Help for your marriage

2023-01-26
Proverbs 18:13 NLT

Someone said “getting married is like buying something you have admired for ages in a shop window. You love it – but when you get it home, it doesn’t always go with everything!” The Bible gives us three words that are essential to building a happy marriage: “Live in… harmony” (Romans 15:5 NLT). That means doing these three things:

(1) Keep an open mind. The Bible says, “Spouting off before listening to the facts is… shameful and foolish.” So don’t form your response while your husband or wife is still talking. And never become so entrenched in your position that you’re unwilling to consider your spouse’s viewpoint. Listening is about connecting and acknowledging where the other person is coming from. “Don’t be selfish; don’t try to impress others. Be humble, thinking of others as better than yourselves. Don’t look out only for your own interests… take an interest in others” (Philippians 2:3-4 NLT).

(2) Learn to laugh at yourself. “A cheerful heart brings a smile… a sad heart makes it hard to get through the day” (Proverbs 15:13 MSG). When you’re experiencing money woes, family problems, illness, or plain old exhaustion, humor can ease the tension and help restore your perspective.

(3) Eliminate the “D” word from your vocabulary. Although God permits divorce under certain circumstances, it’s never His ideal. Like one couple who worked through their marriage troubles said, “We’re glad we didn’t give up during the difficult years. We hung in long enough to realise that it really can get better with time.” When you commit to work on your relationship, no matter how things ultimately end up, you will never regret your efforts.

Soul food: Gen 4-6; Luke 6:1-16; Ps 104:1-23; Prov 3:9-10

Wees ‘n Vader vir jou kinders

2022-06-19
Josua 24:15 NLV

Die geliefde radiokommentator, Paul Harvey, het geskryf: ‘In ‘n tyd waar dit populêr is om jou seun se vriend te wees, gaan ek ‘n Vader bly. As daar ‘n afstand tussen my seuns, my dogters en myself ontstaan, sal ek hard werk om hulle te verstaan, maar ek gaan ook hard werk sodat hulle my verstaan. Wanneer hulle my vertel hoe dinge nou staan, sal ek luister, selfs al hou ek meer van hoe dinge was. As dinge soos gebed, Bybelstudie, lofprysing en geloof in God ooit deur my kinders as outyds of onnodig gesien word, sal ek op God se hulp vertrou om genoeg geloof te hê om vir hulle te bid.

Ek beloof saam met die patriarg Job om ekstra offers vir hulle te bring. Met liefde in ons huis, sal ek hulle vrae oor die feite van die lewe beantwoord, maar ek weier om vir naaktheid en onkuisheid te knipoog. As eksperimente met dwelms of dagga ooit ‘n probleem word, sal ek dit teenstaan in elke gebed en versoek. Ek wil hê dat my kinders moet weet dat ek foute maak; dat ek dwaas en trots en dikwels teenstrydig is. Ek sal dit egter nie as ‘n verskoning vir my skynheiligheid duld nie. Ek sal hulle vra om my te help om te verander en om van my te verwag om hulle te help verander.

Ander mense mag dalk na die jonger geslag kyk vir die wysheid om te besluit wat vir toekomstige generasies behoue sal bly en wat van die verlede weggegooi kan word. Ander mense mag dalk toelaat dat die kinders die kos, die musiek en die geldsake van die huisgesin bepaal, maar ek gaan ‘n Vader bly.’

Sielskos: Est 4:9-5:3; Heb 4:7-16

Leer jou kinders

2022-04-30
Deuteronomium 4:40 NLV

As ouer dra jy konstant jou waardes aan jou kinders oor, doen dus die volgende: 1) Laat hulle jou sien bid. Help hulle om te verstaan dat gebed die manier is waarmee ons ‘n lewenslange vriendskap met God bou. God het gesê: ‘Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel’ (Psalm 91:15 NLV).

2) Wys hulle hoe God is. Jou kind se konsep van God word deur jou gevorm. Of jy nou liefdevol en beskermend of afwesig en koud is, hulle sal God begin verstaan deur die interaksies wat hulle met jou het. ‘n Paar voorbeelde is dat God nooit te besig is om te luister nie, dat Hy konstant vir ons sê dat Hy lief is vir ons en dat Hy ons nooit mishandel nie.

