God weet presies waar jy is

2018-09-25
Psalm 40:2-3 NLV

Toe ‘n aardbewing Haïti getref het, het ‘n noodwerker wat onder ‘n hotel wat ineengestort het vasgekeer was, gebid, ‘Here, ek was nie onlangs baie met U in kontak nie. Nou het ek U meer as ooit nodig.’ Hy skryf: ‘Ek het ‘n geluid gehoor. ‘Wie’s daar?’ het ek uitgroep. ‘Jim,’ het ‘n man geantwoord. Hy en vyf ander mense was ook vasgekeer. ‘Wil julle saam met my bid?’ het ek gevra. ‘Ja,’ het hy geantwoord. Dus het ek gesê, ‘Here, ons vra U vir ‘n wonderwerk. Red ons asseblief.’ Ons het gewag, maar niemand het gekom nie. Ek het gedreineerd gevoel. Geen kos en water vir vier-en-twintig uur nie en ek het ‘n dokter nodig gehad. Ek het my oë toegemaak, seker dat ek hulle nooit weer sou oopmaak nie. ‘n Stem het uitgeroep en ek het wakker geskrik. ‘n Oorlewende het deur ‘n klein gaatjie met ‘n reddingspan kontak gemaak. ‘n Uur het verbygegaan, en toe twee. ‘Ek gaan hier doodgaan en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.’ Toe het ‘n gedagte by my opgekom: Loof My. Ek het begin sing: ‘Great is Thy faithfulness; morning by morning new mercies I see. Be still my soul.’ Lofprysingsgesange aan die Een wat presies geweet het waar ek is. Ek het God se teenwoordigheid aangevoel en Hom hoor fluister, ‘Vertrou My met alles,’ en ek het dit alles laat gaan. ‘Laat u wil geskied, Here.’ Ure later het ‘n span reddingswerkers my na veiligheid opgetrek en my na die hospitaal toe geneem waar my vrou gewag het. ‘Ek het gedink jy is dood,’ het sy gesê. ‘Ek ook,’ het ek gefluister. Ek sou dood gewees het as dit nie was vir dit wat ek saam met my in daardie donker plek gehad het nie – my geloof wat lewendiger as ooit is.’

Sielskos: Lev 23:33-44; Joh 7:1-40; Sag 14:16-21

God knows exactly where you are


Psalm 40:2 NLT

When an earthquake struck Haiti, an aid worker trapped under a collapsed hotel prayed, “Lord, I haven’t been in touch with You lately. Now I need You more than ever.” He writes: “I heard a sound. ‘Who’s there?’ I shouted. ‘Jim,’ a man replied. He and five others were trapped too. ‘Would you like to pray with me?’ I asked. ‘Yes,’ he answered. So I said, ‘Lord, we’re asking You for a miracle. Please rescue us.’ I was drifting off to sleep when rhythmic thumping woke me. Helicopters! We waited, but nobody came. I felt drained. No food and water for twenty-four hours and I needed a doctor…I closed my eyes, sure I’d never open them again…A voice shouted and I jolted awake…a survivor had contacted a rescue team through a small hole…An hour passed, then two…I banged on the wall. No response. ‘I’m going to die here, and there’s nothing I can do.’ Then this thought came to my mind: Worship Me. I began singing: ‘Great is Thy faithfulness; morning by morning new mercies I see.’ I sang: ‘Be still my soul.’ Praise songs…to the One who knew exactly where I was. I felt God’s presence…and heard Him whisper, ‘Trust me with everything’…and I let it all go. ‘Your will be done, Lord’…Hours later a team of rescuers came down the elevator shaft, hoisted me to safety, and took me to the hospital. My wife was waiting. ‘I thought you were dead,’ she said. ‘Me too,’ I whispered. And I would have been if it hadn’t been for what I had with me in that dark place – like my faith that’s more alive than ever.”

Soul food: Lev 23:33-44; John 7:1-40; Zech 14:16-21

Retrain your brain

2018-09-24
Colossians 3:10 NLT

Lasting change happens gradually on the inside, often before there’s any outward evidence of it. Pastor Jim Penner says: “A friend of mine recently went through hip-replacement surgery…the joint had worn to the point where he walked with a limp and had to use a crutch. Thanks to the skill of a modern-day surgeon he was quickly up and around again. Yet for months after the surgery his limp remained…I ran into him this morning and the limp was gone. Where did it go? It had been there the day before. Had it vanished in the night? ‘You’re walking great,’ I said. ‘What happened?’ His response was priceless. ‘My physical therapist told me I had to retrain my brain.’ His brain had been trained to expect pain so he limped in anticipation. Even when he didn’t feel the pain his brain said, ‘Hang on. It’s coming!’ The Bible says in Christ you become ‘a new creature: old things are passed away…all things are become new’ (2 Corinthians 5:17 KJV). But you have to change your thinking by believing, accepting, and acting on it. Christ has already done the restoration ‘surgery.’ Just like my friend was given a new hip, God has given you a new life. The old one is gone along with all the bad things you’ve done, thought, or said. You’re a brand-new creation. But you have to retrain your brain to accept God’s forgiveness and the restorative work Jesus has done in your life.” So: Retrain your brain.

