Oorwin die reuse in jou lewe (2)
2021-10-311 Samuel 17:46 NLV
Goliat se voorvaders was Israel se jarelange vyande. Toe Josua die Beloofde Land binnegegaan het, het hy hulle almal uitgewis – behalwe die inwoners van Gat waarvandaan Goliat gekom het. Hoekom is dit belangrik om dit op te let? Want indien jy nie die vyand doodmaak en sy kop afkap nie, sal hy weer opstaan om teen jou te veg. Miskien stoei jy met dieselfde kwessies waarmee jou ouers en grootouers gesukkel het; dinge soos verslawing, huweliksprobleme, woede, bekommernis en depressie. Dawid het ‘…vyf gladde klippies in die spruit [gesoek] en… dit in sy slingersak [gesit]…’ (vers40 NLV).Daar is sekere ‘klippies’ wat jy saam met jou moet neem om die reuse in jou lewe te oorwin.
1) Wees meedoënloos. Dit mag dalk meer as ‘n dag, ‘n maand, of selfs ‘n jaar neem om resultate te sien. Met God se hulp sal jy egter oorwin, mits jy volhou.
2) Betrek God. God se prioriteit is sy reputasie en Dawid se doelwit was om sy naam te verdedig deur te verklaar dat Israel God se volk is (sien vers 47 NLV).
3) Hou aan bid en glo God vir jou oorwinning. ‘Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees…’ (Efesiërs 6:18 AFR86).
4) Onthou jou vroeër oorwinnings. Dawid het aangekondig: ‘Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!’ (1 Samuel 17:37 NLV). Wanneer jy vir die toekoms bang is, onthou God se getrouheid in die verlede. ‘Dink oor die wonders wat Hy gedoen het, die wonderwerke en die oordele wat Hy uitgespreek het’ (1 Kronieke 16:12 NLV).
Met God se hulp kan jy die reuse in jou lewe oorwin!
Sielskos: Deut 18:9-18; Dan 2; Jes 47:5-15; Hand 16:16-34