3) Help hulle om God in ander te sien. Wanneer kinders aangemoedig word om God se werk in hulle eie lewens te sien, sal hulle begin om sy werk ook in ander mense se lewens raak te sien. Wanneer dit gebeur, sal hulle ander mense waardeer en respekteer en deur ander mense gewaardeer en gerespekteer word.

4) Moenie hulle kerk toe stuur nie, neem hulle saam. Kinders het die behoefte om te glo – en te behoort. Leer hulle dat net soos ‘n ledemaat wat nie aan die liggaam gekonnekteer is nie sterf, ons geestelik sterf tensy ons aan ‘n plaaslike kerk gekonnekteer is. Hulle sal dan altyd ‘n plek hê om heen te gaan.

Die Bybel sê: ‘As julle al die gebooie en voorskrifte gehoorsaam… sal dit goed gaan met julle en met julle kinders…’ (Deuteronomium 4:40 NLV). Die grootste geskenk wat jy vir jou kinders kan gee, is om hulle te help om die regte pad te vind.

Sielskos: Jak 1-2; Matt 4:12-25; Ps 94:1-11; Spr 10:24-26

Be a restorer (2)

2022-03-29
1 Corinthians 6:11 NIV

After listing some of the worst sins imaginable, Paul told the Corinthians, ‘And that is what some of you were. But you were… justified in the name of the Lord Jesus Christ and by the Spirit of our God’ (v.11 NIV). Before we judge and condemn someone else, let’s remember what God has lifted us out of, and how much restoration has taken place in our own lives.

In Scripture, the word restore has two shades of meaning. One is to remove a tumour. A tumour can kill, and it needs to be removed. Paul wrote, ‘If someone is caught in a sin, you who live by the Spirit should restore that person gently… in this way you will fulfil the law of Christ’ (Galatians 6:1-2 NIVUK). Sharing someone’s shame and humiliation can be a burden, but ‘we should do it… [giving] special attention to those… in the family of believers’ (Galatians 6:10 NCV). We’ve all been quick to condemn others at times, but if we find being judgmental is turning into a habit, we should ask ourselves this question: if people don’t find grace among those who preach it, where will they find it? We need to show God’s grace in action by extending that same grace to others.

The other meaning of restore is to reset a broken bone. Scripture tells us, ‘Christ makes us one body… connected to each other’ (Romans 12:5 GWT). Our spiritual family is important because it will last forever. By lifting a broken and stumbling family member, we help heal their pain and enable them to become a vital, functioning part of Christ’s body again.

So, the word for today is – be a restorer.

Job 35-37; Luke 20:20-26; Ps 69:19-36; Pro 8:30-31

Help mekaar (1)

2022-03-28
Galasiërs 6:1 NLV

Soms wanneer ons val, kan ons self weer regop kom; ander kere het ons iemand nodig om ons op te help. Dis hartseer dat nie alle Christene gewillig is om te help nie. Soms voel hulle dat indien hulle genade aan iemand bewys, hulle dan ook daardie persoon se sonde verskoon. Paulus het hierdie argument egter op sy kop gekeer toe hy geskryf het: ‘Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (Efesiërs 4:32 NLV). Hoekom moet ons mekaar reghelp?

1) Omdat God dit van ons verwag. ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie’ (Galasiërs 6:1 NLV). Dis trots wat ons ‘n beskuldigende vinger laat wys, in plaas daarvan om ‘n helpende hand na diegene wat geval het, uit te steek. Dit laat ons dink dat ons beter as iemand anders is; nie in staat is om te val soos hulle het nie. Paulus skryf egter: ‘Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ‘n val kom nie’ (1 Korintiërs 10:12 NLV).

2) Omdat Jesus ons voorbeeld is. Jesus het nie tyd vir die Fariseërs wat hulle sonde agter ‘n godsdienstige masker weggesteek het, gehad nie. Hy het egter nie een keer iemand wat in sonde verval het, veroordeel nie. Die oomblik wat hulle by Hom aangekom het, het Hy hulle gewillig reggehelp. Vandag kyk ander mense na ons om seker te maak of die genade wat ons preek, dieselfde genade is wat ons aan mekaar bewys. Kom ons stel hulle nie teleur nie.

Sielskos: Job 32-34; Luk 20:9-19; Ps 69:1-18; Spr 8:27-29