Hou aan verander!
2018-01-09Hebreërs 11:34 NLV
Die woord metamorfose beteken om van een vorm na ‘n ander te verander. In Hebreërs hoofstuk elf, vind ons bekende mense soos Moses en Dawid. Het hulle swakhede gehad? Ja. Het hulle soms swaargekry? Absoluut. Maar, ‘…Hulle het krag in hulle swakheid ontvang [en] was magtig in die oorlog…’ Dink aan ‘n ruspe wat in ‘n skoenlapper verander. Dit begin stadig en slymerig. Wanneer dit die proses van metamorfose ondergaan, word die ruspe ‘n pragtige skoenlapper wat lang afstande kan vlieg deur die lugstrome te ry. Die skoenlapper se vlerke word ontwikkel wanneer dit sukkel om deur die kokon te breek. As hy nie veg nie, vlieg hy nie! Kry jy die idee? Dis jou swaarkry wat jou krag ontwikkel en jou stryd wat vir jou oorwinning bring. Satan wil nie hê dat jy dit moet weet nie. Hy hoop dat die stryd wat jy besig is om te stry jou sal vernietig in plaas van om jou te ontwikkel, dus hou hy aan om druk op jou uit te oefen. Toe Paulus se lewe so moeilik geraak het dat hy nie gedink het dat hy nog ‘n dag sou oorleef nie, het God vir hom gesê, ‘…My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is….’ (2 Korintiërs 12:9 DB). Hoe het Paulus gereageer? Hy skryf: ‘…Ek het ontdek dat swaarkry en swakhede deel van die Here se plan met my lewe is… Wanneer mense my slegsê, wanneer ek mishandel word, wanneer ongelowiges my vervolg, of wanneer ek bang en benoud is omdat ek vir Christus werk, is ek doodtevrede. Want wanneer ek swak is, is ek juis sterk…’ (vers 10 DB)
Sielskos: Lev 11:1-13:37; Matt 5:27-37; Ps 42:6-11; Spr 1:24-28