What’s in a name? Everything! (1)

2018-09-03
Psalm 83:18 KJV

The Israelites called God Jehovah, a name they regarded as incommunicable and inexplicable. The name means the “self-existing One,” and the “I Am.” He was the Creator of all things; an awesome and unknowable supreme being. But God desired to be known in a personal way. So He added to the name Jehovah five revealing titles – word-portraits of Himself to help us better understand and relate to Him. Israel discovered these word-portraits during times of crisis and distress, and they will bless and encourage you during your times of need. Let’s look at each. Jehovah-Jireh: The Lord will see, the Lord will provide. Abraham was about to sacrifice his son when God provided a lamb for the offering in Isaac’s place. In response, Abraham called Him Jehovah-Jireh, the Lord who sees and provides. And it doesn’t just apply to Abraham. The New Testament says the Lord sees your needs and provides answers. Jesus said, “Your heavenly Father knoweth…ye have need of all these things” (Matthew 6:32 KJV). Like a caring, alert, observant parent who anticipates his child’s every need, God provides well-timed solutions. Before a child’s shoes wear out a good father provides new ones; his child doesn’t need to beg, bargain, and plead. “Then why don’t I have what I want?” you ask. Because God knows what you really need – you don’t! What you see as “needs” might simply be “wants” in God’s eyes. Remember – Jehovah-Jireh sees your needs and will provide them!

Soul food: Josh 5:1-8:29; Luke 19:11-27; Ps 103:1-12; Prov 22:27-29

Wanneer jy nie kry wat jy wil hê nie (2)

2018-06-17
2 Petrus 3:18 NLV

Samuel en Susanna Wesley (John Wesley se ouers), was een aand by die aanddiens toe Susanna nie ‘amen’ op haar man se gebed vir Willem van Oranje, wat toe Engeland se koning was, sê nie. Toe hy haar vra hoekom nie, het sy verduidelik dat haar simpatie by die afgesette James die Tweede gelê het. Sy skryf oor wat volgende gebeur het: ‘Hy het onmiddellik gekniel en goddelike wraak op homself en sy nageslag gesweer as hy my ooit weer sou aanraak voor ek nie vir God en sy eie vergifnis gesmeek het nie.’ Hierdie omstandighede het ses maande geduur en is slegs verbreek toe ‘n tragiese brand twee-derdes van hulle huis vernietig het. Mense wat aan hulle wrokke vashou, nie weet hoe om teleurstelling met grasie te hanteer nie, wat ‘n lang geheue het, wat nie kan jammer sê nie en wat kerm en kla en dikmond is, trek altyd aan die kortste ent. Om goed te kan verloor is ‘n kuns wat al die genade wat ons kan bymekaar kan skraap, verg. Dit beteken om die nederigheid te hê om die realiteit sonder verskonings in die gesig te staar, maar met die selfvertroue om nie toe te laat dat verlies ons identiteit definieer of ons minderwaardig laat voel nie. Dit beteken geen verskonings, geen blaam, geen self-bejammering en ook geen self-veroordeling nie. Dit beteken dat jy die onderskeid kan tref tussen wanneer om op te gee en wanneer om te volhard. Dit beteken om ander mense te kan geluk wens. Dit beteken om ‘n uitkoms wat ons nie kan verander nie, te laat gaan, maar om vas te hou aan die wil om voluit en goed te lewe en om God met alles wat ons doen, te eer.