Soul food: Zech 1-4; Luke 22:63-71; Ps 3; Prov 24:23-25

Lei jou brein weer op


Kolossense 3:10 NLV

Blywende verandering gebeur geleidelik aan die binnekant, dikwels voor daar enige uiterlike bewyse daarvan is. Pastoor Jim Penner sê: ‘Een van my vriende het onlangs ‘n heupvervanging gekry. Voor die vervanging was die gewrig was so pynlik dat hy mank geloop het en ‘n kierie moes gebruik het. Te danke aan die moderne vaardighede van die chirurg was hy gou weer op die been. Tog het hy maande na die operasie steeds mank geloop. Ek het hom vandag raakgeloop en die mankheid was weg. Waarheen het dit gegaan? Dit was die vorige dag nog daar. Het dit in die nag verdwyn? ‘Jy loop goed,’ het ek gesê. ‘Wat het gebeur?’ Sy reaksie was onskatbaar. ‘My fisioterapeut het vir my gesê dat ek my brein weer moes oplei.’ Sy brein is opgelei om pyn te verwag, dus het hy in afwagting daarvan mank geloop. Selfs toe hy nie die pyn ervaar het nie, het sy brein gesê, ‘Wag net. Dit kom nog!’ Die Bybel sê dat jy in Christus ‘…’n nuwe skepping [is]. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Jy moet egter jou denke verander deur te glo, dit te aanvaar en daarvolgens op te tree. Christus het al reeds die herstellende ‘operasie’ gedoen. Net soos my vriend ‘n nuwe heup gegee is, so het God vir jou ‘n nuwe lewe gegee. Die ou ene is weg, saam met al die slegte dinge wat jy gedoen, gedink en gesê het. Jy is ‘n splinternuwe skepping. Jy moet egter jou brein oplei om God se vergifnis te aanvaar en die herstellende werk wat Jesus in jou lewe gedoen het, te aanvaar.’ Dus, lei weer jou brein op.

Sielskos: Sag 1-4; Luk 22:63-71; Ps 3; Spr 24:23-25

Vriende in vermomming

2018-09-23
2 Korintiërs 12:10 NLV

Wanneer jy beledig word, kan jy met ‘n bitsige antwoord reageer, of dit as ‘n geleentheid vir groei sien. Dawid het gesê, ‘Die lyding was goed vir my, want toe het ek u voorskrifte geleer’ (Psalm 119:7 NLV). Die sielkundige dr Brenda Shoshanne sê: ‘Die persoon wat ons beledig is ‘n onderwyser, wat ons help om ons ego te verminder, geduld en deernis te ontwikkel, onvoorwaardelike vergifnis uit te oefen en ons van die lewe en verhoudings te leer. As jy ‘n belediging nie as ‘n belediging sien nie, maar as ‘n les of ‘n gawe, verloor dit sy mag om jou seer te maak. Op ‘n praktiese vlak, wanneer jy beledig word, moenie iets sê nie. Gee jouself tyd. Baie skade word veroorsaak deur terug te slaan, die situasie te eskaleer en dinge te sê wat jy nie bedoel nie. Besef dat dit jou ego is – die valse sin van trots wat te voorskyn kom – en moenie daarmee saam gaan nie.’ Paulus het op ‘n plek gekom waar hy tevrede was met beledigings. Die meeste van ons is nog nie heeltemal daar nie, maar met tyd en oefening kan ons daar kom. Met betrekking tot Judas, skryf ‘n outeur: ‘God sal soms die aksies van ons vyande manipuleer om hulle as vriende te laat werk om Sy wil in ons lewens te vervul. Hy kan jou deur die slegste verhoudings seën, selfs die wat wat pynlik en negatief is. Die tyd, inspanning en pyn wat ons in hulle belê, word nie gemors nie omdat God weet hoe om teenspoed te gebruik om jou te help om jou doel in die lewe te vervul. Op die ou einde sal jy die genade vind om jou vyande te herevalueer en te besef dat, soos Judas, hulle vriende in vermomming is.’

Sielskos: 1 Kon 17:1-6; 1 Kon 18:16-39; 1 Kon 19:9-18; 2 Kon 2:1-12