God gee vir jou om


2025-03-04
1 Petrus 5:7 NLV

Charles Weigle was ‘n rondreisende evangelis wat daarvan gehou het om te reis en te preek, ten spyte van die swaarkry op die pad. Sy vrou het egter met haar dikwels afwesige man ontnugter geraak. Een dag het Charles by die huis opgedaag en ‘n nota gekry: ‘Charlie, ek was ‘n dwaas. Ek het sonder baie dinge klaargekom, maar van nou af gaan ek alles kry wat die wêreld my skuld. Ek weet jy sal aanhou om ‘n dwaas vir Jesus te wees, maar vir my is dit totsiens!’

Charles was geskok en depressie het soos ‘n groot golf oor hom gespoel. Een dag, toe hy op die stoep van sy kothuis sit, het hy selfdood oorweeg, ‘n Stem binne hom het gefluister: ‘Jou bediening is klaar. Niemand gee meer om nie.’ ‘n Ander stem het egter deur die swart wolk gebreek: ‘Charlie, Ek het nie van jou vergeet nie; Ek gee vir jou om.’ Charles het onmiddellik op sy knieë neergeval en sy lewe opnuut aan Christus toegewy.

Later het hy die woorde van een van die mees geliefde gesange geskryf: ‘I would love to tell you what I think of Jesus, since I found in Him a friend so strong and true; I would tell you how He changed my life completely, He did something that no other friend could do. No one ever cared for me like Jesus, there’s no other friend so kind as He; no one else could take the sin and darkness from me, o how much He cared for me.’

Het die verantwoordelikhede wat jy dra jou tot by ‘n breekpunt gebring? Is die hartseer meer as wat jy kan hanteer? Die woord vir jou vandag is: ‘Gee al [jou] bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir [jou] om.’

Sielskos: Eks 28-29; Luk 14:1-14; Ps 106:1-23; Spr 7:1-2

Sign Up



    The Word for Today e-mailDie Woord vir Vandag e-mailFuelled Youth Devotion e-mail


    Inspireer hierdie boodskap jou?

    Verken ook ons ander dagstukkie...

    Engelse
    Dagstukkies