Wat is in ‘n naam? Alles! (5)

2018-09-07
Jeremia 23:6 NLV

Die naam Jehova Tsidkenu: Die Here is ons geregtigheid, is deur Jeremia aan God gegee toe hy die koms van Jesus, die Verlosser, aangekondig het: ‘…Daar sal ‘n tyd kom wanneer Ek weer ‘n wettige afstammeling uit Dawid se familie koning sal maak… Sy naam sal wees: ‘Die Here ons geregtigheid’…’ (verse 5-6 NLV. Voor Jesus gekom het, het ons geregtigheid in ons eie inspanning gelê. ‘Wanneer ons al die bepalings gehoorsaam wat die Here ons God gee, sal ons regverdig wees’ (Deuteronomium 6:25 NLV). Ons het daardie geregtigheidstoets absoluut gefaal! ‘Die Here ons geregtigheid,’ het egter ons oplossing geword. ‘Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom’ (2 Korintiërs 5:21 AFR53). Dis slegs in Jesus wat ons die geregtigheid van God word! Jy moenie reg optree sodat jy geregverdig voor God kan voel nie, of sodat jy ‘n voorraad goeie werke kan opbou om te gebruik wanneer jy dit nodig ag nie. Jy moet deurentyd van die ‘geregtigheid’ wat Christus in jou rekening deponeer, gebruik. Dis nutteloos om binne-in jouself vir nederigheid, geduld, goedheid, liefde ens te soek. Dis nie daar nie! Jy moet hulle deur geloof uit die voorraad wat Jesus vir jou gestoor het, kry. Skuldige harte kan vergifnis daaruit kry, angstige siele kan vrede daaruit kry en moeë geeste kan krag uit Jehova Tsidkenu kry. Jy het redding alleenlik deur geloof gekry. Op dieselfde manier moet jy geregtigheid en alles anders wat jy mag nodig kry, deur geloof in dit wat God vervul het en vir jou gestoor het in Jesus, Die Here ons geregtigheid, kry!

Sielskos: Jos 16:1-19:23; Luk 20:9-19; Ps 20; Spr 23:10-12