Conviction and credibility (2)

2018-07-26
Proverbs 11:3 NIV

The second quality you must exhibit in dealing with others is: Credibility. When people trust you they’ll listen to you. In the early stages of the relationship, they’ll give you the benefit of the doubt as long as your credentials are good. But in order to maintain their trust, you must demonstrate credibility [reliability, integrity, sincerity]. It’s been said that the mediocre teacher tells, the good teacher explains, but the great teacher demonstrates. Ultimately, each of us should strive to be the message. In the first six months of a relationship we focus on a person’s communication ability in order to make judgments about him or her. For example, when we have a new boss who speaks well and casts a compelling vision, we buy in. When we connect well with a new neighbor or coworker, we feel we may have a new friend. When we meet the person we end up marrying, we think everything will always be wonderful. And for most people the honeymoon is wonderful. But after the honeymoon comes the marriage! Sometimes that too is wonderful, and sometimes it’s not. What makes the difference? Credibility! Here’s how it works in relationships: During the first six months communication overrides credibility. After six months credibility overrides communication. When a person is credible, the longer the time, the better it gets. But for someone who lacks credibility, the longer the time, the worse it gets. Credibility is like money: With it, you’re solvent; without it, you’re bankrupt. The truth is: With the passage of time the way you live far outweighs the words you use.

Soul food: 1 Tim 1-3; Luke 9:28-36; Ps 1; Prov 19: 9-11

Oortuiging en geloofwaardigheid (2)


Spreuke 11:3 NLV

Die tweede kwaliteit wat jy moet hê wanneer jy met mense omgaan is: Geloofwaardigheid. Wanneer mense jou vertrou, luister hulle na jou. In die vroeë stadiums van die verhouding gee hulle jou die voordeel van die twyfel, mits jou getuigskrifte goed is. Om hulle vertroue egter te behou, moet jy geloofwaardigheid demonstreer (betroubaarheid, integriteit en opregtheid). Daar word gesê dat ‘n middelmatige onderwyser vertel, ‘n goeie onderwyser verduidelik, maar dat ‘n uitstekende onderwyser demonstreer. Op die ou einde moet ons almal daarna strewe om die boodskap te wees. In die eerste ses maande van ‘n verhouding, fokus ons op die persoon se kommunikasievermoë om indrukke oor hom of haar te kry. Ons sal byvoorbeeld by ‘n nuwe baas se idees inkoop as hy goed kan praat en ‘n uitstekende visie voorhou. Wanneer ons by ‘n buurman of kollega aanklank vind, voel ons dat ons dalk ‘n nuwe vriend kan hê. Wanneer ons die persoon ontmoet waarmee ons op die ou einde trou, dink ons dat alles altyd sal wonderlik wees. Vir die meeste mense is die wittebrood wonderlik. Maar na die wittebrood kom die huwelik! Soms is dit ook wonderlik en soms is dit nie. Wat maak die verskil? Geloofwaardigheid! Na ses maande raak geloofwaardigheid belangriker as kommunikasie. Wanneer ‘n persoon geloofwaardig is, word dit beter soos die tyd aanstap. Wanneer ‘n persoon egter geloofwaardigheid kort, word dit slegter hoe langer jy tyd saam met hom spandeer. Geloofwaardigheid is soos geld: Daarmee is jy solvent, daarsonder is jy bankrot. Die waarheid is: Met die verloop van tyd weeg die manier wat jy leef veel meer as die woorde wat jy gebruik.

Sielskos: 1 Tim 1-3; Luk 9:28-36; Ps 1; Spr 19:9-11

Conviction and credibility (1)

2018-07-25
Judges 7:17 NIV

On the eve of his spectacular victory over the Midianites, Gideon told his army of three hundred men, “Watch me…Follow my lead…do exactly as I do.” What would happen if you said that to the people who know you? Would you have to qualify that statement by saying, “Follow me in business, but not my family life”? Or, “Follow my professional advice, but not my personal lifestyle”? To earn respect and be worthy of following, you need two qualities that really matter. The first is conviction: Conviction is a set-in-concrete belief that you live by and refuse to compromise on. A pragmatist adjusts his or her beliefs and actions to things like the bottom line, or not making waves, or being liked and accepted. A man or woman of conviction won’t do that. Early one morning, Scottish philosopher and religious skeptic David Hume was observed hurrying to hear evangelist George Whitefield. When asked if he really believed what the great evangelist preached, Hume replied, “Certainly not! But he does, and I want to hear a man who truly believes what he says!” Author Larry Phillips said: “There’s a noticeable difference between steel and tin – especially when hit. Genuine heartfelt convictions simply come across as ‘words of steel.’ There’s a determined resolve in the tone…We need to be reminded that we can’t fake convictions! [People] will always discern the difference between words of steel and the sound of tin – no matter how hard the tin is hit!” People know the difference between your core values and your intellectual concepts. If you don’t have a deep conviction about what you’re saying, why should they?

