Hoekom staan ons verandering teë? (4)
2024-06-29Prediker 7:10 NLV
Nog twee redes hoekom ons verandering teenstaan, is die volgende: 1) Omdat dit ongemaklik en vreemd voel. Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer probeer? Kan jy dit spesifiek noem? As jy nie kan onthou nie, het jou gemaksone dalk in ‘n groef verander. ‘n Bord op ‘n muur het twee stellings op gehad. Die eerste stelling het ‘n groot X daardeur gehad. Dit het gelees: ‘As dit nie stukkend is nie – moenie dit regmaak nie.’ Die tweede stelling het gelees: ‘As dit nie stukkend is nie – breek dit!’ Soms is die enigste manier om uit jou groef te kom, om daaruit te breek.
2) Omdat ons aan tradisie vasklou. Die Fariseërs kon nie Jesus se waarheid ontvang nie, omdat hulle deur hulle tradisies gebind was. Baie van ons klou steeds aan tradisie vas. Ons neem aan dat indien iets ‘n tradisie (‘n lang gevestigde gedragspatroon) is, moet dit die beter manier wees om dinge te doen. Dit is nie noodwendig so nie, soos die bewerkers van verandering Thomas Edison en Henry Ford gedemonstreer het. Vraag: Hoeveel tradisionaliste neem dit om ‘n gloeilamp om te ruil? Vier: een om dit te ruil en drie om te staan en gesels hoe wonderlik die ou gloeilamp was! As ‘n tradisie jou aan ander mense en jou persoonlike geskiedenis verbind, kan dit ‘n goeie ding wees. As dit nie doen nie, is dit dalk tyd om iets nuuts te probeer.
Die Bybel sê: ‘Die pad van die regverdiges… word al helderder totdat die volle dag aanbreek. Die pad van die goddeloses is soos stikdonker. Hulle weet nie eers waaroor hulle geval het nie’ (Spreuke 4:18-19 NLV). Watter veranderinge moet jy in jou lewe maak?
Sielskos: 1 Sam 1-3; Luk 3:1-10; Ps 59:1-8; Spr 16:20-22