Waak teen verkeerde gedagtes

2019-02-26
Spreuke 4:23 NLV

Wanneer Satan besluit om jou te vernietig, begin hy deur verkeerde gedagtes in jou kop te plant. Jesus het dit geïllustreer toe Hy gesê het: ‘Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ‘n wellustige oog na ‘n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg’ (Matteus 5:27-28 NLV). Voor jy in realiteit aan sonde toegee, vermaak jy dit eers as ‘n fantasie in jou gedagtes. Bose gedagtes is nie regtig joune nie, tensy jy hulle toelaat om spreekwoordelik in te trek en die meubels te begin rondskuif. As jy hierdie gedagtes toelaat om ongehinderd rond te maal, kan ‘n gedagte homself aan ‘n voorval in jou verlede of ‘n neiging in die hede vaskleef en homself voed totdat dit soos ‘n gewas is wat binne-in jou groei. Paulus waarsku ons, ‘…neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak’ (2 Korintiërs 10:5 NLV). Salomo skryf ook, ‘Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.’ Moenie verkeerde gedagtes ‘n pinkie gee nie, want hulle sal die hele hand gryp. Raak van hulle ontslae voor hulle jou verbintenis met Christus verswak en jou spyt laat kry. Oor die algemeen, fokus ons op dit wat ander mense kan sien en inspekteer wanneer ons ons huise skoonmaak. Dink net hoeveel gemors is daar in ons gedagtes, omdat niemand anders ons gedagtes ondersoek nie. God ondersoek dit egter! Dawid het gesê: ‘Here, U deursoek my en ken my’ (Psalm 139:1 NLV). Jy moet die volgende bid: ‘Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser’ (Psalm 19:15 NLV).

Sielskos: Eks 10-12; Luk 12:13-21; Ps 61; Spr 6:16-19

Raak meer vertroud met God

2019-02-25
Job 22:21 NLV

Hier is twee dinge wat gebeur wanneer jy God se grootheid herken: 1) Jy raak nie in die versoeking om Hom te analiseer of Hom tot hanteerbare terme te probeer verklein nie. 2) Jy is minder geneig om Hom en sy wil te probeer manipuleer, of Hom en sy optredes te verduidelik. Dink versigtig vir ‘n oomblik daaroor na! Hoeveel keer moet God nog vir ons sê: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie…’ (Jesaja 55:8 NLV), voor ons dit begryp? Hoe gereeld moet Hy verduidelik dat Hy die skaapwagter en ons die skape is; dat Hy die tak en ons die lote is, voordat ons in oorgawe voor hom kniel en sê: ‘Net soos U wil, Here’? As Jesus, die Seun van God, dit nodig gevind het om te bid, ‘…Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil’ (Matteus 26:39 NLV), sal dit nie wys wees om ook elke dag hierdie woorde te bid nie? Hoe lank lanklaas het jy die tyd geneem om net stil in Sy teenwoordigheid te sit; om ‘n blik te kry op die Een wat wonderbaarlik en onverstaanbaar is? Ken jy vir God? Hoe goed ken jy Hom? Sal jy Hom graag beter wil leer ken? As jou antwoord ja is, sal dit nie net sommer vanself gebeur nie. Jy moet dit aan die bopunt van jou prioriteitslys plaas en dit elke dag nastreef. Wanneer jy dit doen, sal jy nie teleurgesteld word nie, want sy Woord waarborg jou: ‘Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom…’ (Jakobus 4:8 NLV).

Sielskos: Eks 7-9; Luk 12:1-12; Ps 58; Spr 6:12-15

Get better acquainted with God


Job 22:21 NIV

Here are two things that happen when you recognize God’s greatness: (1) You’re not tempted to analyze Him and reduce Him to manageable terms. (2) You’re less likely to try and manipulate Him and His will, or explain Him and His ways. Think carefully about that for a moment! How many times does God have to tell us, “My ways are higher than your ways, and My thoughts than your thoughts” (Isaiah 55:9 NKJV) before we actually get it? How often must He explain that He’s the shepherd and we’re the sheep; that He’s the vine and we’re branches, before we kneel down in surrender and say, “Have thine own way, Lord”? If Jesus, the Son of God, found it necessary to pray, “Not my will but thine be done,” wouldn’t it be wise for us to pray those words too – every day? (See Matthew 26:39). How long has it been since you took time just to sit silently in His presence; to catch a glimpse of the One who is truly awesome and incomprehensible? Job 22:21 says, “Acquaint now thyself with him, and be at peace: thereby good shall come unto thee.” Do you know God? If so, how well do you know Him? Would you like to know Him better? If your answer is yes, it won’t just happen. You must put it at the top of your priority list and pursue it each day. When you do, you won’t be disappointed because His Word guarantees you: “Draw near to God and He will draw near to you” (James 4:8 NKJV).