Soul food: Hab 1-3; Luke 9:18-27; Ps 65; Prov 19:5-8

Oortuiging en geloofwaardigheid (1)


Rigters 7:17 NLV

Op die vooraand van sy skouspelagtige oorwinning oor die Midianiete, het Gideon vir sy driehonderd manskappe gesê, ‘…Kyk mooi wat ek doen. Wanneer ek by die kamp kom, moet julle presies maak soos ek.’ Wat sou gebeur as jy dit vir die mense wat jou ken sou sê? Sou jy moes byvoeg, ‘Volg my in besigheid, maar nie in my familielewe nie’? Of, ‘Volg my professionele raad, maar nie my persoonlike leefstyl nie’? Om respek te verdien en waardig te wees om gevolg te word, het jy twee kwaliteite nodig wat saak maak. Die eerste is oortuiging. Oortuiging is ‘n vaste beginsel waarvolgens jy leef en weier om van af te sien. ‘n Man of vrou van oortuiging pas nie sy of haar beginsels en aksies by eksterne invloede aan nie. Een vroeë oggend, is die Skotse filosoof en godsdienstelike skeptikus, David Hume, gesien waar hy jaag om die evangelis George Whitefield se diens by te woon. Toe hy gevra word of hy waarlik glo wat die groot evangelis gepreek het, het Hume geantwoord, ‘Definitief nie! Maar hy glo dit en ek wil ‘n man hoor praat wat waarlik glo in dit wat hy sê!’ Die skrywer Larry Phillips het gesê, ‘Daar is ‘n opmerkbare verskil tussen staal en tin – veral wanneer dit getref word. Opregte, hartstogtelike oortuigings kom eenvoudig oor as ‘woorde van staal.’ Daar is ‘n gedetermineerde voorneme daaraan. Ons moet besef dat ons nie oortuigings kan vervals nie! Mense sal altyd die verskil tussen woorde van staal en die geluid van tin kan onderskei – maak nie saak hoe hard die tin getref word nie!’ Mense ken die verskil tussen jou kernwaardes en jou intellektuele konsepte. As jy nie ‘n diepe oortuiging het van dit wat jy sê nie, hoekom moet hulle dit hê?

Sielskos: Hab 1-3; Luk 9:18-27; Ps 65; Spr 19:5-8

Strek uit na wat voor is

2018-07-24
Amos 5:5-6 NLV

Bet-El is waar Jakob sy lewensveranderende droom gehad het en ‘n eed aan God afgelê het. Gilgal is waar die Israeliete gekamp het nadat God die Jordaanrivier wonderbaarlik geskei het en waar hulle vir die eerste keer die Beloofde Land betree het. Berseba is waar Isak ‘n put gegrawe het en ‘n altaar opgerig het. Al drie plekke het spesiale betekenisse gehad: Hulle was heilige bakens van Israel se geestelike reis. Hoekom het God dan gesê dat hulle Hom nie daar moet soek nie? Die antwoord is eenvoudig: Jy sal God nie in die verlede vind nie. Die Psalmdigter het gesê, ‘God beskerm ons en Hy maak ons sterk, Hy is altyd gereed om ons te help’ (Psalm 46:2 ABA). Wanneer ons te styf vashou aan dit wat God laas gedoen het, mis ons dikwels wat God wil hê ons volgende moet doen. Hy is aan die werk, op hierdie oomblik en op hierdie plek. Hy doen altyd iets nuuts. Gaan dus voort en bou altare en bakens vir heilige oomblikke in die verlede, maar onthou egter dat die doel van altare is om ons aan God se getrouheid in die verlede te herinner sodat ons geloof kan hê om Hom vir die toekoms te vertrou. Wanneer ons in die verlede begin leef, begin ons sterf. Om lewendig te wees beteken dat ons ten volle in die huidige leef. Dit beteken dat jy die verlede in die verlede moet los. Dis hoekom Paulus geskryf het, ‘…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het’ (Filippense 3:13-14 NLV). Strek jou dus uit na wat voor is!

Sielskos: Nah 1-3; Luk 9:1-17; Ps 14; Spr 19:1-4