Bou op jou sterkpunte


2022-01-25
1 Korintiërs 4:7 NLV

Jou sukses word nie in jou ooreenkomste met ander mense gevind nie, maar in jou verskille. In plaas daarvan om jouself met iemand anders te vergelyk en met hulle te kompeteer, probeer om jou Godgegewe verskil te ontdek, want dis waar jy sal uitblink. Die sanger Pearl Bailey het gesê: ‘Daar is twee soorte talent, mensgemaakte en Godgegewe talent. Met mensgemaakte talent moet jy baie hard werk. Met Godgegewe talent doen jy net so af en toe ‘n bietjie instandhouding.’

Paulus skryf: ‘Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…’ (Romeine 12:6 NLV). Sal jy eerder veg om vaardighede te ontwikkel waarvoor jy ‘n klein natuurlike aanleg het, of hardloop met die talent wat God vir jou gegee het om uit te vind waarheen dit jou neem? Drome word nie waar omdat jy elke nou en dan iets goed doen nie. Hulle word vervul omdat jy dag na dag met uitnemendheid optree. Dit gebeur slegs wanneer jy in ‘n area van jou sterkpunte werk.

Jy kan nie soos die bofbalspeler in hoërskool wees wat uitgenooi is om tydens die somer saam met ‘n professionele bofbalspan te oefen nie. Na die eerste week, het hy sy ouers laat weet: ‘Ek is die beste van al die kolwers. Die boulers is nie so taai nie.’ Die tweede week het hy gespog: ‘My kolftelling is baie goed, ek dink ek gaan een van die sterkolwers in die span wees.’ Die derde week het hy geskryf: ‘Hulle begin vandag draaiballe gooi. Ek sal more by die huis wees.’

Jy kan nie sukses sonder konsekwentheid behaal nie en jy kan nie konsekwentheid behaal wanneer jy buite jou Godgegewe sterkpunte werk nie. Die woord vir jou vandag is dus – bou aan jou sterkpunte.

Sielskos: Pred 1-4; Luk 5:27-39; Ps 100; Spr 3:7-8

Sign Up



    The Word for Today e-mailDie Woord vir Vandag e-mailThe word4U2day e-mail


    Inspireer hierdie boodskap jou?

    Verken ook ons ander dagstukkies...

    Engelse
    Dagstukkies

    Jeug
     Dagstukkies