Opbou van mense (3)
2017-12-23Romeine 15:1 NLV
As jy dink dat jy niks van waarde het om aan ander mense te bied nie, oorweeg hierdie woorde van ‘n onbekende digter: ‘One song can spark a moment; one flower can wake a dream. One tree can start a forest; one bird can herald spring. One smile begins a friendship; one handclasp lifts a soul. One star can guide a ship at sea; one word can frame the goal. One vote can change a nation; one sunbeam lights a room. One candle wipes out darkness; one laugh can conquer gloom. One step can start a journey; one word can start a prayer. One hope can raise our spirits; one touch can show you care. One voice can speak with wisdom; one heart can know what’s true. One life can make a difference; you see…it’s up to you.’ Die skrywer Jon Walker sê: “Bemoediging is deel van God se aard. Die Nuwe Testamentiese woord vir bemoediging is dieselfde woord wat Jesus vir die Heilige Gees gebruik wat in ons as ‘n voorspraak, konstante vertrooster, heilige helper, blywende leier en voorsiener van moed bly. Nog ‘n manier hoe God ons bemoedig is wanneer Hy ander gelowiges gebruik om ons aan te moedig. Hierdie gelowiges bied versekering en bevestiging aan diegene wat God se hand in hulle lewens sien werk (sien 1 Tessalonisense 2:3-4); vermaning en gerusstelling aan diegene wat deur beproewings en verdrukkings gaan (sien 1 Tessalonisense 5:14); en versoening en herstel aan diegene wat die pad byster raak (sien Galasiërs 6:1). Terwyl daar baie maniere is om die beste in iemand anders na vore te bring; is net een nodig: ‘…ons …behoort die twyfels en vrese van ons medegelowiges met ‘n sensitiewe geloof in aanmerking te neem…'” Dis hoe ons hulle in geloof versterk. Dis hoe ons mense opbou.
Sielskos: Job 21-23; Luk 1:67-80; Ps 117; Pred 10:10-14