Jy kan alles terugkry
2020-08-011 Samuel 30:8 NLV
Stry jy teen ‘n hardkoppige gewoonte soos dwelm- en alkoholmisbruik? Dobbel? Te veel eet? Pornografie? Hier is goeie nuus. Jesus het gesê wanneer Hy terugkeer, ‘…dat gevangenes vrygelaat sal word…’ (Lukas 4:18 NLV). Jy kan herstel. Jy kan terugkry wat jy verloor het, of selfs iets beter kry. Hoe? Deur die twee dinge te doen wat Dawid gedoen het toe die Amalekiete sy huis vernietig het en sy familie gevangene geneem het: 1) Hy het na God toe vir krag gedraai. ‘…Maar Dawid het by die Here sy God krag ontvang’ (1 Samuel 30:6 NLV). As jy die probleem self kon oplos, sou jy dit al gedoen het. Deur jou magteloosheid te erken, is die eerste stap na oorwinning. Dit beteken dat jy nie kan nie, maar dat God kan; en dat Hy dit sal doen wanneer jy jouself aan Hom oorgee. 2) Hy het na God vir ‘n strategie gedraai. “Toe vra Dawid vir die Here: ‘Moet ek hulle agternasit? Sal ek hulle inhaal?’ En die Here het geantwoord: ‘Ja, agtervolg hulle. Jy sal hulle sekerlik inhaal en alles terugkry wat van jou geneem is'” (vers 8 NLV). Dawid was genadeloos; hy het nie opgehou totdat hy alles teruggekry het wat die vyand van hom gesteel het nie. Dit moet ook jou houding wees. Jy sê: ‘Maar ek het al soveel keer misluk.’ Die Bybel sê: ‘Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…’ (Spreuke 24:16 NLV). Jy vra: ‘Hoe kan ek regverdig in God se oë wees en steeds aanhou misluk?’ Omdat jou regverdigheid nie deur jou dade verdien word nie; dit word aan jou deur Christus se daad aan die kruis oorgedra (sien 2 Korintiërs 5:21). Hierdie wete sal jou die geloof en moed gee om te agtervolg, in te haal en alles terug te kry.
Sielskos: Deut 3-4; Luk 10:38-42; Ps 78:40-55; Spr 16:32