Wanneer jy sterf! (4)

2022-05-30
Psalm 17:15 NLV

Daar was nog nooit ‘n generasie van die mensdom wat nie in ‘n soort toekomstige lewe geglo het nie; of dit nou die gelukkige jagveld van die inheemse Amerikaners of die sensuele blyplek van saligheid van die Moslems is. Hoe verduidelik jy dit? Lank voor enige bewyse van hierdie wêreldwye geloof ingesamel is, het Cicero gesê: ‘In everything the consent of all nations is to be accounted the law of nature, and to resist it is to resist the voice of God.’

Die aand toe Sokrates dood is, het Crito vir hom gevra: ‘Op watter manier moet ons jou begrawe?’ Hy het geantwoord: ‘Net soos jy wil, jy moet my net in die hande kry en sorg dat ek nie van jou af wegloop nie.’

Plato het kragtige argumente ten gunste van onsterflikheid in sy Phaedo voorgelê. Groot denkers soos Thomas Carlyle, Thomas Jefferson en die Duitse digter Heinrich Heine het ook in onsterflikheid geglo. Alfred Lord Tennyson se bekendste gedig lui as volg: ‘For tho’ from out our bourne of Time and Place the flood may bear me far, I hope to see my Pilot face to face when I have crost the bar.’ Byron skryf: “I feel my immortality o’ersweep all pains, all tears, all fears, and peal, like the eternal thunders of the deep, into my ears this truth – ‘Thou liv’st forever!'”

Al hierdie groot denkers het die oortuiging van die Psalmdigter gedeel: ‘Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.’ As jy daaraan dink, beteken ‘goeienag’ hier op aarde net ‘goeiemore’ in die hemel.

Sielskos: 1 Kon 6-7; Matt 13:10-23; Ps 101; Spr 12:12-13