Soul food: Exo 7-9; Luke 12:1-12; Ps 58; Prov 6:12-15

The Holy Spirit – the plus factor

2019-02-24
John 14:26 NIV

Why would we describe the Holy Spirit as the plus factor? Three reasons: (1) The Holy Spirit determines the gifts and skills you receive. “It is the one and only [Holy] Spirit who distributes all these gifts. He alone decides which gift each person should have” (1 Corinthians 12:11 NLT). So if you feel like a square peg in a round hole, ask the Holy Spirit to show you what your gifts are. Then ask Him to open the door and give you favor with the right people. He’ll do it. (2) The Holy Spirit knows where you belong. The Bible says, “They, being sent forth by the Holy Ghost, departed unto Seleucia” (Acts 13:4). Where you are matters. For example, if you’re a whale you were born to swim in the ocean. If you’re a bird you were born to fly in the air. During a famine God sent Elijah to the brook Cherith, saying, “I have commanded the ravens to feed thee there” (1 Kings 17:4). If Elijah had decided he’d rather stay where he was, he’d have missed his miracle. You don’t have to do anything to experience God’s love, but you must know His voice and follow His direction to experience His blessing. (3) The Holy Spirit can be offended. “Do not grieve the Holy Spirit” (Ephesians 4:30 NIV). When a dove (which represents the Holy Spirit in Scripture) returns to its nest, it won’t land if the nest is out of order. So ask God to make you more conscious of the presence of His precious Holy Spirit, and make your heart a place where He always feels at home.

Soul food: Exo 20:4; Isa 44:6-20; Rom 1:21-25

Die Heilige Gees – die ekstra faktor


Johannes 14:26 NLV

Hoekom beskryf ons die Heilige Gees as die ekstra faktor? Drie redes: 1) Die Heilige Gees bepaal die gawes en vaardighede wat jy ontvang. ‘Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind’ (1 Korintiërs 12:11 NLV). As jy dus soos ‘n vierkantige pen in ‘n ronde gat voel, vra die Heilige Gees om jou te wys wat jou gawes is. Vra Hom dan om die deur oop te maak en jou guns by die regte mense te gee. Hy sal dit doen. 2) Die Heilige Gees weet waar jy hoort. Die Bybel sê: ‘Deur die Heilige Gees uitgestuur, het Barnabas en Saulus na Seleukië toe afgegaan…’ (Handelinge 13:4 NLV). Waar jy jouself bevind, maak saak. As jy byvoorbeeld ‘n walvis is, is jy gebore om in die oseaan te swem. As jy ‘n voël is, is jy bestem om in die lug te vlieg. Gedurende ‘n hongersnood het God vir Elia na die Kritspruit toe gestuur en gesê: ‘…Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring’ (1 Konings 17:4 NLV). As Elia besluit het om eerder te bly waar hy was, sou hy hierdie wonderwerk misgeloop het. Jy hoef nie iets te doen om God se liefde te ervaar nie, maar jy moet sy stem ken en sy aanwysings volg om sy seën te ervaar. 3) Die Heilige Gees kan aanstoot neem. ‘Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie…’ (Efesiërs 4:30 NLV). Wanneer ‘n duif (wat die Heilige Gees in die Skrif verteenwoordig) na sy nes toe terugkeer, sal hy nie land as die nes beskadig is nie. Vra God dus om jou meer bewus van die teenwoordigheid van sy kosbare Heilige Gees te maak; en maak jou hart ‘n plek waar Hy altyd tuis sal voel.

Sielskos: Eks 20:4; Isa 44:6-20; Rom 1:21-25