sal volg. Ons dink dat ons onvermydelik verbeter namate die tyd verbygaan. Ons is soos die karakter Charlie Brown in die strokiesprent Peanuts wat sê: ‘Ek dink ek het die geheim van die lewe ontdek – mens hang net rond totdat jy daaraan gewoond raak.’ Die probleem is dat jy nie verbeter deur net te lewe nie; jy moet doelbewus daaromtrent wees. Niemand verbeter per ongeluk nie.
Persoonlike groei vind nie vanself plaas nie. Wanneer jy jou formele opvoeding klaarmaak, moet jy volle eienaarskap van die groeiproses neem. Niemand gaan dit namens jou doen nie. Die beste handleiding vir groei is die Bybel. Dit is ‘vol lewenskrag en energie’ (Hebreërs 4:12 NLV). Alles wat jy moet weet en alles wat van jou verwag word om te groei, kan in sy bladsye gevind word. Maak dus jou Bybel oop. Delf daarin. Lees dit. Mediteer daaroor. Pas die beginsels op jou lewe toe en jy sal verbaas wees om te sien hoeveel jy groei.
Sielskos: Rig 16:23-31; 2 Kor 12:3-10