2025-01-26
Daniel 3:17-18 NKJV
When Shadrach, Meshach, and Abed-Nego refused to bow before Nebuchadnezzar’s ninety-foot golden god, he threatened them with a fiery furnace. Here is what they told him: “Our God whom we serve is able to deliver us from the burning fiery furnace, and He will deliver us from your hand, O king. But if not…we do not serve your gods” (vv. 17-18 NKJV).
When does God show up? When you say, “God is able to deliver me, but if not, I’m going to serve Him anyway.” It’s wonderful when God provides what we need. Yet, the faith that truly pleases God says, “But if not, I’m going to trust God anyway.”
Peter writes: “There is wonderful joy ahead, even though you have to endure many trials for a little while. These trials will show that your faith is genuine. It is being tested as fire tests and purifies gold – though your faith is far more precious than mere gold. So when your faith remains strong through many trials, it will bring you much praise and glory and honour on the day when Jesus Christ is revealed to the whole world” (1 Peter 1:6-7 NLT).
And one more thought: The Bible does not say that the three Hebrew children saw the fourth man who was with them in the fire; it says that Nebuchadnezzar did, and he described Him as “the Son of God” (Daniel 3:25 NKJV). So even when you don’t know it, your faith, your life, and testimony are impacting those around you and bringing glory to God.
Soul food: Eze 47:1-12; Rev 21:22-22:5
Daniël 3:17-18 NLV
Toe Sadrag, Mesag en Abednego geweier het om voor koning Nebukadnesar se dertig meter hoë goue afgod te buig, het hy gedreig om hulle in ‘n vlammende oond te gooi. Hier is wat hulle vir hom gesê het: ‘Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red. Hy sal ons uit u hand bevry, U Majesteit. En selfs al red Hy ons nie… sal ons nie u gode vereer nie…’ (verse 17-18 NLV).
Wanneer daag God op? Wanneer jy sê: ‘God is in staat om my te red, maar indien Hy nie doen nie, gaan ek Hom in elk geval dien.’ Dis wonderlik wanneer God dit wat ons nodig het voorsien. Tog is die tipe geloof wat God waarlik behaag die geloof wat sê: ‘Selfs al red Hy my nie, gaan ek God in elk geval vertrou.’
Petrus skryf: ‘Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ‘n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word’ (1 Petrus 1:6-7 NLV).
Die Bybel sê nie dat die drie Hebreeuse kinders die vierde man wat saam met hulle in die vuur was gesien het nie; dit sê dat Nebukadnesar Hom gesien het en Hom as ‘…’n hemelwese’ (Daniël 3:25 DB), beskryf het. Selfs wanneer jy dit dus nie weet nie, het jou geloof, jou lewe en jou getuienis ‘n impak op die mense rondom jou en bring dit eer aan God.
Sielskos: Eseg 47:1-12; Op 21:22-22:5
2025-01-25
Genesis 41:35 NKJV
Notice what Joseph told Pharaoh: “Collect one-fifth of the produce of the land of Egypt in the seven plentiful years… gather all the food of those good years that are coming, and store up… Then that food shall be as a reserve for the land for the seven years of famine… that the land may not perish” (vv. 34-36 NKJV). There are two important lessons for us in this story.
(1) Don’t let your bad times eat up your good ones. And what is the best way to do that? By standing on the Word of God during times of discouragement and difficulty. “Being confident of this very thing, that He who has begun a good work in you will complete it until the day of Jesus Christ” (Philippians 1:6 NKJV).
(2) Don’t just enjoy your good times; glean from them the wisdom, strength, strategies, relationships, and resources that will sustain you in the bad times. Paul writes, “We can rejoice, too, when we run into problems and trials, for we know that they help us develop endurance. And endurance develops strength of character” (Romans 5:3-4 NLT).
But when God blesses you, don’t just store it up – share it with others. Practice the law of reciprocity that Jesus taught: “Give, and it will be given to you… For with the same measure that you use, it will be measured back to you” (Luke 6:38 NKJV). What you cling to for selfish purposes, you will eventually lose. But when you give to bless others, God has promised to reward you both now and in eternity.
Soul food: Rom 15-16; Luke 6:17-26; Ps 104:24-35; Prov 3:11-12
Genesis 41:35 NLV
Let op wat Josef vir farao gesê het: ‘Die farao moet dan beamptes oor die hele land aanstel sodat hulle een vyfde van die oeste gedurende die sewe voorspoedige jare kan invorder. Laat hulle al die kos en graan van hierdie goeie jare in koninklike skure stoor… Op hierdie manier sal daar genoeg kos wees om te eet wanneer die sewe jaar van hongersnood aanbreek…’ (verse 34-36 NLV). Daar is twee belangrike lesse vir ons in hierdie verhaal.
1) Moenie toelaat dat die slegte tye jou goeie tye opeet nie. Wat is die beste manier om dit te doen? Deur op die Woord van God tydens tye van moedeloosheid en moeilikheid te staan. ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV).
2) Moenie net die goeie tye geniet nie; versamel wysheid, krag, strategieë, verhoudings en hulpbronne wat jou in die slegte tye sal handhaaf, daaruit. Paulus skryf: ‘…ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter…’ (Romeine 5:3-4 NLV).
Wanneer God jou egter seën, moet dit nie net stoor nie – deel dit met ander mense. Oefen die wet van wederkerigheid wat Jesus ons geleer het uit: ‘As julle gee, sal julle ontvang… Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang’ (Lukas 6:38 NLV). Waaraan jy deur selfsugtige doelwitte vasklou, sal jy uiteindelik verloor. Wat jy egter gee om ander mense te seën, het God beloof dat jy nou en in die ewigheid daarvoor beloon sal word.
Sielskos: Rom 15-16; Luk 6:17-26; Ps 104:24-35; Spr 3:11-12
2025-01-24
Prediker 3:1 NLV
Salomo sê: ‘Daar is… ‘n Tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf. ‘n Tyd om te plant en ‘n tyd om uit te ruk wat geplant is. ‘n Tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak. ‘n Tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou. ‘n Tyd om te huil en ‘n tyd om te lag. ‘n Tyd om hartseer te wees en ‘n tyd om van vreugde te dans. ‘n Tyd om jou saad te saai en ‘n tyd om jou saad terug te hou. ‘n Tyd om te omhels en ‘n tyd om weg te bly. ‘n Tyd om te soek en ‘n tyd om te verloor. ‘n Tyd om op te pas en ‘n tyd om weg te gooi. ‘n Tyd om te skeur en ‘n tyd om vas te werk. ‘n Tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat. ‘n Tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat. ‘n Tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede’ (verse 2-8 NLV).
Dis ‘n totaal van agt-en-twintig verskillende ‘tye.’ Let egter op wat Salomo nie vir ons gee nie – ‘n tyd om tou op te gooi! Solank as wat jy op die slagveld bly, kan God jou situasie verander en jou die oorwinning gee. Indien jy vandag oor jou huwelik, jou kinders, jou gesondheid, jou finansies, jou werk en jou toekoms bekommerd is, is hier ‘n belofte waarop jy kan staan: “‘Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou, sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here. Aan hulle laat Ek reg geskied,’ verklaar die Here” (Jesaja 54:17 NLV). Moet dus nie tou opgooi nie!
Sielskos: Rom 12-14; Luk 6:1-16; Ps 104:1-23; Spr 3:9-10