Sielskos: Matt 5:4; Jes 51:1-16; Ps 30; 2 Kor 1:3-7

Verlang huis toe

2018-06-15
Filippense 3:20 NLV

Elke jaar kry die Stille Oseaan-salm, wat vyf tot ses jaar in die oseaan geleef het, skielik die drang om na die water van hul geboorte-rivier terug te keer. Met vissermanne, bere en enorme hidro-elektriese damme wat in hulle pad staan, veg hulle hul weg stroom-op om by hulle tuiste uit te kom. Wetenskaplikes weet nie hoe die salm dit regkry om na die presiese rivier waar hulle gebore is, terug te keer nie. Sommige wetenskaplikes dink hulle doen dit omdat hulle die vars water van hulle rivier kan proe of ruik. Ander wetenskaplikes dink dat hulle dalk die sterre gebruik om te navigeer. Ongeag hoe hulle dit doen, weet ons dat hulle nie kaarte en kompasse gebruik nie; hulle reis is instinktief. Hulle het ‘n verlange na ‘n spesifieke rivier en hulle sal nie rus totdat hulle die rivier vind nie. Dis presies hoe dit met ons is. God het ons vir die hemel geskep en niks in ons lewe sal daardie verlange stil nie (sien Prediker 3:11). Net soos daardie salm, is ons in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Ja, ons vind vreugde daarin om die lewenstaak wat God vir ons gegee het te vervul, maar dit is niks teenoor die vreugde wat in die hemel vir ons wag nie. Paulus stel dit so: ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder. Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring’ (Filippense 3:20-21 NLV). Soos jou geredde geliefdes die aarde verlaat om hemel toe te gaan, sal jou verlange om by hulle aan te sluit, net groter word.

Sielskos: Eseg 31-33; Mark 16:1-20; Ps 80:1-11; Spr 15:11-14

Waar is God in die storm?

2018-05-31
Handelinge 27:20 NLV

Daar is tye wat dit voel of God ontoeganklik is. Wanneer jy in jou huidige omstandighede bid, voel jy verlate. Nie net verlate nie, maar vreesbevange en selfs hopeloos. Paulus het daardie gevoel verstaan. Hy het gesmag na ‘n geleentheid om in Rome te gaan preek en was onderweg daarheen toe ‘n orkaan sy skip vernietig het. Paulus het voorsien dat nie net die skip en die vrag verlore sou gaan nie, maar dat hulle ook hulle lewens sou verloor (sien vers 10). Hy het die bemanning van die dreigende tragedie probeer waarsku, maar sy woorde is deur die mense in beheer verontagsaam. In kort, is Paulus en 276 ander mense in ‘n lewensgevaarlike posisie geplaas en daar was niks wat hy daaraan kon doen nie. Hy en sy gelowige metgeselle het wanhopig gevoel en verklaar, ‘Uiteindelik is alle hoop laat vaar dat ons gered sou word.’ Na veertien dae wat hulle op see verlore was – toe die orkaan op sy ergste gewoed het – het God ‘n engel gestuur. ‘…Hou op bang wees, Paulus… om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is’ (vers 24 NLV). Toe dit lyk asof Paulus se verterende begeerte om in Rome te gaan preek gedwarsboom sou word, het God hulle getrou deur die storm gestuur na die presiese bestemming wat Hy vir hulle in gedagte gehad het. Paulus sou na Rome gaan en God se Woord voor Caesar verklaar! Is jy in ‘n storm vasgevang? Watter toets jy ook al vandag voor te staan kom, weet hierdie een ding: Jy kan God vertrou om jou daardeur te dra. Hy maak ‘…die einde bekend vanaf die begin…’ (Jesaja 46:10 NLV), dus sal jy sterkter en wyser hier deur kom.

Sielskos: Klaag 1:1-3:39; Mark 12:28-44; Ps 108; Spr 13:24-25

Being there (4)

2018-05-28
Romans 12:15 NIV

Some of us are natural fixers. We want to help people and take away their problems. We want to make things better for the person who’s struggling. We throw everything we have into helping someone else. But there are some things we just can’t fix. And we have to remember that being there for others is not the same as fixing things for others. Being there may involve giving some practical help, but it doesn’t give us the pressure of having to get things sorted. God is the One who can fix situations, heal brokenness and provide true comfort in hurt. God is the ultimate fixer. When we’re struggling, God can help us work through the emotions we have and the situations we find ourselves in. He takes us on a journey of manageable steps. He rebuilds our hope. God promised Israel that He’d ‘make the Valley of Achor a door of hope’ (Hosea 2:15 NIV). And He can do the same for us too. Achor means trouble. So God’s saying He’ll turn trouble into hope. When those around us have lost their hope, it can be tricky to know what to say or do to help them regain it. Sometimes we just have to sit there and listen. We have to let people express their emotions. The Bible says: ‘Rejoice with those who rejoice; mourn with those who mourn’ (Romans 12:15 NIV). One of the biggest things about being there for people, is to make sure we’re there for them even when the worst of the situation appears to be over. God’s healing is a process. It takes time. And so we need to keep being there for people, throughout the step by step journey God’s taking them on.

Judg 19:16-21:25; Mark 11:27-33; Ps 45; Prov 13:13-16